Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Ek gee die lewe terug aan Hom van wie Ek dit ontvang het. Bestaan daar `n God van liefde wat Sy skepsele so hardhandig behandel?

26 Na enige nadenke spreek Robert weer en sê: "My allerbeste vriend en broer! Wat jou afdoende weerlegging van my beskuldiging teen die Godheid en Sy gevestigde lewensorde betref, is ek ook op die punt heeltemal met jou eens. Ek gee hardop toe, dat ek die goeie Godheid groot onreg aangedoen het, vooropgestel dat daar werklik `n Godheid as liefdevolle Vader, soos wat jy dit aan jou leerlinge onderrig het, bestaan.

[2] Daarom verlang ek ook van jou dat jy die "Vader" eers sal toon. En omdat jy nie aan die verlange sal kan voldoen nie, behalwe om jouself as die Vader voor te stel nie, wil jy volgens my mening niks anders daarmee sê nie as: "O, Julle dom Judeërs! Weet julle nie dat daar buite die mens nêrens `n God bestaan nie? As julle my of `n ander mens sien, dan sien julle wat julle verlang. Kan julle dan onmoontlik begryp, dat die Vader in ons is en ons in die Vader? Of met ander woorde: Dat daar nêrens `n God bestaan, behalwe die in die mens nie!

[3] Alhoewel ek dit nouliks anders kan opneem, hou ek tog nie hardnekkig daaraan vas nie, en wil ek graag die bestaan van een of ander Godheid aanneem, as jy dit aan my kan bewys en hom vir my kan toon. As ek egter sulke beskuldigings geuiter het teen `n Godheid wat nêrens anders bestaan nie, maar wat slegs in ons is, kan ek jou werklik afdoende weerlegging ook des te makliker as waarheid aanneem: Omdat dit alleen betrekking het op ons eie innerlike orde, wat allereerste heeltemal begryp moet word, voordat jy jou aan `n oppervlakkige kritiese beoordeling kan prysgee. Of met ander woorde: "Mens, ken jouself eers heeltemal. Beoordeel dan eers jou bestaan en al die onvermydelike omstandighede wat die bestemming van jou bestaan met hom saambring!"

[4] Ek kan jou vir die waarlike besondere onderrig slegs dank uit die grond van my hart. Want op my hoogste nietige bodem sou sulke vrugte sekerlik nie te voorskyn gekom het nie.

[5] Maar ondanks dat ek nou die wyse beperkinge van die absolute vryheid uiters noodsaaklik en volgens die natuur van die menslike orde vir die lewe baie redelik vind, moet ek jammer genoeg nog steeds één ding openlik beken: Ek kan die leer dat God die suiwerste liefde is, en dat mens hierdie liefde bo alles, sy naaste egter soos homself moet liefhê, volstrek nie verenig met alles wat jy my tot nou toe gesê het nie. En sekerlik nie voordat jy my nie oortuig het van die bestaan van `n werklike Godheid nie!

[6] God moet allereers definitief aanwesig wees en sy natuur en wil volkome herken word, dan is daar eers te praat oor noodsaaklikhede. Is God egter slegs deur blinde geloof aangeneem, maar nooit aan die verstand as `n aantoonbare wese nie, dan moet iedere godsdiensleer noodsaaklikergewys, ook al sou dit hoe metafisies of teosofies klink, vanself in die niet oplos.

[7] Ek spreek jou onderrig hiermee nie teë nie, want ek sien die realiteit daarvan maar al te duidelik in. Maar wat alleen in die geval as daar `n Godheid bestaan wat so `n orde, as noodsaaklik beskou vir die ontwikkeling van die mens tot `n hoër vrye wese, ingestel het. Is daar egter geen Godheid nie, dan hoef ek jou gladnie teen te spreek nie, want dan spreek die saak teen homself!

[8] By die beantwoording van my vraag aan jou: Met welke reg kom ene Windischgrätz om my te laat doodskiet, kom jy baie vinnig met die ekskuus: Dat dit nou nie die oomblik is om veel daaroor te sê of dit tereg of ten onregte gebeur het. Want jy het ook `n dergelike lot ten deel geval, alleen met die verskil: Jy, vir God en vir die ewige en geestelike welsyn van die mense; ek, ter wille van die wêreld en haar verganklike geluksaligheid! En ek sal jou nou meedeel wat ek uit die vergane tyd vir die ewigheid saamgebring het! Vriend, ek is van mening dat die beantwoording van die vraag my nie soveel hoofbrekens sal besorg nie.

