Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Die groot oomblik vir die graaf. Die Heer oor die verhouding van die Vader teenoor sy kinders.

146 Die graaf, heeltemal buite homself, deels uit vrees, deels uit vreugdevolle vervoering, deels ook uit angs vir `n moontlike deur hom gehoue misleiding, kan deur My verklaring nouliks tot homself kom. eers na `n hele lang tyd van innerlike stryd om geestelik wedergebore te word, waarin sy gees alle bande verbreek en hy homself tot sy gehele omvattende siel uitbrei, stamel die graaf die woorde:

[2] Dus…u i-i-is Hy!? U!?,...die ewige Heer…oor alles wat tyd en ruimte bevat en oor alles wat bo alle tyd en ruimte verhewe, in ewige vryheid leef en in die ewige dieptes van u wonderbaarlike skepping inkyk! O, God, o God, o God, ek…ellendige wurm, `n nietige stoffie, staan nou voor U, die heilige, ewige Heer van die eindelose wonderwerke, wat almal uit U almagtige hand voortgekom het; voor my God, voor my Skepper, Vader, voor my Heiland Jesus! O, Hoor dit, alle hemele! Kom hierheen julle, alle oorgelukkige eons, help my om die diepte van die hemelse geluksaligheid te voel…om te voel wat dit beteken: `n Skepsel staan vir die eerste keer voor God, sy almagtige Skepper! En…o, dit is nouliks voor te stel… hierdie God is so eenvoudig en gewoon soos `n mens, en spreek deur die hoogste liefde gelei so minsaam, mild en vriendelik met my soos alleen die beste broer met sy ander broer kan spreek!

[3] O mense, julle, wat in allerlei dwalinge op die oppervlakte van die verraderlike aarde ronddwaal en nooit weet waarheen julle julle moet wend nie, kom hierheen in julle harte en leer God ken in Jesus, die liefdevolle Heiland, dan sal julle in die kort proeflopie op aarde julle ydele planne maklik kan laat vaar.

[4] Die ware besef van God sal julle toon, hoe weinig daarvoor nodig is om julle by God, die Heer tuis te voel en dan so gelukkig te wees, dat dit alle begrip te bowe gaan! Stry nie soos ellendige honde en katte met mekaar oor aardse dinge nie, maar streef na die regte insig in die liefde tot God. Het mekaar lief soos egte broers en susters, as kinders van één Vader, wat altyd en ewig heilig en onpeilbaar lief, goed en sagmoedig is; dan bevat julle harte meer as wat die hele wêreld julle ooit sou kon verskaf!

[5] O, God, wat se saligheid is dit tog om by U te wees. Die ergste teenslae wat my op aarde oorgekom het, hoe volkome vergete is hulle nou! Waarlik, nou sou ek kan uitroep: kom almal hier, miljoene, vriende of vyande, en laat julle broederlik omarm!"

[6] Na hierdie woorde van diep liefde, val hy op sy knieë voor My, vou sy hande en sê: "O, my enige, ewige goeie God en Heiland Jesus, laat U deur my ewig aanbid, geloof en geprys word! Nou begryp ek eers, hoe mens alleen deur U te loof en te prys die hoogste saligheid kan voel. Mag alles in my U ewig liefhê en U dank vir alles wat U my ooit opgelê het, al was dit ook hoe swaar te dra! Want nou begin ek eers in te sien dat alleen U onpeilbare groot liefde dit alles vir my gedoen het!

[7] O, heilige Vader, ek was egter `n verlore seun en moes deur groot ellende tot U teruggebring word, maar nou is ek weer by U, ewige goeie Vader! Neem my op as die allergeringste in U ryk en wees ook met al die baie ander verlore seuns, ook ewe genadig soos met my! Mag dit U wil wees, laat dan my agtergeblewe familie op aarde liewer hulle aardse besittings kwytraak, as dat hulle te diep voor U sal val en U ten slotte volkome sou vergeet!" 

[8] Ek sê: "Staan op, beste broer, en maak nie soveel ophef nie, want jy sien immers dat Ek nie in die minste verander het nie, noudat jy My herken het. Soos wat jou broers met mekaar spreek en met mekaar omgaan, so sal ook ons dit vir ewig met mekaar doen!

[9] Ek is weliswaar God, as die oerewige Wese vol wysheid, mag en krag en jy alleen maar `n skepsel wat voortgekom het uit My wilskrag, maar jou gees is desondanks geheel dit, wat Ekself is. Daarom sal daar voortaan tussen ons presies dieselfde verhouding bestaan soos tussen Vader en seun, of soos tussen broer en broer. Wat jou siel betref, wat nou jou uiterlike wese is, is jy vir My `n seun, en wat jou gees betref `n broer! Die siel kom voort uit die oerlig van My wysheid en is eindeloos veel minder as die skeppende oerlig. Daarom is die siel `n seun teenoor My, omdat ek in die diepste wese geheel en al liefde is. Jou gees egter, wat My eie liefde in jou en dus My hoogste eie gees is, is dientengevolge deur en deur My broer! Dink dus nie te lank oor hierdie saak na nie, maar staan op en kom met my saam na die ander broers!"

[10] Die graaf, wat homself langsaam van die grond af oprig, sê: "O Vader, hoe eindeloos goed is U tog nie! Kon my dom tong U maar enigsins ooreenkomstig U heilige waardigheid loof, maar ek bring nou nouliks iets tot stand!"

[11] Ek sê: "Wees rustig broer en los die oordrewe loof, want jou hart is die beste lof en slegs daarin het ek die grootste welgevalle. Al die ander hoort min of meer tuis in die ryk van die hinderlike gedweep! Rig jou nou volkome op en gaan saam na die ander broers!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205