Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Twee soorte liefde tot die Heer

93 Helena sê: "Ja, ja, dit is weliswaar nog altyd ietwat skemerig, maar die geheel word tog al meer verstaanbaar en ek hoop dat dit vir my mettertyd nog steeds meer verstaanbaar sal word. Maar vertel ons eers, beste vriend, hoe gebeur dit nou dat ek u groot Een nou nog steeds sterker liefhet, terwyl my hart geen pyn voel nie? Want sedert ek, deur u, verseker weet dat sulke liefde geen sonde is nie, maar slegs `n bowenal noodsaaklike deug van elke mens teenoor God, veroorsaak die nou baie sterker liefde beslis geen pyn meer in my hart nie, en alle benoudheid op my bors is asof weggeblaas! O sê tog vir my wat die oorsaak daarvan kan wees!"

[2] Mathael sê: "Maar liefie, dit is tog óór duidelik! Vroeër het jy met `n groot angs geleef omdat jou hart liefde vir `n god gevoel het wat, volgens julle dwase godsdiens, as baie verwerplik voorgestel word. Maar nou het jy geleer om julle ou dwaasheid duidelik in te sien en het aan die bron die wil van God herken en nou sien jy dat so `n liefde die eerste en grootste deug van `n mens moet wees. Dan kan jy tog maklik verstaan waarom jou liefde geen pyn meer in jou hart veroorsaak nie, maar noodsaaklikerwys slegs die volslae teendeel! - Kan jy dit dan nie self verstaan nie?"

[3] Helena sê: "O ja, nou begryp ek dit wel, maar sonder hierdie uitleg sou dit nog lank nie vir my heeltemal duidelik geword nie! Ag, nou is alles reg!"

[4] Mathael sê: "Wel, as alles in orde is, dan sal jy ook nie meer baie te vra hê nie. Die regte groei van die liefde in jou hart sal die res wel doen. Maar geniet dan nou ook van hierdie heerlike dag, wat die Heer deur Sy eindelose Liefde, Wysheid en Mag ons ekstra gee. Want daar sal later na ons weer duisende ydele jare verbygaan, sonder dat die mense die glansrykheid van so `n dag sal sien!"

[5] Ouran sê: "Dit is `n ware woord, edele vriend. So `n avondlike verlenging van die dag is buitengewoon wonderbaarlik en in `n hoë mate gedenkwaardig! In die môre sou so iets minder opgeval het omdat, veral in die omgewing van Pontus, mense al meermale waargeneem het dat, nie selde een, twee of drie sonne na mekaar vóór die egte son opkom en die oggend aanmerklik daardeur vervroeg word. So `n oggendlike verskynsel was ook baie interessant en merkwaardig, maar tog in die verste verte nie so soos die avondlike verlenging nou van die dag deur `n stralende son wat die aan die uitspansel bly staan, wat heeltemal lyk soos die natuurlike son. Ja, ja, so iets het na my wete nog nooit voorgekom en sal waarskynlik ook nooit weer voorkom nie!

[6] Maar die merkwaardigste van hierdie verskynsel is tog eintlik die sigbare sterre in die ooste, terwyl hierdie in `n sekere sin goddelike kunsmatige son tog niks swakker skyn as die natuurlike nie. Sê my eers, beste vriend, is dit werklik die natuurlike sterre, of is dit miskien ook skynsterre!? Dit is weliswaar lankal tyd dat die sterre aan die hemel sou moet kom, maar waarom slegs in die ooste, en waarom nie aan die hele uitspansel nie?"

[7] Mathael sê: "Vriend! Daar is eintlik vandag al `n keer oor gepraat, maar dit sou jy nie gehoor het nie, daarom sal ek dit vir jou, so goed as wat ek dit kan, uitlê."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205