Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Robert verklaar dit wat gesien is. Eieliefde en hoogmoed, die diepste wortels van die kwaad. Die onveranderlike Godswil.

93 Op My uitnodiging staan Robert op en sê: "O Heer, U, die liefde der liefdes, vriend van die armes, wysste onder die wysstes uit U! Die hele saak is volgens sy uiterlike voorkoms meer duidelik beskrywe, maar omdat Helena haar nog nie op die gebied van ooreenkomste die nodige insigte haar eie gemaak het nie, waardeur sy sulke verskynsels sal kan begryp, is dit tog nodig om die saak aan haar te verduidelik.

[2] Kyk dus eers, liefste suster Helena, alles wat jy nou gesien het, stel in die algemeen die hoogmoed voor, wat `n gees van verdorwenheid is. Daar deur die venster sien jy die strydendes, en die harde stryd word deur albei kante deurdrenk met wedersydse verraad. Kyk, dit is alles die werk van die hoogmoed, wie se geboorteplek die eieliefde is. Soos wat die suiwer Goddelike liefde en naasteliefde, die oorsprong van alle heil, alle geluksaligheid en alle eendrag en eensgesindheid is, so is die eieliefde niks anders as haat teenoor alles wat op hom afkom nie, en daardeur die oorsaak van alle veragting en vervolging van hulle wat hulle teen hierdie kwaadaardige eienskap wil verset.

[3] Die suiwer liefde gee alles wat sy het. Tog kan dit nooit armer word nie, maar slegs ryker en magtiger; as jy gee, dan ontvang jy tog immers honderdvoudig terug wat jy gegee het. Die eieliefde verloor egter steeds honderdvoudig wat hy neem en roof. Omdat hy in homself geen krag of mag besit nie, moet hy ander se kragte deur allerlei ander middele vir homself vir sy verarmde middele tot hulp neem. Hierdeur hou hy homself vir `n tydlank in die wêreld staande, in `n skynglans en `n skyngrootheid. Omdat iets dergeliks egter mettertyd steeds meer kos, verarm hy uiteindelik totaal, waardeur hy hom soos `n hongerige wurm buig, uitstrek en kronkel. Maar dit baat hom weinig en dien slegs om sy volledige ondergang te bevorder.

[4] Wie voer dan derhalwe oorlog? Kyk, die eieliefde as die moeder van hoogmoed en heerssug! En wie keer hom teen haar en oorwin haar? Dit is die mag van die suiwer liefde, wat geregtigheid is en `n regverdige oordeel uit God! Wel wend die eieliefde van die vyand alle moontlike middele aan om homself staande te hou en wraak te neem op God se geregtigheid. Maar dit baat niks nie, omdat hulle hulself geweldig oor die hele linie verswak, terwyl die suiwer liefde, in dieselfde stryd, steeds magtiger word na elke slag.

[5] Die verskyning met die omgekeerde tiara, wat ontstaan uit `n moerasplant, toon duidelik watter oorsprong alle aardse heerlikheid het. Omdat jy haar ten slotte op `n driepoot sien staan het, gee duidelik die posisie weer, waarin alle aardse mag en prag, glans en heerssug ten opsigte van die suiwer hemelse bevind. Die driepoot stel die wankelbare basis voor waarop dit alles berus. Die eieliefde is die ring van die driepoot; die pote is valsheid, lis en bedrog. In die tiara sien jy bloed en skandalige wurms, wat alreeds vir jou uitgelê is. Slegs die sewekoppige dier het nog vir jou onduidelik gebly. Jy hoef egter alleen maar volgens die beginsel van die analogieë te werk te gaan en jy sal maklik tot die egte beskoulike betekenis kom van wat die beeld wil sê. Probeer dit maar. Ons almal sal jou daarmee help!

[6] As jy dit ontsyfer het, sal die Heer ook Syne doen. Ja, ek sê jou; dit hang nou daarvan af hoe jy hierdie dinge in jou groot liefde sal bevat. Soos wat jy, en soos ons, in ooreenstemming met jou, die saak sal begryp, so wil en sal die Heer handel! Voer jou opdrag daarom baie goed uit, want die heil van die wêreld hang nou van jou insig af!

[7] Helena is stomverbaas toe Robert haar meedeel dat die heil van die wêreld nou van haar insig afhang, betreffende die sewekoppige dier. Sy wend haar daarom dadelik na My en vra: "O Heer, my hemelse soet liefde, is dit wel waar wat ons wyse Robert my nou net meegedeel het?"

[8] Ek sê: "Ja sekerlik! In `n profesie wat hom in die hande van die Indiërs bevind, een van die oudste volkere van die aarde, staan: "Kyk, julle sondige mensegeslag! Dit was `n vrou wat die wêreld in die verderf gestort het, en weer sal dit `n vrou wees, deur wie die wêreld `n groot genade gegee sal word! Ten slotte sal dit weer `n vrou wees deur wie die wêreld geoordeel sal word. Maar dit sal by die vrou lê, en van haar insig afhang, of dit vir die lewe of die dood sal wees! En sien, jy is nou juis daardie bedoelde vrou, waaroor die oeroue openbaring spreek! Doen daarom jou bes, anders sal dit met die aarde sleg gaan!"

[9] Helena sê: "Og nee, nee, dit is tog nie moontlik nie! Dit sal vir my ook geen saligheid wees nie, egter net `n groot smart. O Heer, skeld my kwyt om hierdie beslissing te neem, want ek sal nie daarvoor kan instaan of dit goed of sleg gaan uitval nie!"

[10] Ek sê: "Liefste Helena, jy ken reeds My groot liefde vir jou, maar jy weet ook dat daar by My, naamlik hier in die ryk van die lewe, lig en ewige onomstootlike waarheid, niks ongedaan gemaak kan word van dit wat Ek eenmaal uitgespreek het nie. Daarom sal jy tog moet doen wat Ek nou van jou verlang. Want sien, as ek onagsaam sal wees in My uitsprake en beslissings, watter orde en watter aanskyn sou die hele skepping in `n baie kort tyd dan nie kry nie?! As Ek slegs één sekonde sou nalaat om al die geskapene volgens My idee onwrikbaar vas te hou, sal alles uit sy voeë raak en alle vorme en gestaltes sal oorgaan in wolkagtige, hoogs veranderlike en vinnig verganklike drogbeelde. Maar juis omdat Ek meer as jy kan begryp en onveranderlik bly, bly alle geskape dinge en wesens in die hele oneindigheid ook altyd dit waarvoor en soos hulle eens gevorm was.

[11] Ek het dit egter nou vir hierdie tyd bepaal en het jou uitverkies. Daarom moet jy uit suiwer liefde vir My dan ook dit doen wat Ek van jou verlang. Daardeur sal jy jou eers volledig selfstandig en vry in jou lewenssfeer ontwikkel en in die vervolg, soos vanuit jouself, onafhanklik teenoor alle vreemde invloede kan staan!

[12] Want alles wat Ek hier van julle verlang, gebeur nie soseer ter wille van die materiële wêreld nie, wat tog al klaar geoordeel is, maar meer vir julle, sodat julle almal werklik vry mag word en in staat sal wees om van die hoogste vreugde en saligheid te geniet! Wel hang ook alle bedrywigheid op aarde in elke opsig hiervan af, omdat hier die kern en die wortel lê van al die ontstaan en bestaan. Maar desondanks werk ons tog nie hier vir die aarde nie, maar vir die hemele!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205