Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die Fransiskaan word deur die aanblik van Robert Blum nogmaals sterk in die vertwyfeling gebring. Sy angs vir die duiwel word deur die Heer met vaderlike mildheid bejeën

148 Die Fransiskaan kom nou na My toe. Juis wanneer hy sy vraag wil stel: "Wie is jy, onbekende vriend?" kom, natuurlik deur `n innerlike oproep, Robert Blum na My toe en sê: "Heer, brood, wyn en kleding staan gereed."

[2] Ek sê: "Goed so, My beste Robert (met opset daaraan toegevoeg) Blum! In die huis is jy `n meester naas die Heer en jou groot liefde vir die Heer is wetgewer vir jou huis en vir almal wat hierin is."

[3] Toe die Fransiskaan, wat uit liefde vir vryheid, maar nie uit liefde vir die groot waarheid van die evangelie, sy orde verlaat het, wat nou die welbekende Robert Blum in lewende lywe voor hom sien staan, slaan hy sy hande saam van verbasing en sê: "Maar om God se wil! Jesus, Maria, en Josef en alle engele en heilige God, staan ons by! Nou bevind ek my ook nog in die huis van `n groot aartsketter! O Jesus, Maria en Josef! Dit is selfs erger as die hel self! En daar sou Christus, die Heer êrens vertoef? O jou vervloekte duiwel! Jy, arglistige Beëlsebub duiwel! Jy het sekerlik gedink dat jy my het? Maar niks daarvan nie, jou afskuwelike dom duiwel! Die salige maagd het jou op die korrekte oomblik met haar hemelse almag voor my ontmasker en ek kan my nog uit jou kloue losruk! Ja, ek het die hoogheilige ook altyd alleen vereer, sodat sy my vir tyd en ewigheid sou moes bewaar vir die versoeking van die duiwel. O julle dieragtige duiwelsvriende en jy, duiwelskêrel Miklosch! Wil jy my nou laat kennismaak met `n nuwe Christus onder julle heerlike geselskap? O jou groot duiwelse skurk, hoe het jy jou bes gedoen om my in die hel te kry, maar die salige maagd het `n streep deur jou rekening getrek. Die duiwel sal `n Fansiskaan tog nie so vinnig in die aas kan lê soos jy wel dink nie!"

[4] Ek sê: "My vriend, My vriend, die huis behoort nie aan `n ketter en nog minder aan `n geselskap duiwels nie. Dit sê ek jou, die enige, ewige Heer van die hemel en aarde, want in die hel wandel nêrens vry gestaltes in die lig van die hemele nie. Kom hierdie hemelse broederskap vir jou egter te verdag voor, dan sien jy daar die nog oopstaande poort en buite `n wye verte. Jy kan gaan of bly, dit is vir ons om`t ewe. Die oneindigheid is ver, breed, hoog en diep genoeg. Swyg nou of gaan! Maar jy, broer Blum, gaan na die groot, aangrensende saal en laat almal hier binnekom. Laat brood en wyn in oorvloed op hierdie groot ronde tafels plaas, sodat hierdie blinde dwaas hom daarvan kan oortuig, hoe die sogenaamde duiwels van die huis daaruit sien en hoe hulle miskien gaar gestoof of gebraai word."

[5] Robert verwyder hom vinnig om My wil ten uitvoer te bring. Skielik kom alle aartsvaders, profete en apostels, wat aan hulle uiterlike maklik te herken is. So ook die aartsmoeders, en begin by Eva, en ook moeder Maria met Josef en alle persone wat in die evangelie voorkom. By hierdie groot stoet sluit dan al die nuwe aankomelinge hulle aan: Robert, Messenhauser, Jellinek, Brecher, Niklas, Bardo en al diegene wat by hulle hoort. Ten slotte dan ook nog die vier-en-twintig danseresse, wat deur Robert se vrou begelei word. Hulle dra wyn en brood in oorvloed aan en plaas die lewensmiddele goed georden op die tafels. Almal wat egter uit die naasgeleë saal kom, is met `n sterk glans omhul, en dit hoofsaaklik om die Fransiskaan se oë te open.

[6] Nadat die tafel so goed moontlik versorg is, sê Ek vir die nege-en-twintig nuwelinge: "Kom nader, vriende en broers! En jy, Miklosch, wat deur die Fransiskaan uitgeskel was as `n duiwelskêrel, kom hier na My toe. Neem en eet van die brood van die lewe en drink tewens die wyn van insig en krag! En sê dan vir die Fransiskaan, wat lankal `n leë maag het, hoe hierdie helse kos vir julle smaak!"

[7] Miklosch, wat My al so stadigaan begin herken, kom dadelik vol eerbied en deemoed na My toe en sê: "O Heer, nou eers kan ek vir die eerste keer in my hele bestaan waarlik uitroep: "O Heer, ek is dit nie werd, dat U binnetree onder my sondige dak nie!" Maar Heer, spreek maar net één heilige woord en alles wat in en aan my is, sal gesond word. Ja, dit is waarlik `n lewende brood van die hemel, U werklike liggaam sonder valsheid of bedrog, o Heer! Wie die brood eet, sal ewig lewe, want dit het die krag van die ewige lewe in hom! En wat `n oorheerlike, hemelse smaak! En hierdie wyn, suiwer uit U hart gevloei, is eweneens U waaragtige bloed, waardeur alle sonde wat ons ooit op aarde begaan het, van ons weggeneem word. Daarom waag ek dit om dit, net soos die brood, te geniet. Wat `n smaak en wat `n gees! O Heer, geen sterfling van welke wêreld dan ook kan dit bevat nie! Broers, eet en drink en proe self hoeveel hemele daar in elke druppel woon!"

[8] Almal tree nou toe tot die eet en drink na hartelus, en niemand vind woorde om die groot heerlikheid van die smaak, die soetheid en die gees te beskryf nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205