Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die wonder van die esel

56 Toe rig Suetal hom tot Ribar, terwyl hy hom aan sy mantel trek en sê: "Ribar, die vraag en die onderwerp waaroor dit hier gaan, is uiters belangrik, veral vir ons Judeërs. Miskien kan jy ons daaroor uitsluitsel gee, omdat jy na my wete geen totale leek op die gebied van die Skrif is nie. Kyk, alle groot beloftes vanaf - sê maar - Adam tot byna aan ons tyd, ken ons. Volgens hierdie sekerlik nie uit die lug gegrepe beloftes, verwag ons `n Messias wat by name die Judeërs, as die ou volk van God, sal bevry van alle moontlike liggaamlike en geestelike kwale! Wel, die dade van die beroemde Verlosser het ons met ons eie oë gesien en nog meer het ons uit die mees onlangse ervarings van oog- en oorgetuies met ons eie ore gehoor wat Hy alles doen en gedoen het. My vraag is of God Self, neerdalend uit Sy hoogste hemele op die aarde, méér en wonderbaarliker dinge sou doen as die Verlosser uit Nasaret! Die antwoord op hierdie vraag kan alleen maar 'Nee' wees.

[2] Ongeveer drie weke gelede het mense ons `n grondig hernude huis getoon, wat nou ook aan `n geneser - ek meen dat hy Joab of so iets heet - behoort. `n Mens beskou dit as iets buitengewoons omdat die Nasarener dit in `n oogwink, slegs deur dit te wil, letterlik uit `n hoop klippe opgebou het.

[3] Mense vertel ons tewens van `n koopman uit die omgewing van Sigar wie se huis ook op `n soortgelyke wyse vergroot is en pragtig gemeubileer is.

[4] Die genesingsverhale uit Genesaret ken ons eweneens. Almal van ons het die geneesde broer van ons metgesel uit die berge in die omgewing van Genesaret persoonlik gesien en mee gepraat. Nou het ons die buitengewone genesing van die vyf besetenes wat gister saam met ons gereis het so goed as tesame aanskou. Die onbegryplike wysheid van Mathael, wat nou tesame met sy metgeselle met hoofman Julius en nog `n hoë Romein `n gesprek voer, staan ons daarvoor meer as verseker borg!

[5] Nou kom die twee wonders deur `n - sê maar - leerling uitgevoer, nog daarby. Die vraag is dan: Gee dit alles ons nie die reg om aan te neem dat die Groot Verlosser uit Nasaret die beloofde Messias is nie? - Wat dink jy daarvan?"

[6] Ribar sê: "Ja, ja, jy sou bes moontlik gelyk kan hê! Weet jy, so heel in die geheim loop ek ook al met hierdie gedagte rond, soos `n swanger vrou met haar vrug. Maar dan word dit dubbel so moeilik, sowel ten opsigte van die tempel as van die Romeine, vir wie so `n egte Messias van die Judeërs, soos hy voorspel is, seker baie ongeleë sou wees. Die tempel bereken weliswaar die koms van die Messias, volgens kabbalistiese berekening, uit wyse voorsorg eers ten minste oor `n paar duisend jaar. Dit sou, noudat dit so goed met die tempel gaan, heeltemal geen Messias kan gebruik nie. Maar die Romeine sou hom kennelik liewer aan hulle kant wou hê as aan die Judese kant!

[7] Daarom is ek nou duidelik van mening: In stilte moet `n mens maar glo wat `n mens wil met betrekking tot die Beloofde, maar `n mens moet jou mening nie eerder openlik uitspreek vóór hierdie saak nog duideliker uit die doeke gelaat is nie! Nóu sal jy met hierdie geloof sowel van die een as van die ander kant aansienlike moeilikhede kon kry. Origens is jy met jou mening en jou beredenering nie op die verkeerde nie, maar volgens my mening en my geheimste gedagtes op die goeie spoor, maar, beste vriende, dit moet in ons eie belang voorlopig beslis nog streng onder ons bly!

[8] En jy, broer Suetal! - let jy eers goed op na die jong leerling met sy wonders! Wat is nou weer sy plan? In die eerste plek gaan hy gladnie na sy eie mense terug nie en ten tweede staan hy ons ietwat kwajongagtig, fyntjies glimlaggend en aankyk asof ons `n stel onnosele domkoppe is. Wat besiel hom tog? Kyk maar, nou draai hy hom selfs om en staan gewoonweg in sy vuiste en lag! As die jongeling maar nie so ontsettend almagtig was nie, sou ek hom tot verantwoording geroep het, maar met so `n mens is niks aan te vang nie. Hy sou ons vir die grap in `n harige esel kon verander, en hoe sou jy daarvan hou?"

