Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die weetgierigheid van die Romeinse owerste wat tot nadenke gebring is en sy gesprek met Cirénius oor die natuurwette en hulle wetgewer - Die terugkeer van die berg na die huis

(05 Feb 1844)

133 Na `n lang tyd van verbasing bo verbasing oor dit wat gebeur het, het die hoofman Cirénius baie beskeie genader en gesê: 

[2] ”U hoogheid! Ek weet dat u uself baie met die natuurwetenskappe besig gehou het, soos ook verskeie hooghede in Rome dit gedoen het! 

[3] Wat my betref, was ek weliswaar altyd meer soldaat as `n natuurgeleerde gewees, 

[4] maar die hoogs uitsonderlike verskynsel, wat hier voor ons oë plaasgevind het, dwing my tot nadenke. 

[5] Ek kan egter geen ander oorsaak vind as inderdaad in erns alleen maar die wonderlike (mag), wat alleen verklaarbaar is deur die merkwaardige mag van hierdie Judese Kind nie! 

[6] Sou daar werklik in erns geen ander oorsaak te vinde wees nie? Sou daar geen geheime natuurwette bestaan, waarvolgens so-iets ewe goed veroorsaak word soos ook die reën, die hael en die sneeu? 

[7] O, gee my tog `n klein liggie, sodat ek daar ook iets van sou kon verstaan en daar nie `n kous van `n Illiriër oor my kop getrek word nie!” 

[8] En Cirénius het aan die owerste gesê: ”O vriend, dit is nie baie verstandig van jou om jou in hierdie saak tot my te wend nie! 

[9] Want ek verstaan daar net soveel van af soos jy; dat so-iets beslis volgens `n wet gebeur het, is gewis! 

[10] Hoe die wet daar egter uitsien, dit sal wel beswaarlik iemand anders weet as alleen die groot Wetgewer van die natuur! 

[11] Of ons sterflinge egter geregtig is om die groot Wetgewer na die aard van sulke wette te vra, dit is vir my ten minste volkome onbekend.” 

[12] Maar die owerste het gesê: ”Kyk, u hoogheid, daar is immers die wyse Judeër en daar is sy wonderbaarlike Kind en die twee hoogs merkwaardige jongmans, wat vanmôre met hulle glansende klere ons so baie in die war gebring het! 

[13] Wat sou u daarvan sê, as ons ons in hierdie hoogs merkwaardige saak tot hulle sou wend?” 

[14] En Cirénius het gesê: ”Probeer dit, as jy daar genoeg moed voor het! 

[15] Aan my ontbreek dit by hierdie geleentheid daaraan, want ek sien nou heeltemal duidelik dat dit wesens van `n baie ander aard as ons is!” 

[16] En die owerste het gesê: ”Aan moed ontbreek dit my juis nie, 

[17] maar as u hoogheid hierdie mening toegedaan is, dan wil ek tog beslis geen hoogverraad pleeg nie, en stel my tevrede met my onwetendheid!” 

[18] Nou het Josef aan Cirénius gesê: ”Broer, laat nou alles vir die vertrek reël, want die son staan al taamlik laag!” 

[19] Cirénius het dit gedoen en binne `n kort tydjie het die terugtog begin, wat sonder hindernisse verloop het en binne twee uur het hulle die villa weer bereik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205