Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die eerbiedige gedink aan Jesus roep sterk bliksemstrale op. Skrik en vreugdevolle verwondering van Robert

7 Robert sê vervolgens: "Die sogenaamde Onse Vader is van alle gebedsformules nog die beste! Want so het die wyse leraar Jesus sy leerlinge leer bid. Jammer genoeg is die gebed nog nooit heeltemal begryp nie, omdat mense dit by alle omstandighede en behoeftes meestal blindelings uitgespreek het. Maar die Roomse lê in hierdie gebedsformule, in plaas van die waarheid, alleen maar `n onnosele magiese krag en hulle gebruik haar as `n simpatieke universele geneesmiddel teen alle kwale, ook teen siektes by diere! Dit is vir my dan volkome onmoontlik! Die Onse Vader is op sigself sekerlik `n waardevolle gebed, maar dan alleen opgevat in die korrekte betekenis, en alleen alles dit wat dit is. Maar soos wat die ultramontane (roomsgesinde) en Protestante dit gebruik, is dit die suiwerste onsin!

[2] "O, goeie leraar en heer Jesus! As jou lot dalk gelyk het soos myne, dan sou jy na jou teregstelling in so `n toestand, ook wel dikwels spyt gehad het om soveel goed vir die slegte mense te gedoen het. Byna 2000 jaar in so `n duisternis! O, edel mens, dit moet baie hard wees!"

[3] Die oomblik toe ons man die naam Jesus so deelnemend en eerbiedig uitspreek, skiet daar `n sterk bliksemflits van die ooste na die weste. Daarvoor skrik ons vryheidsapostel hewig, maar ook is hy baie bly, omdat dit hom oortuig dat hy nie blind is nie.

[4] Tegelykertyd begin hy ook daaroor nadink wat die oorsaak van hierdie helder bliksem tog kon gewees het. Hy gaan alles na wat aan hom bekend is oor die opwekking van elektrisiteit, maar vind niks wat die eerste ligverskynsel in die, vir hom nog steeds onbegryplike toestand, afdoende kan verklaar nie.

[5] "Maar nou gaan daar vir my `n nuwe lig op", roep hy uit. "Ja, so is dit! O, heerlike filosofie, onuitputlike bron van ware wysheid! Jy skenk aan iedere een die korrekte lig wat jou, soos ek, met alle vuur en liefde omvat en jou in alle lewensituasies as enigste en betroubare raadgewer en wegwyser gebruik! Kyk hoe vinnig het ek hierdie gordiaanse knoop met jou hulp deurgehak!"

[6] As daar één individuele bestaansvorm hom in die ryk van die niet bevind, dan kan daar immers nog `n menigte ander aanwesig wees, hetsy van dieselfde, of van `n ander geaardheid. En so kan, behalwe my bestaan, `n menigte ander bestaansvorme van allerlei aard hulle nog hier bevind wat die geskikste is vir die opwekking van elektrisiteit, sonder om in die minste afbreuk te doen aan die omgewende niet. So is dit goed! Ek weet nou, dat daar buite my in die duisternis tog nog êrens wesenlike bure bestaan, hoe hulle ookal geaard mag wees. Ek is dus nie heeltemal so alleen hier soos wat ek dit vir my vir `n baie lang tyd voorgestel het nie. Ja, dit is goed, dit is baie goed!

[7] Het ek tog maar eerder my toevlug tot die Duitse filosofie geneem, dan sou ek sekerlik ander grond onder die voete gehad het. Maar ek, domoor, ek het my ten slotte verloor in `n bekrompe, onnosele kritiek op die gebed in een nodelose medelewe met die grote, wyse en edelste leraar van die volkere, Jesus en ver…!"

[8] Nou bliksem dit weer en hierdie keer sterker as die eerste keer. Robert is buite homself van skrik en verbasing en is heeltemal uit sy ewewig deur hierdie onbegryplike intensiewe lig, wat trouens maar `n kort rukkie geduur het. Ook kom dit vir hom hierby voor asof hy in die verte bepaalde kontoere sien van allerlei bekende dinge. Maar dit word te kort belig om dit van naderby te kon definieer.

[9] Na `n lang ruk van rus kon hy eers weer dieper begin nadink. Sy eerste meer geordende gedagte was die volgende: "Aha, nou weet ek eers, waar ek aan toe is. Die bliksem dui op `n flinke onweer wat nou in die nag bokant Wenen tekere gaan. Ek ontwaak nou so stadigaan uit my sterk narkose en keer weer heeltemal tot die lewe terug. Waarskynlik help hierdie lug vol elektriese lading hierby en sal ek onder bliksem, donder en hael weer terugkeer tot die lewe. Ek hoor nou wel geen donder nie, maar die onweer kan ook ver weg wees.

[10] Of sou ek dalk doof wees? Ek verneem my gedagtes wel as woorde, maar dit is nog geen bewys, dat ek die volledige beskikking van my gehoororgane het nie. Miskien kry ek by hierdie geleentheid weer my gehoor terug. Die eienaardige gevoel egter, van die omringende niet kan ek absoluut nie langs `n natuurlike weg verklaar nie. Maar waartoe dien dit? Ek bestaan nou eenmaal en het nou die bliksem twee keer gesien: Dit bewys dat ek nie blind is nie. Wie weet of dit nie alles die uitwerking van die dreigende onweer is nie. Daarom sal ek die onweer eers moet laat losbars en verbytrek, dan sal dit wel blyk of ek sal bly soos wat ek nou is.

[11] Maar hierdie situasie duur wel aardig lank! Volgens my gevoel sal dit wel `n honderd jaar kan wees, maar dit sal suiwer gevoelsmatig wees. Ja, ja, as jy in `n sekere verdowing wegkwyn, moet een minuut wel `n jaar wees. Ja, so is dit ook! As dit maar net gou weer wil bliksem en dan ook wil donder. Maar die bliksem laat op hom wag."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205