Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Skerp woorde van Maria en Cirénius aan Josef - Josef in die noute gedryf en hy roep na die Kindjie

(22 Mei 1844)

212 Maar toe die Kindjie en Jakob buite was, het Maria aan Josef gesê: 

[2] “Luister eers, my liewe eggenoot en vader Josef, soms is jy tog wel ietwat te streng met die Goddelike Kind! 

[3] Wat sou `n mens dan andersins kan verwag van `n gewone mensekind van twee jaar en vier maande?! 

[4] Wie onderwerp so `n klein kind nou aan so `n streng tug? 

[5] Jy is teenoor hierdie Kind van alle kinders so streng met dissipline, asof Hy in God weet alleen watter volwasse ouderdom is! 

[6] Kyk, dit kom my baie onregverdig voor! Al het jy Hom af en toe ook buitengewoon lief, is jy nogtans somtyds so streng met Hom, asof jy geen liefde vir Hom het nie!” 

[7] Cirénius, Jonathan, Tullia, Eudokia en Maronius Pilla het dadelik met Maria saamgestem. 

[8] En Cirénius het vir Josef nog daaraan toegevoeg: “Vriend, ek weet werklik nie hoe jy my somtyds voorkom nie! 

[9] Die een keer leer jy my om in die Kindjie Self die allerhoogste wese van God te erken, 

[10] onmiddellik daarna verlang jy weer van die Kind, dat Hy `n God moet aanbid! 

[11] Vertel my eers hoe dit rym!? As die Kindjie die Goddelike wese Self is, hoe moet Hy dan tot `n God bid? - Lyk so `n eis vir jou dan nie `n bietjie onsinnig nie? 

[12] En gestel dat die Kind nie die Een sou wees waarvoor ek Hom nou sonder enige twyfel hou en altyd aanbid nie, 

[13] dan is ek as `n ware kindervriend van mening, dat jou eis aan `n Kind wat nog in die wieg slaap, tog ietwat dwaas sou kon wees!

[14] Wie sal van `n Kind van twee en `n kwart jaar `n streng gebed verlang?! 

[15] Daarom moet jy dit my maar ten goede aanreken, wanneer ek as heiden aan jou sê: 

[16] Vriend, jy moet met driedubbele blindheid geslaan wees, as jy nie in staat is om die Kindjie altyd op eenderse wyse kan waardeer nie. 

[17] Voorwaar, hierdie keer eet ook ek geen hap nie, as die Kindjie met Sy Jakob Hom nie hier aan my sy sal bevind nie! 

[18] Is dit nie belaglik nie, as jy God die Heer, om die seën oor die spyse smeek, om dan dieselfde God en Heer van die tafel weg te stuur, omdat Hy nie gebid het soos jy gewoond is nie?! 

[19] Daarom het die Kindjie jou sekerlik ook gevra tot wie Hy eintlik moes bid en tot wie jy bid en tot wie ook Jakob moes gebid het. 

[20] Maar jy het volgens my mening nie geluister na wat die Kindjie jou daarmee wou gesê het nie!” 

[21] Hierdie baie grondige opmerkings het Josef diep in sy hart getref en hy het na buite gegaan om die Kindjie saam met Jakob te gaan haal. 

[22] Maar hy het Jakob en die Kindjie tevergeefs geroep, want die twee het vinnig weggegaan - maar waarheen, dit het niemand geweet nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205