Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die probleem van die herstel van die ou Kartaagse skip op die Sabbat - Die woorde van die Kindjie oor die goeddoen op die sabbat - Die ongehoorsaamheid van die wetsgetroue Josef - Die wonderbaarlike herstel van die skip deur die engele

(23 Feb 1844)

149 Na hierdie gerusstelling aan die hoofman het Cirénius die owerste bevel gegee om vir die volgende dag nog `n skip uit te rus, waarmee hierdie armes na Tyrus gebring moes word. 

[2] Maar die owerste het gesê: ”Keiserlike, konsulêre hoogheid! Na my wete is daar buite in die hawe alleenlik nog `n ou Kartaagse skip, wat egter al baie beskadig is. 

[3] Hier in hierdie stad is geen skeepsbouers nie, wel hier en daar enkele hoogs armsalige timmerlui, wat nouliks `n vissersvlot kan saambind. 

[4] Dit is dus eintlik die vraag hoe ons die ou Kartaagse skip kan regmaak!” 

[5] En Cirénius het gesê: ”Bekommer jou nie daaroor nie; daarvoor sal dadelik die beste raad verskaf word! 

[6] Kyk, die wyse Judeër is van beroep `n groot meestertimmerman, en sy vyf seuns ook! 

[7] Hulle sal ek om raad gaan vra en ek is daarvan oortuig dat hy my heel besonder in hierdie geval die beste raad sal gee!” 

[8] Hier het Cirénius hom nou dadelik tot Josef gewend en het aan hom die saak voorgelê. 

[9] Maar Josef het gesê: ”Vriend en broer, dit sou alles goed en wel wees, as dit vandag maar nie ons belangrikste Sabbat was nie, waarop ons geen werk mag aanraak nie! 

[10] Maar miskien is hier wel timmerlui, wat ons Sabbat niks aangaan nie; ek sal dan wel aan hulle leiding gee!” 

[11] Maar nou het die Kindjie Hom opgerig en gesê: ”Josef, op die Sabbat mag elke mens goed doen! 

[12] Die viering van die Sabbat bestaan nie soseer daaruit om die hele dag niks te doen nie, maar veeleer in die doen van goeie werke! 

[13] Moses het weliswaar gebied om die viering van die Sabbat hoog in ere te hou, en in sy gebod elke onnodige en betaalde arbeid en skending van die Sabbat aangemerk, wat voor God `n gruwel is, 

[14] maar Moses het nooit verbied om op `n Sabbat JaHWeH se wil te doen nie! 

[15] Nêrens staan daar in die wet dat `n mens op `n Sabbat `n broer ten gronde moet laat gaan nie! 

[16] Ek, as die Heer van die Sabbat, sê egter: Doen ook op die Sabbat altyd steeds die goeie, dan sal julle die Sabbat op die beste manier vier! 

[17] En as jy, Josef, dit nie durf waag om skynbaar die wet van Moses te oortree deur die eenvoudige herstel van die skip nie, dan sal My dienaars dit dadelik doen!” 

[18] En Josef het gepraat: ”My Goddelike Seuntjie, Jy het wel gelyk, maar kyk, Ek het met die wet grys geword en wil dit ook nie skynbaar oortree nie!” 

[19] Hierop het die Kindjie dadelik die jongmans geroep en gesê: ”Gaan julle daarheen en vervul My wil, 

[20] want Josef het meer agting vir die wet as vir die Wetgewer en meer vir die Sabbat as vir die Heer van die Sabbat!” 

[21] En met die snelheid van `n gedagte het die jongmans die saal verlaat en het die skip in `n oogwenk reggemaak en ook dadelik weer teruggekom. 

[22] Almal het hulle oor hierdie snelheid verwonder en baie het nie geglo dat die skip in orde was nie. Maar daar het al gou boodskappers vanuit die hawe gekom om Cirénius van hierdie daad in kennis te stel. Daarop het die hele geselskap hulle na die oewer begeef om die skip te besigtig en almal was verbaas oor so `n vaardigheid van hierdie jongmans.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205