Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Bruno se antwoord wat deur die Heer ingegee word. Bewys van die Goddelikheid van die leer van Jesus. Haar onuitputlike rykdom en veelsydigheid.

114 Na hierdie duidelik geformuleerde rede van ons lomperd wend Bruno hom tot My en vra My om `n goeie ingewing, sodat hy die spreker en sy metgeselle so doeltreffend moontlik van repliek kan bedien.

[2] Ek gee hom egter te verstane: "Spreek en bekommer jou nie oor die woorde nie! Met jou eie tong sal jy die korrekte antwoord uitspreek!"

[3] Na hierdie toesegging wend Bruno hom weer tot die spreker en sê: "Vriend, as jy baie geduldig en oplettend is, sal ek baie bereidwillig gehoor gee aan jou versoek." Die lomperd sê: "Vooruit dan! Daaraan sal dit nóg my nóg iemand in my geselskap ontbreek, as jou verhaal net nie `n ewigheid sal duur nie!"

[4] Bruno sê: "Baie goed, beste vriende, my verhaal sal kort en bondig wees. Luister dus na my!

[5] Alle tydelike gawes van die Godheid aan die mense is so gegee, dat die onvolmaakte mens met sy natuurlike verstand, wat nie weet hoe om die gawes te waardeer nie, steeds kritiek daarop uitspreek. Vir die een is die son in die somer te warm; hy sou eerder `n ewige lente wil hê. `n Ander vind die winter ontsettend vervelend; hy sou veel liewer `n ewigdurende somer wil hê. Vir die een is die menslike lewe te kort, vir die ander dikwels te saai, sodat hy dit gewelddadig beëindig. `n Ander een sou graag wil hê dat die hele aarde `n vrugbare vasteland is, terwyl `n Engelsman die see nog uitgestrekter sal wil sien as wat dit alreeds is! So wil sommiges slegs akkers, ander weer alleen weiveld, ander weer alleen tuine, en nog ander slegs stede en vestings hê. En so is dit met honderde verskillende dinge. Ja, ek het byna nooit twee mense gesien, wat presies een en dieselfde wil hê nie!

[6] So kan die mense uit ontevredenheid die goddelike gawes dan nie laat soos dit gegee is nie, maar verander dit steeds volgens geloof en aardse behoeftes. Die diere word gevang, geslag en hulle vleis word op allerhande maniere voorberei en geëet. Die bome en plante word verplaas en veredel. Met geen enkele ordening is die mens tevrede nie en hy maak vir homself `n beter een. So was dit ook van nature die bedoeling dat die mens naak sou rondloop en somer en winter onder die blote hemel of in gate en grotte sou bly. Maar hulle was nie tevrede daarmee nie en maak daarom vir hulself luukse klere en bou allerhande huise en wonings!

[7] Waarom knoei die mens met die verhewe skepping van God, en toon hulle die Godheid mettertyd, dat hulle met die oorspronklike, deur die Skepper ingestelde orde, gladnie tevrede is nie? `n Geluk vir die hemelliggame is dat die mensehande hulle nie kan bereik nie, anders sou hulle ook `n ander orde gekry het. Wat laat die mens eintlik onaangetas van dit wat hy met sy hande en sinne kan aanraak en bereik? Ek sê vir jou, niks! Sou alle dinge op aarde daarom nie deur God alleen geskape moes gewees het nie? Maar die onvoldane mens wou sy hand daarna uitsteek en baie dinge verander? Vriend, gee my eers jou antwoord op hierdie vraag, dan sal ons verder verstandig en wys praat oor die goddelike leer!"

[8] Die spreker sê: "Wel, dit klink verstandig! Na wat ek nou stadigaan begin te voel, sou jy selfs kan slaag om ook die Godheid van Christus vir ons begryplik te maak. Gaan maar verder. Dit is werklik interessant om jou op hierdie manier te hoor spreek!"

[9] Bruno gaan verder: "Goed, omdat julle instem met wat ek gesê het, sal ek in die naam van die Heer, die leer van God verder bekend maak.

