Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die berou van die verraaier - Die drie leeus het medelye - Goeie raad van Josef - Cirénius se grootmoedigheid en die heerlike uitwerking daarvan op die berouvolle dienaar

(12 Feb 1844)

139 In `n hoek van die saal het egter ook die dienaar gestaan wat verraad gepleeg het en hy het berou gehad oor die misstap, wat hy teen sy meester begaan het; 

[2] maar niemand het aan hom gedink nie, want almal was in diepgaande gesprekke verdiep. 

[3] Die getroue dienaars van Cirénius het in elk geval oral in die huis volop te doen gehad met die rangskikking van die tafels, met die kombuis en met die oprigting en plasing van allerlei versiersels. 

[4] En daardeur het ook die dienspersoneel nie aan hulle baie verdrietige kameraad gedink nie. 

[5] Toe het die drie leeus opeens opgestaan en na die berouvolle dienaar van Cirénius gedraf, hom gelek en deur allerlei gebare op `n sekere wyse hulle medelye te kenne gegee. 

[6] Maronius het eerste gemerk wat die drie leeus besig was om daar met die dienaar te doen en het Cirénius daarop gewys; 

[7] want Maronius was bang, dat die drie wilde diere selfs smaak vir die dienaar sou kon kry. 

[8] Toe Cirénius gesien het in welke merkwaardige situasie sy ontroue dienaar homself bevind het, het hy eers met Josef oor die vergryp van hierdie dienaar begin praat. 

[9] En Josef het gesê: ”Vriend en broer, hier sien jy nou `n voorbeeld van dit, wat ek jou netnou op die trap aangeraai het, toe ek aan jou gesê het dat `n druppel meegevoel beter is as `n hele paleis vol van die strengste geregtigheid! 

[10] Die drie leeus stel aan jou hier `n goeie voorbeeld; gaan daarheen en doen as mens iets beters! 

[11] Vanoggend op die reis van die villa hierheen het ek by een van hierdie dienaars van die Heer verneem, hoe jy hierdie drie diere by jou vrou geprys het. 

[12] Hoe kom dit dan, dat juis hierdie drie diere jou laat sien wat jy dadelik in die begin moes gedoen het? 

[13] Kyk, so onderrig die Heer die mens voortdurend! 

[14] Op hierdie wêreld gebeur niks tevergeefs nie; selfs uit die omwenteling van `n sonstoffie kan jy egte wysheid leer! 

[15] Want dit word deur dieselfde wysheid en almag van God bestuur en onderhou soos die son en die maan van die hemel! 

[16] Soveel te meer kan jy hierdie verskynsel soos `n baie sterk wenk van die Heer beskou, wat jou duidelik sê wat jy moet doen. 

[17] Gaan daarheen en rig die drievoudige arme en diepgesonke man op en verhef `n baie bedroefde en berouvolle broeder weer op! 

[18] Want die Heer het hom nou voorberei om vir jou `n buitengewone getroue broer te word!” 

[19] Toe Cirénius dit van Josef gehoor het, het hy vinnig daarheen gegaan en die dienaar onder sy arms geneem en gesê: 

[20] ”Broer, jy het kwaadwillig teenoor my gehandel, maar daar ek sien dat jy berou het, staan weer op! 

[21] Maar van nou af aan sal jy nie meer as `n kneg, maar as `n getroue broer aan my sy wandel!” 

[22] Dit het die hart van die dienaar gebreek, sodat hy luid begin huil en kla het, hoe hy hom teen so `n edelmoedige mens kon versondig het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205