[9] As daar een of ander liefdevolle Godheid sou bestaan, dan leer die duisende jare oue ondervinding ons, dat hierdie Godheid die mense, as hy hulle na die aarde stuur, na die sogenaamde vryheidskool, hulle absoluut niks anders saamgee as slegs die naakte, onbegryplike en daarmee ook die allerdomste lewe nie. Dus bring die mens absoluut niks saam na hierdie ellendige wêreld nie. Van alle aardse skatte behoort niks aan hom nie, omdat hy dit tog aan die einde van sy lewe moet agterlaat.

[10] Wat sou ek dan vir die ewigheid saam hierheen moet bring, behalwe my verlange, en my wil nie ingereken nie. Enkel en alleen myself? Alleen met die klein verskil, dat ek nou hierdie wêreld as `n denkende en dus as een ietwat meer geestelik gevormde wese binnegaan, terwyl my eerste binnegaan in die materiële wêreld hoogs onbeholpe en ellendig was. Terwyl ek die binnetree tog sou verkies het bo die tweede in hierdie onwerklike wêreld. Want in die materiële wêreld het ek as suigeling niks gevoel nie, behalwe miskien `n stille honger of `n stille pyn. Maar beide hierdie martelinge was vir my byna nie merkbaar nie, want ek het toe nog nie `n bewussyn gehad nie. Sou my arme aardse moeder my in die tyd nie die geringste versorging gegee het nie, dan sou as gevolg van jou goddelike liefdevolle sorg alle muise en rotte my sekerlik goed kon opgevreet het. Die Godheid sou dit sekerlik nie teëgehou het nie.

[11] Ja, die Godheid in die bors van my moeder het goed gesorg vir my. Maar die grote, almagtige, êrens bokant alle sterre, die weet miskien tot op hierdie oomblik nog niks van `n arme drommel, van ene Robert Blum nie!

[12] As ek egter tog `n miserabele produk mag wees van hierdie grote Godheid, wat uit pure liefde my so ryklik bedeel het om my in die skolingswêreld in te stuur, kan hy nou meer terugverlang as wat hy my op die wêreldreis saamgegee het? Ek vind dat waar niks is nie, daar hou iedere reg op! Of bestaan hier in hierdie geesteswêreld wel die een of ander regsorde waardeur die mens ook vir die suiwerste niks iemand se skuldenaar kan word?

[13] Die naakte lewe is nie van my nie, omdat ek dit nie aan myself gegee het nie. Die lewe, self verryk met enige intelligensie en bowendien nog met `n slegte jas, het ek weer hierheen gebring en gee dit met die grootste genoegdoening weer terug aan hom, wat dit vir my gegee het. Maar met die versoek dat ek, Robert, vir alle ewigheid volledig ophou om te bestaan! Want ek sien nou deur jou wyse spreuke self in dat daar aan die lewe geen gelukkige kant te ontdek is nie. En dan is dit tog eindeloos beter om ewig nie meer te bestaan nie, as op die ellendige manier, waarop ek steeds die eer gehad het om te mag lewe.

[14] Dit ontbreek ter vervolmaking van my geluk alleen nog net dat jy, beste vriend, vir my sou sê: "Gaan weg van my, ewige vervloekte, in die ewige vuur van God se toorn en brand daar ewig onder die afskuwelikste pyne" Dan sou die kroon van die oergoddelike liefde werklik geplaas gewees het op die lewe en sy heerlikheid. Vriend, as so `n onbegryplike hard en van alle liefde gespeende oordeel ook aan jou deur jou liefdevolste Vader gegee was, werklik, dan sal van sy eindelose liefde nie veel goeds te verwag wees nie! Maar ek glo dat so `n wrede veroordeling nooit oor jou lippe gekom het nie, maar dat dit waarskynlik later deur die liefdevolle ultrapaapsgesindes (Roomsgesindes) daaraan toegevoeg is. En waarom sou nie moeilik te raai wees nie! Spreek jy nou weer, want ek het my antwoord beëindig."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205