Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

FEESMAALTYD BY CIRÉNIUS .

Die ontvangs deur die tuisblyers in die huis van Josef – Joël se verhaal - Die drie leeus en lyfwag van Cirénius

(06 Feb 1844)

134 Weer by die villa aangekom, is die geselskap dadelik deur Josef se seuns, maar in die besonder deur die jongmans wat agtergebly het, baie hartlik en vriendelik begroet. 

[2] Die seuns van Josef het hulle vader dadelik alles gewys wat hulle intussen gedoen het en hoe hulle sy wense so stiptelik as moontlik vervul het. 

[3] Terselfdertyd egter het die oudste seun aan Josef vertel watter wonderlike dinge daar intussen in die omgewing van Ostrasine gebeur het. 

[4] ”Veral in die besonder”, het die verteller gesê, “het die plotselinge brand in die residensie in die stad alle bewoners laat skrik! 

[5] Maar toe hulle probeer het om die brand te blus, is die geweldige vuur opeens vanself geblus en was daar geen spoor meer daarvan te ontdek nie! 

[6] Daarna het ons meteens gesien dat die berg homself in vurige wolke begin hul het en duisende weerligstrale het deurmekaar geflits! 

[7] Toe het ons gedink aan die (berg) Sinai, wat ten tye van die groot openbaring van God aan ons vaders net so daar moes uitgesien het. 

[8] Ons was grootliks bekommerd oor julle; maar die jongmans het ons gerusgestel en gesê dat van niemand ook maar `n haar krom sou word nie! 

[9] Toe die berg homself egter in vurige wolke begin hul het, het ons dadelik nogtans spoedig hewig verskrik geword: 

[10] Drie kolossale leeus het in groot haas vanaf die bergweg na ons aangespring gekom. 

[11] Ons het baie daaroor geskrik. Maar die jongmans het gesê: ”Wees nie bang nie, want hierdie diere soek beskerming in die woning van Hom, aan wie alle dinge gehoorsaam moet wees!” 

[12] En kyk, so was dit ook! Die drie leeus het onmiddellik na ons waenhuis gehardloop, waar hulle hulself nou nog geheel en al rustig bevind. 

[13] Ons gaan toe na die storm met `n paar jongmans na hulle en het die reusagtige gediertes bekyk; 

[14] hulle het spoedig opgestaan en het tekens van onmiskenbare toegeneentheid en vriendelikheid gegee. Kyk, vader Josef, dit alles het so wonderlik in julle afwesigheid gebeur!” 

[15] En Josef het gesê: ”Goed, my seun; dit alles het ons ook beleef! Jy het jou verhaal byna ietwat al te lank gemaak! 

[16] Gaan nou en plaas die ete vinnig op die tafel, want ons het almal heelwat versterking nodig, omdat die berg ons `n bietjie uitgeput het!” 

[17] Dadelik het die seuns met die ander jongmans na die kombuis en na die voorraadkamer gehardloop en het in `n kort tydjie alles keurig in orde gebring. 

[18] Cirénius het gesê: ”Voorwaar, dit verbaas my, dat hierdie drie wilde diere hier hulle toevlug gesoek het in plaas daarvan om in hulle hole weg te kruip! 

[19] Uiteindelik sal hulle by die huis bly en dit getrou bewaak, soos daar soortgelyke voorbeelde is van hierdie soort diere!” 

[20] En Josef het gesê: ”Alles is vir my goed wat vir die Heer goed en welgevallig is; 

[21] dit kan egter ook wees, dat hierdie diere jou sal volg ter beskerming van jou skip!” 

[22] En Cirénius het geantwoord: ”Dan sal dit vir my ook die beste wees wat die Heer wil - hoewel die Heer my ook sonder hierdie leeus kan beskerm!” 

[23] Hierop het die leeus te voorskyn gekom en het rondom Cirénius kom staan en hom hulle vriendskap te kenne gegee. 

[24] En Cirénius het gesê: ”Dit is werklik merkwaardig; jy, liewe broer, hoef maar net iets te sê, dan gebeur dit ook!” 

[25] Maar beide die jongmans het gesê: ”Hierdie drie diere sal vannag nog `n goeie diens aan jou bewys! 

[26] Want die Heer ken altyd die mees geskikte middele waarmee Hy iemand help. 

[27] Sulke diere het reeds dikwels in Goddelike diens gestaan; daarom word hulle ook nou uitgekies om jou in `n aangeleentheid wat jou te wagte staan, te dien! Laat dit so geskied!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205