Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die wese van die Heer

227 My leerlinge slaap nou eers, ook die Romeine was moeg. Elkeen maak van sy hand `n hoofkussing, leun op die tafels en slaap soos op die sagtste bed. Murel en Philopold gaan egter nie slaap nie maar trek hulle ietwat terug en gebruik hierdie tyd om alles wat daar voorgeval het, te bespreek.

[2] Ook Mathael voeg hom by die twee en sê: "Ek kan nou onmoontlik slaap na alles wat ek hier alles gedurende hierdie twee opeenvolgende dae beleef en gesien het nie. Dink julle eers in, drie dae gelede was ek nog besete deur `n legioen duiwels en, hoewel onbewus, so ongeveer die mees gevreesde straatrower!

[3] Waar mense vermoed het dat ek daar was, durf geen karavaan langs trek nie en wie in my hande geval het, het verseker sy eensame weg nie onbeskadig verder gegaan nie! En nou is ek die skoonseun van koning Ouran en mederegeerder oor die groot land van die Pontus tot aan die ryk van die Skitiërs! Die ryk strek hom uit oor `n groot gebergte van die Pontus tot aan die Kaspiese see. - Is dit nie `n wonder bo wonder nie?! Ja, hier gebeur dinge waarvan geen mens êrens anders op aarde hom `n voorstelling kan maak nie!

[4] Maar daar bly nog `n belangrike vraag oor, en dit is baie eenvoudig: Sal die mense dit verstaan en dit suiwer bewaar, die wat ruimtelik baie ver van hier af lewe, of die wat na hierdie tyd sal lewe? Want ook al is die leer op sigself so suiwer en waar, mense sal wel glo dat dit van `n groot profeet afkomstig is, - maar om te aanvaar dat God Sélf in vlees en bloed dit vir die mense geleer het, sal `n moeilike en wankelrige geloofspunt word, des te meer omdat Hy so te sê `n natuurlike seun van `n sekere Maria is, wat later die vrou van `n timmerman met die naam Josef geword het! En dit is nou al ruimskoots by die volk bekend en dit sal dus ietwat moeilik wees om juis die volk die bepaalde gevoel van menswees met betrekking tot die Heer te gee, hoewel daar in ons seker geen twyfel meer daaroor bestaan nie.

[5] Ons is ten volle daarvan oortuig dat daar aan Hom niks natuurlik menslik kleef as slegs die uiterlike vorm nie. Liggaam, siel en gees is God! Want mens kan sondermeer sê: Die volledige godheid is ook liggaamlik in Hom! Want Hy hoef maar net iets te wil en dan gebeur dit ook oombliklik.

[6] Die grootste en tasbaarste bewys vir Sy goddelikheid lê egter in Sy woord en in die altyd ten dienste staande engel, wat ten aanskoue van alle aanwesiges dade verrig wat vir elke sterfling nog onverklaarbaarder is as Philopold se uitleg oor die wêreld van die vaste sterre.

[7] Kortom, voor ons dit gesien het, is dit oorduidelik die heiligste en buitengewoonste, want ons het oortuigende bewyse in oorvloed!

[8] Maar dit sal nie oral en nie altyd so kan wees nie. Ek merk hier egter al, dat dit vir baie mense ondanks alle oorstelpende bewyse nog altyd moeilik is om die goddelike wese van die Heer in te sien en te verstaan. Ek sê dan ook dat die verklarende woord altyd meer wonders doen, met betrekking tot die herken van die Heer en Sy suiwer goddelike Glansrykheid, as die opvallendste wonders. Die rede skyn hierin te lê: Aan die egte of namaakwonders, wat altyd raaiselagtig is, is mense in ons tyd al so gewoond dat dit eintlik glad geen uitsonderlike verbasing meer oproep nie.

[9] Veral sedert die ongeveer sestig jaar wat die Romeine oor ons heers, het dit feitlik gewemel van magiërs en wonderdoeners! Die mens wat onervare en onbedrewe in die geheime magie is, gooi nou egte en namaakwonders baie maklik op één hoop, maak geen verskil tussen werklike en namaaksels nie - en kan dit ook nie doen nie omdat alle elementêre kennis hom daarvoor ontbreek. Dit is dan ook die eenvoudige rede waarom `n wonder nooit so `n effek sal kan hê as `n duidelike woord nie.

[10] Kortom, deur die menseverstand op die regte manier op te wek, bereik `n mens duidelik meer as deur watter wonder dan ook al!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205