Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248.

Die vryheid van die menslike siel

17 "Kyk, jy is die verantwoordelike persoon vir alle wette, alle mag en alle gesag van Rome in die hele Asië en `n deel van Afrika en tog bepaal My wil hier of die misdadigers veroordeel of vrygelaat moet word en teen My wil kan jy niks doen nie.

[2] So sou Ek ook alle mense in die wêreld deur My wil kan dwing om goed te doen, maar dit sou tewens `n oordeel wees waardeur die vrye mens `n masjien sou word.

[3] Tog is jy geen masjien nie, omdat jy kan insien dat wat jy op My aanbeveling doen, heeltemal volgens die orde van God en dus korrek is; en as jy iets nie verstaan nie, dan vra jy daarna en tree dan volgens jou eie insig op. Dit is dan geen dwang van buite af nie, maar van binne af en hoort heeltemal tot die vrye lewensorde.

[4] Want as My wil jou dwing, is jy `n gebonde slaaf, as jou eie wil jou egter dwing, is jy vry; want jou wil doen voortaan dit wat jou verstand, die lig van die oë van jou siel, as waar en goed insien! Maar met die wêreld sou dit anders gegaan het as sy gedwing moes word om My wil na te volg; sy sou vooraf nie kon besef wat maar goed en waar is nie en haar manier van doen sou dan gelykstaan aan die van diere en sou eintlik nog minder as dit wees. Want die dier staan op so `n trap dat `n dwang wat in sy aard ingeprent word, geen verdere morele skade aan sy siel sal kan veroorsaak nie, omdat die siel van `n dier nog lank nie onderhewig is aan `n vrye morele wet nie. Maar die siel van die vrye mens sou deur `n innerlike, meganiese dwang in haar wese, baie groot skade ly, omdat die dierlike wat onder die oordeel staan, heeltemal in teenstelling met haar vrye sedelike natuur sou wees.

[5] Hieruit, my liewe Cyrenius, kan jy nou hopelik baie duidelik sien waarom Ek altyd uitwyk voor diegene wat My vervolg het en waar moontlik maar self uit die weg gaan, nie om My teen hul onmagtige woede te beskerm nie, maar om hulle, wat ook My blinde en dwase kinders is, van ewige ondergang te behoed.

[6] As Ek egter êrens mense sien wat My vervolg, maar wat tog wel `n beter aard het en deur `n regte geesteslig die waarheid en die suiwer goeie sal kan herken, dan hardloop Ek nie vir hulle weg nie, maar Ek laat hulle na My toe kom, waar hulle dan voorligting kry, hul nag en oordeel insien en mense word volgens God se orde. `n Sprekende voorbeeld daarvan gee Ek vir jou deur die dertig jong, maar liggaamlik sterk agtervolgers van My gevreesde Persoon. Ek sou hulle sekerlik nie hierheen laat kom het as Ek hulle harte nie deugdelik vir My bevind het toe hulle nog ver hiervandaan was nie.

[7] Die natuurkragte word wel deur My wil gedwing om hulle hierheen te bring, maar daardeur word hul siele nie gedwing nie. Noudat hulle egter hier is, kry hulle onderrig, hul verstand word helderder en hulle sal dan sekerlik in vryheid dít kies waarby hul siel sal baat vind.

[8] Kyk, dit is nou byna sover dat die strale van die son oor die horison sal kom en nog het niemand van julle daaraan gedink om te sê dat hy `n nagrus nodig het nie! Hoekom? Wel, omdat Ek dit so wou hê! Maar ook dit is geen dwang van die siel nie, maar slegs van die materie, wat nou langer as normaal dienste aan die siel moet verleen. Hierdie dwang het Ek hoofsaaklik ter wille van hierdie dertig, julle en Myself opgelê en niemand van julle sal kan sê dat hy slaperig en moeg is nie. Deur ons wakkerbly het ons egter dertig broers op tweërlei wyse gered, liggaamlik en geestelik. Ons moeite en ons wakkerbly is daarom ryklik beloon en sal later nog meer beloon word; `n uiterlike dwang is daarom verseker vir geen enkele siel skadelik nie. As Ek die siele egter met geweld in die regte lig sou geplaas het, dan sou hulle nou as suiwer masjiene daar gestaan het en geeneen van hul handelinge sou méér waarde gehad het as wat die gebruikswaarde van `n masjien of `n werktuig vir homself sou gehad het nie.

[9] Wat het `n mes byvoorbeeld daaraan dat hy goed sny en `n saag, dat hy goed skei? Dit het maar net waarde vir die mens, wat `n vry en kundige bewussyn het en wat kan onderskei wat dienstig, goed en nuttig is. - Wat het `n blinde aan lig en `n lamme aan `n baan om te hardloop? Slegs diegene kan enige nut van iets hê wat ten eerste die nodige selfbesef het en vervolgens alles weet oor die behoefte, die gebruik, die toepassing en die daaruit voortvloeiende nuttige gebruik daarvan.

[10] So is dit dan ook met die geestelike lig. Dit kan en mag vanweë die heilige wilsvryheid van die mense nie heimlik met geweld aan iemand ingegee word nie, maar die lig moet êrens vry neergesit word waar elkeen dit kan sien. Wie dit dan wil gebruik, kan dit ongehinderd gebruik; wie dit nie wil nie, kan dit, sonder om sy vrye wil te skaad, laat staan, soos wat dit ook die geval is met die lig van die son wat die dag aankondig. Wie dit wil gebruik, gebruik dit vir een of ander taak, wie egter tydens die helder daglig van die son nie wil werk nie, kan dit ook doen en niks ter wêreld sal daarvan skade ondervind nie. Want die lig dwing geen siel, wat met `n vrye wil bedeel is, om iets te doen nie.

[11] Ek het genoeg mag om julle insigte te verander en van julle vrye wil `n lasdier wat van alle kante gebonde is, te maak en daardie lasdier sal heel onderworpe rondloop volgens die besturing van My almagsleiding; maar inwendig sal dit dood wees. As Ek julle egter onderrig gee en die regte Lig gee en laat sien, dan het julle daarby die vryheid en julle kan die lig aanneem of negeer. - Verstaan jy dit, My beste Cyrenius?"

[12] Cyrenius sê: "Ja, nou verstaan ek ook dít en ek glo nou dat ek die rede kan insien waarom U, o Heer, hierdie eenvoudige toestand gekies het om die mense te leer oor hul ware bestemming en hoe hulle dit kan bereik. Verder doen U ook nog dinge wat slegs vir U moontlik is sodat die mens daarnaas egter veral in hierdie sake `n kragtiger geloof en `n helderder insig en oortuiging kan kry, waardeur U woorde nog meer gewig en `n intensiewer lig kry. En so geskied alles wat U doen vir die ware heiliging van die lewens van die mense volgens vaste lyne en U handelinge en gedrag kom my byna voor asof U dit al van ewigheid af so voorsien het. Wat dit betref, kan ek My ook vergis, maar dit glo ek byna nie."

[13] Ek sê: "Nee, nee, jy vergis jou gladnie; want `n goddelike orde moet ewig wees! As dit nie ewig sou wees nie, sou dit ook geen orde en geen waarheid wees nie; want `n waarheid moet vir ewig waarheid wees en bly en moet daarom ook van ewigheid af so voorsien gewees het. - Maar nou oor iets heel anders!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205