Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die Heer oor die dikwels verkeerde gebruik van die gesegde: "Die doel heilig die middele"

59 Jellinek wend hom ook na My en vra hoe die sonderlinge kunsuiting My geval het?

[2] Ek sê vir hom: "Beste vriend, Ek moet eerlik aan jou beken dat Ek by sulke geleenthede veel minder My aandag vestig op die middel as op die beoogde doel. Want die middel kan op sigself dikwels nog so vreemd lyk, dit maak nie saak as daarmee maar in elke opsig `n edel en goeie doel bereik word nie. Want hier in die ryk van die geeste heilig die bereikte doel altyd elke middel waardeur die doel enkel en alleen bereik kon word. Hier is die uitvoering van die dans nie ter sake nie, maar met betrekking tot die bereikte edel doel, is dit egter van oneindige waarde!

[3] Ek wil jou hierdie weliswaar ietwat jesuïetagtig klinkende grondreël eers vanaf aardse wyse toelig, sodat die geestelike inhoud vir jou meer duideliker kan word. Luister dus na my! Sien, hierdie grondreël lui kortliks as volg: Die goeie doel heilig elke middel waardeur dit moontlik bereik kan word. Of hierdie grondreël ooit waar is, sal ons nou sien aan die hand van verskillende voorbeelde:

[4] Kyk, `n seun op aarde het `n vader, wat by sy werk `n ongeluk het en een been sodanige gebreek het, dat hy slegs weer deur `n deskundige operasie genees kan word. Wat sal die goeie, sy vader bo alles liefhebbende seun doen met iemand, wat sy vader uit pure woede of boosaardigheid se voet met `n byl sou afkap? Hierdie seun sou die booswig gryp en hom lewenslank tugtig! En tog sou sy vader by hierdie "spoedoperasie" heelwat minder gely het, omdat dit dan blitsvinnig aan `n gesonde voet uitgevoer was, as wanneer die operasie uiters pynlik deur `n dokter uitgevoer moet word. Kyk, die middel op sigself, sonder samehang met die daardeur bereikte doel, sou sonder meer `n gruwel wees! Maar met betrekking tot die goeie doel, is dit `n seën. En die seun sal hom teenoor die kundige chirurg, wat sy geliefde vader se lewe gered het, seker uiters dankbaar wees. Want sonder hom sou sy vader sekerlik aan kouevuur gesterf het. Laat ons egter verder gaan!

[5] Wat sou jy met iemand doen, wat jou tand met sy vuis sou uitslaan? Jy sou die woesteling voor die gereg daag en geen geringe skadevergoeding eis nie. Maar wanneer jy `n slegte tand het wat baie pyn veroorsaak, gaan jy self na die tandarts en betaal hom graag vir die uittrek van die slegte tand. Wie sou dan `n tandetrekker kan waardeer, wat alleen vir sy plesier die mense se tande sou uitslaan of trek? Baie anders lê die saak in die hande van `n egte tandarts, omdat hy deur sy dikwels baie pynlike operasie `n goeie doel bereik. Jy kan onmoontlik ontken dat hier op hierdie aaklige middel die bereikte doel geheilig word. Dus, daarom maar verder!

[6] Kyk, doodslag is een van die swaarste sondes wat `n mens aan sy naaste kan begaan. Daar wandel `n vader met sy seun deur `n bos. `n Booswig vermoed dat die vader baie geld by hom dra, spring skielik uit `n bos na vore, gryp die vader aan die keel en wil hom wurg. Die seun sien die groot gevaar waarin sy vader verkeer, gryp dadelik na sy geweer en dood die roofmoordenaar! Kyk, doodslag, soos gesê, is een van die grootste sondes. Is die doodslag wat die seun aan die roofmoordenaar begaan het, wat sy vader wou wurg, ook sonde? O nee! Jou gesonde verstand sê jou reeds: Doodslag op sigself as `n middel tot die bereik van `n slegte doel is een van die grootste sondes! Maar soos hier, in verband met `n goeie doel, is hy ewe heilig as die doel self! In die besonder as dit blyk die enigste middel te wees!

[7] Wat geld by hierdie drie voorbeelde, geld ook vir elke handeling van die mens of gees wat maar in staat is om dit te verrig. Wanneer jy na wyse oorleg die enigste werksame middel tot die bereik van `n goeie doel gebruik, dan is dit ook goed, regverdig en deur die bereikte doel geheilig!

[8] En so sal jy, beste vriend, by hierdie arme danseresse wel `n ogie dig moet hou, Want hulle dans om `n meervoudige goeie doel te bereik. En het dit ook werklik bereik soos wat jy weldra sal insien. Sê eers, moet ons daarom `n wrok koester teenoor hierdie danseresse, of sal ons hulle ook `n glasie laat proe van die tweede fles?

[9] Jellinek sê: "O, as dit so is, dan seker! Kom maar hier, julle hartjies, julle sal ook `n goeie dag hê.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205