Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Kritiek van die Heer op Helena se voorstelle. Die aarde kan onmoontlik `n paradys wees solank dit `n oord van beproewing is nie.

85 Ek sê: "My liefste Helena, jy het die saak volgens jou ervaring en insig werklik goed en logies uiteengesit. Op sig geneem kan jou wens as baie waardevol beskou word, en dit sal hier en daar, een en ander gebeur soos wat jy gewens het, maar oor die algemeen gaan jy wel `n bietjie te ver. Ek sien helaas maar al te goed in, hoe verskeie vorste, van wie enkeles al lankal geval het, eerder vir alles deug as om `n regent oor `n volk te wees. Maar wat is daaraan te doen?

[2] Ek sal julle `n gelykenis gee; aan die hand daarvan sal jy self beoordeel, of Ek alles ten uitvoer kan bring soos wat jy verlang het. Luister dus!

[3] Enkele koloniste het na heelwat omswerwinge eindelik êrens op aarde `n plekkie gevind: `n Mooi en vrugbare streek te midde van `n groot woesteny. Hulle eerste sorg was om `n doelmatige huis te bou. Daar was hout in oorvloed en ook was daar `n goeie soort bousteen voorhande. Daar word baie gou `n plan beraam en vinnig word die werk aangepak. Spoedig staan daar `n hut wat die nuwe koloniste teen die hitte en koue kon beskerm en ook teen die wilde diere.

[4] Eén uit die geselskap sê egter: "Beste vriende, die hut is wel doelmatig gebou. Teen hitte, koue en wilde diere sal dit ons wel `n tyd lank kan beskerm, maar as hier in die streek nog `n sterker vyand is, sal ons hut dit dan ook kan trotseer? As byvoorbeeld een of ander wilde volkstam snags op ons hut sou afsluip, haar verniel en ons gryp en doodmaak? Sal ons hut ons in dergelike gevalle kan beskerm? Alle koloniste dink nou daaroor na en sê; "Jy het gelyk, in `n dergelike situasie sou ons hut nie sterk genoeg wees nie. Daarom sal ons vinnig `n diep sloot grawe en daaromheen nog `n wal bou van minstens twee klafter hoog ( 1 klafter = 1,90 meter, dus; 2 klafters is 3,8 meter hoog). Die paar vensters sal ons van ystertralies voorsien en so sal ons heelwat minder te vrees hê van alle vyande van buite. Ook moet die toegangsdeur so stewig moontlik gemaak word, sodat dit aan elke vyand die beste teenstand kan bied." Die voorstel word aanvaar en ook dadelik ten uitvoer gebring.

[5] Toe alles klaar was, het hulle groot bevrediging daarvan. Een van hulle, so `n moraalridder, merk egter op: "Maar beste vriende, die lewe op aarde is tog wel byna oral dieselfde. In die beskaafde lande in Europa, waar trotse konings heers en wat groot leërs aanhou, hoef mens geen vyand meer te hê nie, as die mense maar net weet om hulle tonge te beteuel. As die mense hulleself uiteindelik gewilliglik volgens die wette gevoeg het, en dit hulle eie gemaak het, dan kan mens vry beweeg onder beskerming van die maghebbers. Ons het hier geen maghebbers en wette nie en kan goddank sê wat ons wil, maar wat het ons daaraan? Ons hoef ook nie belasting te betaal nie, maar in stede daarvan moet ons die hele dag hard werk en die vrugte wat in hierdie streek groei, ywerig inoes en eers aan hulle gewoond raak. Ook moet ons die hele vrye land heeltemal verken om veilig te wees vir potensiële vyande. Ja, snags moet ons onsself sterker verskans as die fanatieke opstandelinge in Parys! Sê nou self, of ons met ons volledige vryheid ook maar een haar beter daaraan toe is as die geringste dagloner onder die strengste regering in Europa? Ons is hier volmaakte kommuniste, maar die huilende wilde diere daarbuite lyk ook of hulle deur `n kommunistiese gees besiel kan wees. Ons het geen ander staatswet meer as die wet van ons wederkerige vriendskap nie. Daarteenoor staan die feit dat ons voortdurend moet werk om die behoeftes van ons mae te bevredig, terwyl ons hande met eelte bedek is. Hier hoef ons nie lastige amptenare te onderhou nie, maar in plaas daarvan, het ons self meer nodig. Hier is ook geen pous wat die vuur naby die hakskene kan lê nie, maar wel bevind ons onsself hier in `n situasie, wat nie veel verskil met die van die hel nie. Wat sal ons dan doen om die kwellende aardse lewe `n bietjie te kruie en dit voortaan `n bietjie draagliker te maak?

[6] Almal haal hulle skouers op en sê; "Het ons ooit daaroor nagedink? Dit is oral so; as mens sy gemak kwyt is, dan stuit die mens wel teen iets anders! Ons is nou maar eenmaal hier en ons kan niks daaraan verander nie. Laat ons dan maar hier flink aangaan, dalk word dit mettertyd wel beter!

[7] Sien jy Helena, uit die voorbeeld kan jy maklik uitmaak wat mense op aarde, wat op die doringrige pad van beproewing vir die gees van die mens moet bly, sou moet onderneem om haar bodem te omvorm tot `n paradys!

[8] Ontset Ek alle regente onmiddellik uit hulle ampte en lê die mag wat hulle tot nou toe besit het, in die hande van die volk, dan sal hulle in die afsienbare tyd wel self heers; maar oor wie? Dan sal almal wil heers, maar niemand gehoorsaam nie. Indien die volk egter self wil heers en vir homself wette sou opstel, wie sal hulle in die geval van nood of gevaar, kan dwing om hulle aan hulle eie wette te hou? Ja, Ek sê vir jou!"

[9] Daar sal ten slotte wel `n demokrasie ingestel word, maar van `n heel ander soort as wat die volkere op aarde hulle sou kon voorstel. Die vraag is dan of hulle nie weer gaan roep soos die Israeliete in die woestyn toe hulle nie meer die vleispotte op die vuur kon plaas nie!

[10] Laat elkeen van julle dit bedink, dat die aarde onmoontlik `n paradys kan wees, omdat dit vir alle tye `n skolingsplek moet bly vir elke gees wat in die swaar stoflike liggaam van die mens geplaas is, omdat daarsonder, geen gees ooit die volkome ewige lewe kan bereik nie; dan sal julle alles meer korrek kan beoordeel.

[11] Maar noudat die konings egter swak en die volkere blind geword het, is daar `n heel ander oorsaak as wat julle dink. En die enigste wat skuldig is aan hierdie situasie, sal julle egter weldra leer ken; en ons sal hom aan bande lê en so die mense op aarde bevry van sy juk. Dan sal dit wel weer beter word, ook sonder ons wraak!

[12] Ja, liewe Helena, Ek sê vir jou, jy sal nog volkome tevrede met My kan wees, want ten slotte sal alles tot `n goeie einde gebring word. Maar nou moet ons eers alle geeste op aarde tot hulself laat kom, sodat hulle kan insien, waaraan dit hulle vóór alles in hoofsaak ontbreek het.

[13] Vervolgens sal dit een oomblik duur en alles op aarde sal homself in `n nuwe orde bevind!

[14] Maar kom jy, My beste Max Olaf, nog nader aan My en deel ons jou mening en wense mee!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205