Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die twyfelaars glo nou, maar sommiges is bang om na die Heer te gaan.

117 Die vorige spreker, wat vóór die sogenaamde lomperd gespreek het, sê daarop: "Ek en die spreker wat na my die woord gevoer het, is heeltemal deurdronge van die duidelikheid van jou rede. Die waarheid daarvan is oortuigend! Dit sal ook onvermydelik gaan soos jou profetiese gees voorspel het! So is ook die Jood Jesus, die Christus, sekerlik Die Een, wat die goeie oorlewering van Hom getuig, en wat jy oor Hom verklaar het. Daarom is dit vir ons des te moeiliker om ons na Hom te wend! Want ons was almal groot sondaars gewees en het geen ag geslaan op Sy goddelike leer nie! Sal Hy ons nie dadelik toeroep: "Gaan weg van My, julle boosdoeners, Ek ken julle nie!"

[2] Die tweede spreker sê: "Hoe kom jy daarby? Glo jy nog in die hel en die vagevuur? Nee, daaraan sal ek selfs nie eers in my drome dink nie. Christus sal tog `n hele ent wyser en beter wees as ons altwee saam. Sê my net, sou jy met jou kil hart in staat wees om iemand na die Jesuïete-hel te verdoem en dit vir ewig, as daar één sou wees? Ek sê jou, dan sal die mens ronduit `n duiwel moet wees! Hoe stel jy die Christus dan eintlik voor, as jy Hom tot so-iets in staat ag?"

[3] Die eersgenoemde sê: "Jy het weliswaar gelyk, maar weet jy, volgens sy eie woorde sal hoere, egbrekers, diewe, moordenaars, bedrieërs, meinediges, vrekke en hardvogtiges die ryk van God nie binnegaan nie. Daar staan geskryf: "Wie glo en gedoop word, sal salig word!" Ons is wel gedoop, maar ons het in niks geglo nie, behalwe in dit wat binne handsgebruik gelê het. Ons kan dus by Christus met niks aankom, wat ook maar vir die skyn iets goeds sou hê nie. Hy is wel oneindig goed, maar Hy is ook eweseer oneindig heilig en dus eweseer regverdig. Hoe ons egter met Sy regverdigheid sou klaarkom, is `n ander vraag!"

[4] Die tweede sê: "Het jy ons vriend en leier Bruno nie hoor sê, hoe dit in mekaar steek nie? Hy is deur Christus na ons toe gestuur om ons te wen en ons na Hom toe te lei! Hy het ons nou gewen, waarom sal ons dit nou nog meer moeiliker maak? Ons weet almal dat ons voor God, nie eers `n asemteug werd is nie, maar wanneer Hy teenoor ons genadig en barmhartig wil wees, waarom sal ons onsself dan aanstel soos `n maagd op `n boerebruilof? Dan kom dit daarop neer dat ons met beide hande moet aanneem wat die groot Heer van die hemele ons wil gee, en moet ons nie daar aankom met allerhande Jesuïtiese besware nie!"

[5] Die eerste sê: "Was jy maar net ietwat gevoeliger! Op aarde was jy altyd so openhartig; sal jy voor die aangesig van die Heer ook so praat? Dan sal jy verseker bewe soos `n esp in die wind van `n storm!"

[6] Die tweede sê: "O gits, o gits, ek merk dat daar nog `n hele Jesuïtiese kollege in jou aanwesig is! Het jy dan geen ag geslaan op Bruno se duidelike woorde nie? Dit het die Roomse bedrieëry tog duidelik aan die kaak gestel en jy dweep nog soos `n sterwende pater. Kom, laat jou nie so uitlag nie! Kyk, Bruno word ontsteld as hy jou so aankyk, omdat jy so `n oerdom gesig trek en jy maar so los praat soos `n Weense koetsier op Goeie Vrydag, wanneer die "Redemptoriste" (verlossings garde) sy perde besprinkel met wywater. Skaam jou om hier in die geesteryk met sulke dergelike dwaashede aan te kom. Kyk, Christus, die Heer Self, sal jou nog moet uitlag as Hy jou met so `n gesig moet sien!"

[7] Die eerste sê: "Vriend, ek vra jou, hou jou growwe tong ietwat in bedwang, anders kom jy nog self in die hel! Want daar bestaan `n hel, net soos daar `n hemel bestaan. Let bietjie op jou woorde, anders word jy sonder meer verdoem!" Die tweede sê: "Vriend Bruno, wees so goed om hierdie held so `n bietjie te troos, anders belewe ons dit nog hier in die geesteswêreld dat hy van angs nog iets in sy broek gaan doen! Daar is nie veel meer nodig nie!"

[8] Die hele geselskap bars daarop uit van die lag en die eerste spreker sê: "Vriend Bruno, ek vra jou om hierdie vriend se mond te snoer, want hy beklad my goeie naam. Wat gaan dit hom eintlik aan dat ek `n vriend van God se dienare was? Laat hom tog nie sulke bewerings maak nie, waardeur almal my begin uitlag nie!"

[9] Bruno sê: "Wees verstandiger, dan sal niemand jou uitlag nie! Maar wanneer jy hier met suiwer Jesuïtiese besware aankom en daardeur my werk aan julle vertraag, het vriend Niklas gelyk as hy jou `n bietjie met die stang in die bek ruk! Wie is dan goed en regverdig voor God, en wie het verdienste voor Hom, die Almagtige? Het Hy dan nie self gesê: "As julle dan alles gedoen het, dan moet julle nog sê dat julle lui en nuttelose knegte was!" As Hy egter so gespreek het, waarom oordeel julle nog oor die vraag of julle wel of geen verdienste voor Hom het nie? Wanneer Hy egter genadig en barmhartig teenoor ons wil wees, waarom sal ons onsself daarteen verset? Kyk, dit is ydel! Ons almal is sleg en slegs God alleen is goed. Wanneer Hy ons nou uit Sy ewige goedheid iets wil gee, dan is dit ons wat moet doen soos die sondaar Sageüs eens gedoen het, toe die Heer hom uit die boom laat kom het, in sy huis intrek geneem het en daarna met hom die maaltyd gebruik het. Laat ons dan nou ook doen wat Sageüs gedoen het!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205