Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die Fransiskaan laaf hom. Met warm dank gedenk hy die Heer. Die ware hemelryk met nuwe wondere. Die geselskap van die saliges in die hoofsaal. O Heer, hoe groot is U

150 Robert gaan haal meer brood en wyn. Die Fransiskaan neem die brood onder die maak van `n diep buiging voor die spyse, en eet dit. Al by die eerste hap is hy van louter verrukking oor die heerlike smaak van sy stuk gebring, maar wanneer hy die wyn daarna proe, is hy heeltemal in ekstase! Mens hoor niks van hom nie as slegs `n onophoudelike aaah!

[2] By die aanskoue van hierdie verwondering, vra die moedige Miklosch hom: "Wel broer, wat sê jy dan nou van jou aanvanklike 'helse illusie-kos'?" Dit lyk my, dat hierdie swawelpoel vir jou baie voortreflik smaak!"

[3] Vriendelik glimlaggend sê die Fransiskaan: "Beste broer, tot die bestaan van elke mens behoort daar vier dinge: Ten eerste om in die wêreld geskape te word. Daarop volg die domheid, waardeur die mens op aarde sy gewig gaan voel. Ten derde kom dan die dood van die liggaam, waar die siel wel haar vleeslike liggaam afstaan, maar haar die wêreldse domheid onverminderd laat behou. So kom dit dan dat, ten vierde, die mens ook in die geesteswêreld eers dom moet wees om wys te kan word. So gaan dit vir my!

[4] Jy weet net so goed soos ek hoe dom dit met ons geloof gesteld was en hoe dom die dogma was, waarmee ons geloof by ons ingehamer was. Waaruit moes ons dan by so `n leer die ware wysheid put? Toe die dood dan ook oor ons kom, het hy ons soos onveranderde osse aangetref en ons in die hoedanigheid hierheen oorgeplaas! Met hierdie eienskap sou ons tot in alle ewigheid so bly sit het, as die goeie, heilige Heer, God en Vader nie Sy almagtige hande na ons toe uitgestrek het nie. Aan hom daarom alle lof, alle eer en dank! Maar kyk daar net, broer Robert het nog `n groot beker wyn en `n heerlike brood hier op die tafel neergesit!"

[5] Miklosch sê: "Werklik, te veel van die goeie! Eet en drink, broer! Ek het al redelik self goed gedoen, en is nou so versadig en versterk, dat ek wel vir ewig sou kon uithou." Die Fransiskaan sê: "Met my gaan dit net so; wat sou die Heer egter daarvan sê, as ons van die brood en van hierdie wyn aan Hom sou bring?"

[6] Moeder Maria sê: "Doen dit, doen dit! Dit sal Hom verheug!" Die Fransiskaan sê: "As die allersaligste daarmee eens is, dan is daar verder niks meer te vra nie. Hy spreek nou weliswaar met die graaf, maar dit maak nie saak nie. Neem jy maar die wyn, dan sal ek die brood neem, en so sal ons Hom verras."

[7] Beide bring My nou brood en wyn en die Fransiskaan sê hoogs deemoedig: Heer, U het eens op aarde gesê: "Nou sal ek nie meer iets van hierdie plant geniet nie, as wanneer Ek dit opnuut sal geniet met julle in My ryk." Heer, hier is nou U waaragtige ryk. O, geniet U dan nou tot ons troos van die nuwe plant van U ryk!"

[8] Ek sê: "Dit verheug my werklik baie, dat julle aan My dink en as kinders julle Vader ook iets te ete en te drinke gebring het! Ek sou dit weliswaar ook self kon geneem het, maar dan sou dit vir My lank nog nie so goed gesmaak het as wanneer My kinders dit vir My gebring het nie! Gee dus maar die brood en wyn, dan kan julle julleself dadelik daarvan oortuig, dat Ek daarvan sal eet en drink." Daarop nuttig Ek `n stukkie brood en wyn en gee die res aan die omstanders, wat almal daarvan geniet en `n tweede en nog groter verkwikking in hulself waarneem.

[9] Die Fransiskaan sê daarop in die grootste vervoering: "Heer, God en Vader, selfs as `n engel my op aarde sou gesê het, dat dit so in U hemelryk sou gaan, dan sou ek hom nie geglo het nie! Waar is nou hier, deur ons Rooms-Katolieke kerk veronderstelde, baie mistieke en geheimsinnige, glorieryke, goddelike, nie-aanskoubare, heilige nimbus (halo of stralekrans)? Waar is die verskriklike ernstige regtergesig van God se Seun? Waar is die van die onverbiddelike Vader? Alles is hier so natuurlik; daar heers die grootste minsaamheid en die grootste vriendelikheid van alle kante af! En U as hoogste Godwese, U beweeg self as allereenvoudigste onder ons. Niemand kan aan U uiterlike sien wat en wie U is nie; U manier van spreek is volkome natuurlik en alles aan U getuig van die grootste onopgesmuktheid!