[9] Toe sê Rafael terwyl hy hom omdraai en nog meer lag, en hy met My toestemming `n oergesonde esel langs Ribar neersit: "Kyk, net soos wat daar nou régtig één langs jou staan!"

[10] Ribar kyk om hom heen, skrik geweldig en sê na `n oomblik van toenemende verbasing en skrik: "O, o, o, wat is dit nou?! Waar kom hierdie vet gevoerde esel dan nou skielik vandaan?"

[11] Rafael antwoord: "Daar waar die vis vandaan gekom het! Maar nou vra ek jóu wat die rede is waarom julle my steurend vind? Het ek julle dan enige kwaad aangedoen?"

[12] Ribar sê: "Beste, en tewens mooiste, jong vriend! Weet jy, jy is vir ons té magtig en daarby sien jy `n bietjie kwajongagtig daaruit. Daarom het ons so `n respek vir jou, en in jou nabyheid voel ons baie angstig en bang! Maar omdat jy nou eenmaal hier is, en nie na jou eie groep toe wil teruggaan nie, moet jy maar nader kom en eers aan ons beskryf hoe die groot, goddelike Heer uit Nasaret daar uitsien. Want deur die onbegryplike wonders wat jy vir ons gedoen het, word ons siele niks wyser nie! As jy net so goed kan praat, en daar twyfel ons nie aan nie, as wat jy goddelike wonders kan doen, open dan jou mooi mond en beskryf Sy uiterlike!"

[13] Rafael sê: "As ek mag, sou ek dit ook baie graag wou doen, maar ek mag ondanks al my almagtige krag, wat die Ewige Heer van alle dinge aan my gegee het, nie die aap vóór die tyd uit die mou laat nie.

[14] Dit het vir julle, en vir jou by name, aanstoot gegee dat ek straks noodgedwonge vir julle moes lag. Ek verseker julle dat daar gewis geen sogenaamde kwajongagtigheid daaragter steek nie. Daar doen hom naamlik dikwels geleenthede voor by die sterflike mense, veral by hulle wat nog in `n soort skemering loop, dat `n heeltemal verligte gees, so ongeveer soos wat ek een is, tog ietwat moet glimlag. Ek, byvoorbeeld, moet nog altyd `n bietjie glimlag as mense, wat hulleself as baie wys en verstandig beskou, in `n bos bymekaar staan en uiteindelik as gevolg van die bome nie meer die bos sien en ook nie meer herken nie! Ja, vriende, as ek so iets teëkom, moet ek lag en kan nie daarvoor help nie.

[15] Ribar sê bietjie verbaas: "Staan ons dan nou miskien ook in `n bos en sien ons nie die bos deur die bome nie?"

[16] Rafael sê: "Liggaamlik nie, maar geestelik wel en daarom moes ek lag. Sê my eers, waarom is julle dan so bang om kennis te maak met die groot Heer uit Nasaret?"

[17] Suetal antwoord hierdie keer: "Kyk, beste, wyse leerling van die groot Heer, ons het aan hierdie vriend hier, wat jou hierheen geroep het, presies vertel waarom ons dit meer geraadsaam vind om nie persoonlik met Hom kennis te maak nie en by hierdie, gladnie so slegte wens van ons, moet dit ook bly!

[18] Jy staan vir ons arme sondaars al veels te hoog en daarom voel ons onsself gladnie op ons gemak by jou nie. Van jou wysheid en kennis kan ons onmoontlik ook maar net `n greintjie besef van hê, en daarom kry ons `n baie wonderlike gevoel in jou geselskap. Maar wat is `n leerling vergeleke met sy Heer? As jy as jongste leerling van die groot Heer al sulke ongehoorde wonders kan verrig, wat sal jou Mééster dan nie alles kan doen nie?! Ons voel ons al gladnie op ons gemak by jou nie, hoe moet dit dan by die groot Heer wees?! Ons sou dit gladnie kan uithou nie! Voorlopig hou ons dit dus daarby om nie persoonlik met die groot Heer kennis te maak nie.

[19] Sy leer kan ons alleen maar help, waarvan ons die hooftrekke reeds van hierdie vriend hier verneem het. Daarmee is ons voorlopig ook heeltemal tevrede. As ons eenmaal, deurdat ons onsself so goed as moontlik aan die goddelike suiwer leer sal hou, meer volmaak sal word as wat ons nou is, sal dit sekerlik vir ons die grootste saligheid ooit wees om ook persoonlik met die groot Heer kennis te maak. Maar skenk die esel wat hierheen getoor is aan ons gasheer hier, want ons het verder niks om hom vir dit wat ons geniet het te kan betaal nie!"

[20] Rafael sê: "Wel, skenk julle hom maar die kerngesonde lasdier en die vis, want beide diere is tog vir julle geskape!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205