Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 116

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Misvorming van die suiwer leer van God as gevolg van die vrye wil van die mens. Die einde van die lankmoedigheid van die Heer.

116 Die spreker sê: "Vriend, ons sien nou in dat die goddelike leer van Christus wel `n egte goddelike leer kan wees en sekerlik ook is, hoewel dit deur Rome op die mees afskuwelike manier misbruik is. Ons sien egter nog nie in, hoe die Heer dit kan toelaat dat hierdie kerk, wat in die eerste tye tog suiwer apostolies was, die laaste eeue so in diskrediet gebring is, dat sy volgens die suiwer betekenis van die evangelie, glad geen kerk meer is nie! Haar Latynse gebrabbel, haar gebiegtery, haar misoffer en allerhande heilige "nonsens" en veral teen die natuur indruisende selibaatskap is tog verskynsels, waaroor mense in hierdie tye selfs lag, om maar nie eers te praat oor die ander, dom kerklike gebruike nie. En so `n enorme malhuis word geduld deur die Heer, wie se leer `n sentrale sonlig moes gewees het vir die mense op aarde. Kyk, dit is die duidelikste kern van die saak! Vriend, gee vir ons `n ligstraaltjie daaroor!"

[2] Bruno sê: "Beste vriende, die rede waarom die Heer dit kan toelaat, moet julle soek in die heilige besef van die noodsaaklike vryheid van die menslike wil, waarsonder die mens geen mens sou wees nie, maar slegs `n dier of outomaat. Omdat hy egter, om mens te wees, `n volkome vrye wil moet hê, as gevolg waarvan hy kan doen wat hy wil, is dit daardeur ook duidelik, dat dit hom ook met betrekking tot die goddelike leer, ook al is dit hoe onsuiwer, geoorloof moet wees om dit wel aan te neem of nie aan te neem nie! Aangesien die mens egter die reg gehad het, was dit dan ook moontlik dat daar mettertyd `n duistere pousdom uit die suiwer leer van Christus kon ontwikkel!

[3] In die tye van die apostels was daar immers al mense, wat sake wou doen met die wonderleer van Christus; ja, Christus self het een daar by Hom gehad wat Hom vir geld verraai het! Waarom sou daar in die later tye dan geen massas handelare hulle kon aanbied, wat die leer van Christus misbruik, soos `n geduldige koei, wat sonder baie kragvoer `n enorme hoeveelheid melk gee! Omdat geldsugtige mense dit egter al te goed ingesien het, het hulle van die goddelike leer `n verkoopsartikel gemaak, daarmee handel gedryf in al die lande van die wêreld en het so goeie sake gedoen. Dit was al die eerste boosheid. Toe die kooplui egter, (Roomse geestelikes van diverse vere) sien, dat hulle artikel in sy suiwer geestelike vorm, nie meer so gretig gekoop word nie – veral nie by die pronk- en seremonie liefhebbende Asiate nie, pas hulle gou hulle koopware so aan, dat dit gou by die môrelandbewoners (Oosterlinge) in hulle smaak sou val! En kyk, die nuwe handel begin weer goed te loop!

[4] Uit hierdie handelsperiode dateer hoofsaaklik die brutale snoei van die suiwer leer van Christus, die uitvinding van die vagevuur, die aflate, die broederskappe en dergelike sake meer. Ook die kruistogte, wat vir die listige kooplui baie winste opgelewer het, hoort tot hierdie periode. In latere tye, toe die mense begin insien tot wie se nut die Roomse aflate so sterk aangeprys word en met soveel energie ontgin word, besef die mense dat die skreiende bedrog `n bietjie ingeperk moet word. Die mense het ook agtergekom dat die Roomse kooplui met die Sarasene in `n nuwe sakeverhouding gestaan het en dit getrou meegedeel as hulle weer deur `n kruistog besoek sou word, waardeur die goed ingeligte Sarasene steeds gemaklik moes wees om die blinde kruisvaarders so doeltreffend as moontlik te ontvang.

[5] Toe die mense agter al die bedrieërye kom, werp die mense hulle op die mistieke, of eintlik die swart kuns, rig bedevaartsoorde op met wondergewende beelde, omhul hulle met Latyn, produseer wonderwerkende relikwieë en bou groot tempels met baie wonderaltare. Daarmee dryf die mense handel tot op hierdie uur! Omdat die mense teenwoordig egter heeltemal op hoogte is van die praktyke van die pape, en self geen respek meer het vir `n geestelike nie, was die kooplui aan die einde van hulle Latyn. Hulle weet toe nie meer hoe hulle dit moet aanpak om vir hulle sterk bedorwe ware `n winsgewende afset te vind nie.

[6] Maar vriende, hierdie keer sal dit nie meer slaag nie. Die Bybelse en ander verklarende geskrifte is nou te veel onder die volk verspreid. Ook het die kooplui openlik laat sien, dat hulle oral oor vir geld te huur is! En so het selfs Maria, wat vir `n lang tyd hulle vernaamste steunpilaar was, saam met haar houtgekerfde Christus hulle die rigting aangegee, wat vir die kooplui `n slegte voorteken was! Ek sal my hele saligheid byna verwed, dat sy spoedig voor die volkere sal staan as `n meisie wat haar steeds sedelik en vroom voordoen, om dan uiteindelik as `n vuil miserabele slet betrap te word. Kortom, die kooplui sal hulle handel sterk moet verminder, wat egter ook weer `n argument teen hulle sal wees.

[7] So sal die Heer dan Sy leer op die regte tyd suiwer op `n manier, wat iedereen se skille van die oë sal laat afval. Alles bymekaar geneem, skaad dit niemand nie, wanneer hy in naam nog by die Roomse hoort, want ek kan julle almal verseker, dat die Heer die Roomse lammers baie liefhet. Maar wat tot nou toe nie gebeur het nie, staan nou voor die deur!

[8] Daarom, alle eer aan Hom alleen, wat Syne so sag en teer lei soos `n hen haar kuikentjies. Ek dink dat julle nou, wat die Roomse betref, volledige duidelikheid gekry het. Wend julle nou alleen tot Christus, sodat julle vir ewig die volste lig mag kry!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205