Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die aanleiding tot die sondvloed

11 "Mense kla God nog altyd aan en sê: 'Hoe kon God `n alles verstikkende sondvloed oor die aarde laat kom en hoe kon Hy die mense in Sodom en Gomorra vernietig het?' O, dit was baie eenvoudig! Want waarom sou Hy, aangetaste vleesklonte wat van lewe voorsien is, nog langer op die aardbodem laat uitspruit, as hul siele so ver van die ou orde van God verwyder geword het dat by hulle selfs die laaste spoor van bewussyn van hul eintlike identiteit deur pure sorg vir die vlees, verdwyn het!?

[2] Kan die siel van die mens hom nog sterker met die vlees verbind as by mense waarvan die siel nie net geen enkele besef meer van die Gees van God het nie, maar haarself uiteindelik so dikwels verloën dat sy selfs in volle erns haar eie bestaan begin te ontken en nie meer oortuig is daarvan dat sy wel bestaan nie!?

[3] Ja, as hierdie toestand eenmaal by die wêreldse mensdom ingetree het, het die mens ook heeltemal opgehou om mens te wees. Hy is dan slegs `n instinkmatige, verstandige dier en glad nie verder in staat tot enige verdere ontwikkeling van die siel en die gees nie. Daarom moet die vlees gedood word en vergaan, tesame met die té vaste vlees verbonde siel, sodat daar miskien na talle duisende jare `n heeltemal vry van die vlees geworde siel weer die weg van haar eie ontwikkeling en selfstandigwording sal kan volg, hetsy nog op hierdie aarde of op `n ander.

[4] Dat daar nou egter al weer baie mense is wat deur hul oorgrote sorg vir die wêreld en hul liggaam niks meer van hul eie siel af weet nie, dit kan julle deels by julleself, en deels by die Sadduseërs en vir die grootste deel by alle mense sien. Want niemand weet meer wie en wat die siel is nie! Mense gebruik die woorde wel en sê: 'By my siel, en 'in my siel’, maar as `n mens iemand dan daarna vra en sê: 'Vriend, wie en wat is die siel dan?', dan is die gevraagde radeloos!

[5] Maar as die siel haarself eenmaal nie meer ken nie en uiteindelik heeltemal vergeet het wat en hoe sy is, dan hou alles op! Vir God bly daar dan niks oor as om die aardbodem opnuut bloot te stel aan die ou handeling van die verdelging van mense nie, nou eers in sterker, en dan weer in minder sterke mate, afhangende van die stand van sake by die mense en of hulle nog iets of glad niks meer van hul gees en hul siel af weet nie.

[6] Hierdie suiwer wêreldse- en vleeslike mense sien dikwels uiterlik baie mooi en aantreklik daar uit, veral die vroulike geslag, wat heel verstaanbaar is deur die altyd groter eenwording van hulle siele met die vlees. Maar daardeur word sulke mense ook swak en baie ontvanklik vir alle slegte, fisiese indrukke. Hul liggame word maklik siek en die geringste kontak met `n besmetlike siekte is dodelik vir hulle, terwyl mense wat `n vrye siel en daarin `n vrye gees het, alle gifstowwe op aarde oor hulle heen kan laat kom sonder om ook maar die geringste skade te ly. Want `n vrye siel met `n vrye gees daarin het krag en middele in oorvloed om elke swak vyand kragdadig te bestry, terwyl `n siel wat in alle lewensuitinge aan haar vervloekte liggaam vasgeketting is, na `n hande en voete gebonde reus lyk wat hom selfs nie teen `n lastige vlieg kan verweer nie en moet duld dat `n swakke dwerg hom heel op sy gemak, maar des te pynliker, met `n mes die kop van sy lyf afsny."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205