[10] Waarlik, mens sou aan die vertwyfeling raak, wanneer die groot majestueuse saal, met die binnevallende heerlike lig en al die saliges, wat daar so stralend en jonk soos engele uitsien en so pragtig gekleed is, ons nie sou sê: "Dit is die ware hemelryk! Daar kan ewig geen waaragtiger hemelryk bestaan as die een waarin die Heer van hemel en aarde Hom in die allereenvoudigste klere beklee en tussen Sy kinders beweeg en vir hulle sorg nie! Ek moet openlik beken dat daar in die begin vir my, gebaseer op die woorde van die evangelie, baie was wat nie met mekaar gerym het nie. Daarom word daar dikwels gewag gemaak, hoe die Seun aan die regterkant van die almagtige Vader sit in die ewig ontoeganklike lig. Daar staan op `n ander plek: "Ek sal kom met die wolke van die hemele met groot krag en heerlikheid en sal die lewendes en die dooies oordeel!" En hoe wonderlik geheimsinnig is die visioene van Johannes. Van al daardie dinge is hier geen spoor te vinde nie; alles is hier volkome anders! Daarom is dit in `n sekere mate te vergewe, dat ons hier in hierdie waaragtige hemel `n tydlank staan en kyk soos katte in `n vreemde pakhuis!

[11] Maar ek sien nou in, dat slegs `n hemel wat presies so ingerig is soos hierdie, aan elke gees die mees ware, vrye en dus ook die hoogste saligheid vir ewig kan bied. Daarvoor, o heilige, liefdevolle God en Vader, wil ons U slegs loof, liefhê en prys!"

[12] Ek sê: "Wel, My beste Cipriaan, dit sien hier seker heeltemal eenvoudig uit en mens gewaar nêrens `n onnodige gepronk nie; tog moet jy daarom nie dink, dat wat jy nou sien, My hemele al voltooi sou wees nie. Wag maar nog eers, dan sal jy nog wonderbaarlike dinge in oorvloed te sien kry.

[13] Ons sal nou die aangrensende saal binnegaan en van daaruit na die groot museum van die huis, waar jy dinge sal sien, waarvoor jy sekerlik op jou knieë sal neersink. Selfs dan mag jy nog nie dink dat `n grens aan My hemele gestel is daarmee nie, maar dat dit slegs die begin daarvan is!

[14] Desondanks sal ek bly soos wat ek nou is, en wanneer jy alle dinge veranderd en tot in die eindelose verheerlikte sal aanskou, dan sal Ek ewig onveranderd, te midde van My werke verskyn, ofskoon hulle grootte en diepte in geen ewigheid gemeet kan word nie. Nou maak ons egter gereed om ons na die groot saal te begewe!"

[15] Die verskeie duisende gaste gaan nou vooraan. Die aartsvaders en die apostels volg hulle. Voor ons uit gaan Maria met Josef en die apostel Johannes. Langs My gaan die graaf, die Fransiskaan, Miklosch, die generaal en dan Thomas en Dismas. Agter ons gaan Robert met sy Helena, Becher, Jellinek, Bruno, Bardo, Niklas en die vier-en-twintig danseresse, wat vir Robert die bekers en die wynkruike dra.

[16] Toe ons in hierdie volgorde die saal binnekom, waarin die verskeie duisende gaste die indruk kry dat hulle nouliks so `n dertigtal mense tel, sink die Fransiskaan byna op sy knieë neer en sê:

[17] O Heer, dit is skielik te veel vir `n swak gees! Hierdie grootte, hierdie hoogte, hierdie prag! Waarlik Heer, dit sal tog geen eerste begin wees nie! Dit is tog die volledige hemel met alles daarby inbegrepe, soos mens gewoond is om te sê. Die plafon is soos die sterrehemel met pragtige groepe sterre! Die mure is alles wolke, stralend in die môrerooi! En die wonderlike deurmekaar lopende galarye, wat lyk soos hoë bergrande, wat skitter in die oggendson! O heerlik, heerlik! Dit is skielik te veel vir `n swak gees! O Heer, hoe groot is U!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205