[10] Met die leer van God is dit net so gesteld as met die res van die skepping. Dit is vir die oog van die wêreldse verstand `n baie wanordelike dwaasheid en hulle soek tevergeefs die vaste ordening daarin, wat hulle "natuurlike logika" noem. Wonderdade en morele leerstellinge, meestal in mistieke beelde, word oënskynlik met mekaar vermeng. Hier lees `n mens `n wondersprokie, daar `n vermaning. Op `n ander bladsy op sigself `n voortreflike moraal, wat egter vir die wêreldse verstand met die ander gelykenisse en gebeurtenisse nog minder samehang het, as die mees geordende plantegroei in `n boereweiland. In die leer van God aan die mense is dit tog allermins in teenspraak met die Goddelike ordening, maar bekragtig dit eerder, want juis daardeur dwing die Godheid die trae natuur van die mens tot aanhoudende nadenke en veelvoudige soeke om behoorlik die weg gewys te word na dit wat vir haar aanvanklik in die buitekant van die leer tog so wanordelik en sonder enige logika voorkom!

[11] Wat sou julle van die Godheid gedink het, as die sake op aarde byvoorbeeld so ingerig was dat op bepaalde wiskundige noukeurige afgemete plekke slegs één bepaalde vrug, en op ander plekke weer `n ander soort sou groei? Sou `n huisvader dan hierdie soort vrugte op so `n plek saai en niks daaruit oes nie, hoe sou dit dan met sy huishouding daar uitsien?

[12] Daarom het die wyse Skepper daar `n onveranderlike orde aangebring, waar dit noodsaaklik is vir die heil van die mense. Die dinge egter, waarmee die vrye menslike gees hom moet besig hou, is deur God kriskras deurmekaar geskud, met die bedoeling dat die gees die beste geleentheid mag vind om hom vir die bereik van bepaalde voordele te oefen, waardeur hy die vaardighede en krag eie kan maak, wat hier, in die suiwer geesteswêreld, vereis word vir die eintlike, van daadwerklike liefde vervulde ewige bestaan!

[13] Die goddelike leer is so gegee dat elke gees dié voedsel daaruit kan haal, wat by hom pas, hom daarmee voed, daardeur kan groei en tot volmaaktheid kom.

[14] Soos twee verskillende plante op aarde baie goed langs mekaar kan grootword en tot rypheid kom, so kan ook uit dieselfde goddelike leer verskeie, konvensionele verskillende ingestelde geeste geheel ongehinderd hulle geestelike volmaaktheid bereik.

[15] Dat geen enkele leer in die hele wêreld egter so `n veelvoud van godsdienste toelaat as juis die goddelike leer van Jesus Christus nie, is die belangrike bewys vir die goddelikheid van hierdie leer en haar verhewe verkondiger en stigter! Sou hierdie leer mensewerk gewees het, soos byvoorbeeld een uit `n houtgemaakte boom, dan sou mense van geen enkele tak van daardie boom `n nuwe kon kweek nie. Omdat die leer uit die goddelike mond van Christus egter nie kunssinnig deur mensehande uitgesny is nie, maar `n met alle lewenskrag uit God Self geplante boom is, kan dit dan ook gebeur dat sy endlote (geloofsbelydenisse) oral bloei en by die korrekte versorging ook volmaakte goeie vrugte oplewer.

[16] Vergelyk haar eers met die menslike leerstellings, byvoorbeeld die filosofie, die wiskunde en dergelike: Elkeen is soos `n masjien, wat slegs volgens `n bepaalde formule en konstruksie steeds op dieselfde manier werk. In die wiskunde is op die hele wêreld, sonder sektarisme, twee maal twee altyd vier. `n Aristoteles laat slegs één sekte toe, naamlik die suiwer aristotelisme, eweso `n Wollf, Leibnitz, Fichte, Kant en Hegel, want hulle almal plant slegs dooie bome!

[17] Dit is nie die geval met die goddelike leer van Christus nie. Iedere verplante takkie kry wortels, groei verder, groei vinniger soos `n lewensboom en dra spoedig vrugte. Dit is dan die belangrike verskil tussen `n werk van God en die dooie werke van die mens. Dit is tewens ook die grootste bewys van die onloënbare goddelikheid van `n leer, wat onder die mees verskillende vorme van erediens by `n goeie en gewetensvolle versorging steeds dieselfde lewensvrug dra.

[18] Het julle egter iets daarteen in te bring, dan staan dit julle vry. Ek sal in die naam van die Heer geen verklarende antwoord skuldig bly nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205