Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Opheldering oor die opvoeding van die mens tot selfstandigheid, Oënskynlike harde opvoedingskool. Hoogste goddelike liefdeswysheid

27 Ek sê: "Luister, beste vriend! Met jou sal ons nog heelwat te arbei hê, voordat jy tot helder insigte kom. Jy hang nog veels te veel aan die materie en die daaruit voortvloeiende verskynsels. Daarby beoordeel jy ook alles uit die materie, wat geoordeel en dus verganklik is en kan jy die suiwer goddelik-geestelike nie bevat nie.

[2] Begryp jy as belangrike filosoof dan nog steeds nie: As die Godheid `n lewe uit Homself vry gee, dan moet Hy dit volkome vry gee en nie oordeel nie. Behalwe wat absoluut noodsaaklik geoordeel moet wees: Die liggaamlike lewe!, omdat dit stewigheid sal hê vir die opneem van die lewensgees uit God. As so `n gees eenmaal die korrekte stewigheid bereik het, of as God nog `n swak gees op een of ander manier wil sterk maak vir die ewige lewe sonder dat dit nodig is om die volledige lewensproef in `n liggaam deur te maak, dan neem God Self die oordeel by die vrye gees weg. Hy is dan heeltemal vry en hy kom niks oor nie, behalwe dit wat hy absoluut vry, vanuit homself wil.

[3] Glo jy dan, dat God jou sal gebied om na die hel af te gaan of om die hemel binne te gaan? O, met sulke idees hoef jy jou nie mee besig te hou nie. In hierdie opsig is jy volkome vry; wat jou eie liefde wil, dit sal jy ook kry! God kan jou ook met `n groot deel behulpsaam wees, maar alleen as jy dit wil. Wil jy egter nie hulp hê nie, sal God jou ook nie agterna loop nie. En waarom nie? Omdat jy `n vrye en van God `n geheel onafhanklike lewe het, wat vry kan beslis wat dit self wil en derhalwe ook vir sy lewensvoeding en konsolidasie moet sorg, heeltemal onafhanklik van God, anders sou dit waarlik geen vrye lewe gewees het nie.

[4] As God die mense egter naak en in iedere opsig volkome hulpeloos in die wêreld gebore laat word, dan gebeur dit om die menselewe reeds vanaf daardie oomblik vry te laat, sodat hy al van die geboorte af kan wen aan die aan-homself-oorgelate-bestaan. Die lewenskeidingsproses moet daarom ook begin by die geboorte, aangesien die kind nog geen voorstellingsvermoë en geen begrip het en dus nie in staat is om bewustelik pyn te voel nie. Want mog die mens in so `n lewenskeiding in `n toestand van volledige bewussyn oorkom, (na die aarde) dan sou hy die smart en die groot droefheid gladnie kon verdra nie. `n Mens treur immers ook as die lewensband van een van sy beste vriende deur die liggaamlike dood `n sekere sin verbreek word. Hoeveel groter sou die verdriet van die mens net gewees het, as hy by sy volledige bewussyn van God, sy eie lewensvader, sou moet skei. Wat egter tog moet gebeur, omdat geen lewe naas God, sonder hierdie pynlike gebeurtenis vrygestel kan word nie!

[5] Die hoogste wysheid en liefde van die Heer laat so `n noodsaaklike skeiding plaasvind in `n toestand waarvan die mens nog byna niks waarneem nie. Naas die geestelike lewe wat in die begin geheel gebonde is, gee Hy hom `n uiterlike natuurlewe, wat die vroeëre met God verenigde lewe vir `n onbepaalde tyd verberg, omdat die gees makliker sal wen by so `n skeiding en hy sy toekomstige vrye lewe des te meer ongestoord kan skik. Sê eers, kan die mens dan die Godheid smaad en selfs verloën, as Hy doen wat Sy hoogste liefde, wysheid en orde gebied?

[6] As daar `n ander weg sou bestaan het vir `n selfstandige vrye ontwikkeling van die lewe, wat nog minder pynlik sou wees, dan sou die Godheid dit sekerlik in Haar orde opgeneem het. Maar by die verhouding van die lewensake, soos wat dit nou is, en noodsaaklikerwys moet wees, is nou eenmaal geen beter weg moontlik nie. Die weg is ook goed en doelmatig. En omdat die saak so lê en nie anders nie, is jy self al die grootste bewys van die sigbare, begrypbare bestaan van God, sonder wie niks kan ontstaan, wees en bestaan nie.

[7] Maar as die bestaan van God daardeur duidelik bewys word, waaraan verdien Hy dan om gesmaad te word deur sulke wyse manne soos wat jy een wil wees? Sien, beste vriend, watter onreg jy die grote, heilige Vader aandoen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205