Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Wending ten goede by Robert. Teksverklaring oor Johannes die Doper. In Robert breek die dag van die ewige verligtende insig aan.

39 Ek sê: "Wel nou, beste vriend en broer, dit sal Ek ook nie doen nie! Ons bly bymekaar. Maar op die manier soos wat dit nou is sal dit seker nie maklik te realiseer wees nie, want daarmee sal jy weinig gehelp word.

[2] Ek ontdek nou egter `n goeie ommekeer in jou en kan jou daarom verseker, dat dit baie gou beter sal gaan met jou. Jy moet net dit wat Ek aan jou gaan bekendstel, noukeurig volgens My voorskrifte opneem en daarvolgens handel met jou hart, dan sal jy skielik helder begin te sien. En jy sal oor die wese van baie dinge, waaroor jy nou nog in die duister verkeer, helderheid en duidelikheid verkry.

[3] Kyk, in die evangelie staan, waar sprake is van Johannes die Doper, onder andere: Ek is slegs die stem van een roepende in die woestyn en berei die weg van die Here. Ek is nie waardig om die skoenrieme los te maak van Hom wat na My toe kom nie. Ek doop slegs met water; Hy sal egter doop met die Gees van die Waarheid, met die Gees van God wat vir ewig lewe! Die mees verhewe wat na My toe kom, sal groter word onder u en in u; maar ek, Johannes, sal minder word! Wat dink jy dan, wat hierdie grootste van alle profete daarmee wil sê?"

[4] Robert sê: "Ja, my beste vriend! As ek dit sou begryp, dan sou ek werklik nooit op hierdie treurige plek, waarop ek nou staan, beland het nie.

[5] Hierdie tekste, wat ek nooit kon begryp het nie, het die meeste skuld daaraan dat ek aan jou Godheid begin twyfel het, wat dan ook die vernaamste rede is waarom ek `n nuwe-katoliek geword het.

[6] Verklaar my daarom tog hierdie hoogs mistieke tekste. Want uit myself sou ek die eintlike betekenis daarvan, net soos van baie ander tekste, nooit te wete kom nie."

[7] Ek sê: "Wel nou, luister dan! Johannes die Doper is binne die liggaam van die kerk van diegene, wat by iedere mens die uiterlike, wêreldse verstand is. En die verstand van iedere mens sou moet wees soos die van Johannes. Soos Johannes vir My die weg berei het, so sal ook `n goeie uiterlike verstand die weg na die verstand van die hart vrymaak; die verstand van die hart, wat gelyk is aan Myself. Want Ekself neem die verstand van die hart uit My Gees en lê dit soos `n goeie saaier in die bodem van die hart; dit is die egte liefde, wat deur deemoed en sagmoedigheid baie goed gevoed word.

[8] Johannes is `n roepstem in die woestyn en dit moet `n goeie uiterlike verstand ook wees. Want die wêreld, waaruit die verstand sy eerste indrukke opdoen, is `n woestyn. En wel, omdat geen mens andersins volledig van die Godheid losgemaak en die vrye keuse gelaat sou kan word nie. En dus is die uiterlike verstand, wat deels uit die woestyn, deels egter ook aan indirekte of direkte openbaringe uit die hemele, sy indrukke, idees en beoordelings ontleen, juis deur die opname van die geopenbaarde waarhede ook die "stem van een wat roepende in die woestyn", en berei deur die geloof die weg na die begrip met die hart.

[9] Die uiterlike verstand doop dus die siel met die water van deemoed en van die bereidwillige gehoorsaamheid. Die verstand van die hart egter, waarin die ewige Gees van God woon, moet deur die wek van die Gees noodsaaklikerwys juis met hierdie Gees doop, omdat die Gees uit God, die ware lig, die volste waarheid, die liefde en daardeur die ewige lewe self is.

[10] Dit is dus vanselfsprekend dat die uiterlike verstand moet afneem, ja, uiteindelik selfs gevange geneem en onthoof moet word, wanneer die ware verstand van die hart, wat gelyk is aan Myself, in iedere mens toeneem en uitgroei tot die heerlikste boom van die lewe, waarin volkome kennis lê. Dus, dat die uiterlike verstand dit werklik nie werd is om die skoenrieme van die verstand van die hart los te maak nie, sal tog net so duidelik wees as dat die lig van `n naglamp aansienlik minder is as die lig van die son op die helderste van die dag.

[11] Ek wil nou niks meer sê oor jou aardse dade nie, of dit goed of nie goed was nie. Want dit het alles voortgekom uit jou uiterlike verstand, waarin die stem van die roepende nie kon deurdring nie, omdat die groot rumoer van die woestyn, die "Johannes-lose" wêreld, die ware Johannes, dit is My geopenbaarde leer, moes oorstem het. Want wanneer sterk orkane oor `n woestyn raas en donders rol, dan gaan die stem van die roepende maklik verlore. Die oordeel en die dood vier dan ongestoord hulle oesfees.

[12] Maar dan kom Ek ook daarheen om te red wat nog te redde is. Weliswaar nie oor die weg wat Johannes voorberei het nie, maar soos `n bliksem wat van die een horison na die ander verlig, net soos dit by jou die geval is. Wie die lig van hierdie bliksem aanvaar, die word gered. Wie dit egter nie aanvaar nie, die gaan ten gronde, dit wil sê, hy begeef hom op `n weg waarop dit baie moeilik sal wees vir hom om die Godgestelde doel te bereik.

[13] Jy egter, het die lig van die bliksem goed vasgegryp. Daarom kom die redder ook self na jou toe en lei jou langs die goeie weg. Maar jy moet die redder nou gewillig volg en Hom deur jou uiterlike verstand geen hindernisse in die weg lê nie, anders vertraag jy die bereiking van die doel self.

[14] Wat is jy nou van plan om te doen na My uitleg van die tekste, wat volgens jou bekentenis, Hom vir jou verberg het, wat jy die duidelikste moes waarneem?"

[15] Robert sê by nadenke: "O, vriend, ja, oneindig veel meer as alleen maar `n vriend. Nou eers begin dit geweldig in my te dagbreek! O, Heer, Heer! Hoe kan U by my vertoef? Want ek is tog `n sondaar!

[16] Wat hou my blik tog gevange dat ek U nie herken het nie? Wel sê my sterk liefde tot U, dat U meer moes wees waarvoor my armsalige verstand U beskou het. Maar `n duiwel, of wie dan ook, skuif steeds `n sluier voor my oë. Maar nou sien ek die eindelose kloof tussen my en U! Nou kan ek niks ander sê nie as: O, my groot Heer en God! Wees my genadig en ontferm U oor my, arme, dwase sondaar, wat ek voor U is!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205