Van die Hel tot die Hemel - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151.

Uiterlike rus, innerlike onrus. Wat is die lewe? Verlange na rusgewende geloof lei tot gebed. Die gedagte aan vrou en kinders.

6 Na hierdie woorde word Robert heeltemal stil en rustig met sy mond, maar des te aktiewer in sy hart. Dit vererg hom alweer, omdat hy daardeur weer des te meer lewe en `n vollediger bewussyn in homself gewaar word. Hoe rustiger hy word, des te groter word die innerlike aktiwiteit. Hoe meer hy dit wil onderdruk, des te kragtiger kom dit te voorskyn.

[2] Dit bring hom weer tot `n nuwe soort wanhoop en woede. Want dit word vir hom steeds duideliker dat hy ook op hierdie manier kan lewe, wat vir hom meer as die ander tot `n las geword het, en nie kan kwytraak nie. Daarom begin hy weer te praat:

[3] "Nou sal ek net verduiwels graag wil weet wat die oerdomme lewe nou is, waar jy maar nie vanaf kan kom nie! Ek het tog duisende sien sterf. Hulle het doodgegaan en daar het nie die minste lewenstekens meer oorgebly nie. Ontbinding was die absolute einde van hulle bestaan. Hulle kon tog onmoontlik nog enige bewussyn gehad het nie. Of sou hulle dalk buite hulle liggaam ook nog `n lewe hê soos die van myne?

[4] Ek kan nie doodgaan nie. Wie hou dan die hinderlike lewe van my in stand? O, jy, wat my laat doodskiet het! Jy het my nie dood, maar lewend laat skiet! As jy, wat medepligtig is met al my vyande, sulke resultate sal behaal soos by my, spaar maar die moeite. Want jy wou by my afneem, wat jy my nooit kan teruggee nie. Maar hoe lag ek jou nou uit! Want ek, wat jy wou laat doodmaak, ek leef! Maar jy wat meen dat jy leef, is nou meer as tien keer doder as wat ek is, jou slagoffer!

[5] Eintlik sal dit alles vir my goed wees, as ek maar net `n sprankie lig gehad het. Maar die totale duisternis mog die duiwel gaan haal!

[6] Gestel dat ek ewig in hierdie situasie moet bly? O, vervloek! Gestel dat ek miskien tog al `n gees is? Dan sou dit `n verduiwels mooi ding wees! Nee, dit glo ek nie; daar kan tog nie `n ewige lewe bestaan nie. Tog kom dit al lankal eienaardig voor, dat ek in die duisternis bly. Daar moes tog wel al `n paar jaar verloop het. As daar maar net lig was, lig, dan sal dit alles vir my goed wees!

[7] Ek moet openlik toegee, dat ek nou liewer so `n dom vent sou wil wees wat glo in die Seun van God en in die hemel, en bowendien natuurlik in die ewige dood, in die duiwel, en die hel, en met `n geruste gewete in die bygeloof sterf, as om my as verstandige mens hier heeltemal sonder lig te bevind! Maar wat kan ek daaraan doen? Ek soek steeds die waarheid en glo om haar ook te gevind het. Maar wat het jy daaraan as daar geen lig is nie?

[8] Die beste by my is en bly my standvastigheid en volkome vry wees van angs. Want as ek `n bangjan sou gewees het, dan sal ek volkome wanhopig word in hierdie toestand. Maar nou is alles vir my om`t ewe!

[9] My vrou en kinders begin nou trouens ook my hart `n bietjie in beroering te bring. Die arme mense sal oor my treur en groot sorge oor my hê. Maar wat kan ek in hierdie situasie vir hulle doen? Niks, heeltemal niks! Bid, dit sal ek wel kan doen, maar tot wie en waarvoor? Die beste wens vir hulle is in my hart tog `n opregte gebed, wat hulle sekerlik nie sal skade aandoen nie, ook al kan dit ook nie help nie. Ek ken egter geen ander gebed as die welbekende Roomse "Onse Vader" en "Wees Gegroet" en hoe een rits ander hol frases ookal mag heet! Daarvoor kan ek egter my goed ontwikkelde familie sekerlik bedank. Maar hulle sal onmoontlik ooit kan weet wat ek hier doen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205