Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria in die grot - Josef op soek na `n vroedvrou in Betlehem – Josef se wonderlike ervaring - Getuienis van die natuur - Die ontmoeting van Josef met die vroedvrou

15 Toe die rusbed klaar was, het Josef Maria dadelik in die grot gebring en sy het op die bed gaan lê en het verligting in hierdie posisie gevind. 

[2] Toe Maria dus meer gemaklik op die bed gelê het, het Josef aan sy seuns gesê: 

[3] ’Albei julle oudstes moet Maria nou bewaak en haar ingeval haar uur vroeër aanbreek, gepaste hulp gee, veral jy Joël, want jy het deur die omgang met my vriende in Nasaret baie kennis op hierdie gebied verwerf!' 

[4] Die ander drie gee hy bevel om die os en die esel te versorg en die kar ook êrens in die grot, wat taamlik ruim was, in te bring.

[5] Nadat Josef dit alles dus goed gereël het, het hy aan Maria gesê: ”Ek sal nou die berg opgaan en in die stad van my vader in alleryl `n vroedvrou soek en haar hierheen bring, om die noodsaaklike hulp aan jou te verleen!” 

[6] Na hierdie woorde het Josef dadelik uit die grot uitgegaan, daar dit al taamlik laat in die aand was en `n mens die sterre aan die hemel baie goed kon waarneem. (Lukas.2:7; Matthéüs.1:25).  

[7] Maar wat Josef na die verlating van die grot alles wonderbaarliks ondervind het, sal ons weergee met die woorde, waarmee hy self alles aan sy seuns vertel het, toe hy met die vroedvrou wat hy gevind het, na die grot teruggekeer het en Maria reeds gebaar het. 

[8] Die woorde van Josef het dan as volg gelui: ”Kinders, ons staan aan die vooraand van groot dinge! Ek begin nou vaagweg te verstaan, wat die stem my op die aand voor ons vertrek na hier gesê het; werklik, as die Heer - hoewel onsigbaar - nie by ons aanwesig was nie, dan sou die wonderlike dinge, wat ek nou gesien het, onmoontlik kon gebeur het! 

[9] Luister na my! - Toe ek na buite gegaan en weggestap het, was dit asof ek loop en asof ek nie loop nie! En ek sien die opkomende volmaan en die sterre wat opkom en ondergaan en kyk, alles staan stil en die maan verlaat nie die rand van die aarde nie en die sterre aan die westelike rand wil nie ondergaan nie! 

[10] Vervolgens sien ek hele swerms voëltjies op die boomtakke sit; hulle kyk almal met hulle koppies in hierdie rigting en beef asof daar `n groot aardbewing aan die kom was en was nie weg te jaag nie, nog deur geskreeu, nog deur hulle met klippe te gooi. 

[11] En ek kyk weer oor die aarde rond en sien naby my `n groepie werklui, wat rondom `n skottel met voedsel sit; enkeles hou hulle hande onbeweeglik in die skottel en kon geen voedsel uit die skottel neem nie. 

[12] Diegene wat egter al vroeër `n brok uit die skottel geneem het, het dit by hulle mond gehou en kon hulle mond nie oopmaak om dit te eet nie; alle gesigte was omhoog gerig, asof hulle aan die hemel groot dinge gesien het.

[13] Vervolgens het ek skape gesien wat deur herders voortgedryf word; maar die skape het onbeweeglik daar gestaan en die hand van die herder, wat hy opgehef het om die rustende skape te slaan, het in die lug verstar, hy kon dit nie beweeg nie. 

[14] Opnuut het ek `n hele kudde bokke gesien wat hulle snoete bokant die water gehou het en tog nie kon drink nie, want hulle was almal geheel en al asof verlam. 

[15] So het ek ook `n stroompie gesien, wat met `n sterk val van die berg na benede gestroom het en kyk, die water het stil gestaan en nie na benede die dal ingestroom nie! - En so het alles op die aardbodem daar uitgesien, asof dit geen lewe en geen beweging gehad het nie. 

[16] Toe ek daar egter so gestaan of geloop en nie geweet het of ek loop of stilstaan nie, kyk, toe sien ek eindelik weer eens iemand wat lewendig was! 

[17] `n Vrou het naamlik langs die berg na benede reg op my afgekom en my gevra, toe sy heeltemal by my was: ”Meneer, waar wil jy so laat heen gaan?” 

[18] En ek het met haar gepraat: 'Ek soek `n vroedvrou, want daar in die grot is `n vrou wat moet geboorte skenk!” 

[19] Die vrou het geantwoord en gesê: ”Is sy uit Israel?” - En ek antwoord haar: ”Ja, goeie vrou, sy en ek is uit Israel; Dawid is ons voorvader!” 

[20] Die vrou het verder gepraat en gevra: ”Wie is sy, wat in die grot moet geboorte skenk? Is sy U vrou, `n familielid, of `n diensmaagd?” 

[21] En ek het haar geantwoord: ”Sedert onlangs eers voor God en die hoëpriester my vrou; toe sy swanger geword het, was sy egter nog nie my vrou nie, maar word deur die tempel alleenlik aan my sorg in my huis toevertrou weens JaHWeH se getuienis, omdat sy vroeër in die tempel in die Allerheiligste opgevoed was! 

[22] Verwonder u egter nie oor haar swangerskap nie, want wat in haar is, is wonderbaarlik verwek deur die Heilige Gees van God!” Dit het die vrou verbaas en sy het aan my gesê: ”Meneer, sê aan my die waarheid!” Maar ek het aan haar gesê: ”Kom en kyk en oortuig u met u eie oë!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205