Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria en die Seuntjie Jesus in `n hartlike, skertsende gesprek op die heuwel -Josef en Jonathan by die maanmaaltyd - Die plotselinge maansverduistering

(27 Mrt 1844)

175 Toe Maria saam met Eudokia klaar was met hulle huishoudelike werk, het ook sy in geselskap van Eudokia die heuwel opgegaan. 

[2] Die Kindjie het haar tegemoet gehardloop en vrolik om sy voortreflike moeder gehuppel. 

[3] Maria het die Kindjie wat al taamlik swaar was, op haar ietwat vermoeide arms geneem en Hom geliefkoos en op skertsende toon gesê: 

[4] “'Wat is Jy vandag swaar! Jy was sekerlik werklik snoeperig en het te veel brood met dikmelk (botter) en heuning geëet?” 

[5] En die Kindjie het gesê: “Asof dit lonend is! So `n klein houertjie, wat Jakob maklik in sy vuis kan verberg! 

[6] Dan `n stukkie brood, wat jy nie aan die wind mag prysgee nie, want dan sou dit al gou soos `n droë blaar van `n boom in die lug opsweef! 

[7] Daarvan kan mens tog sekerlik nie baie swaar word nie! 

[8] Ek moet jou sê dat Ek egter werklik honger is en dat Ek My al verheug oor en uitsien na die aandete. 

[9] Kyk, Josef en Jonathan het sowaar alreeds die hele maan opgeëet en is tog nog honger, hoewel hulle tog nie meer groei nie; 

[10] hoe sou Ek, wat nog wel moet groei, dan genoeg gehad het van daardie klein happie!?” 

[11] En Maria het aan die Kind gesê: “My Seuntjie, jy is vandag weer baie ondeund! 

[12] Kyk, as Josef en Jonathan die maan sou opgeëet het, dan sou dit sekerlik nie so mooi van die hemel na benede skyn nie!” 

[13] Maar die Kindjie het gesê: “Vrou en moeder! Ek is nie ondeund nie, maar jy het My net nie verstaan nie! 

[14] Gaan maar net na die twee toe, dan sal hulle jou dadelik ook iets van die maan laat proe!” 

[15] Nou het Maria geglimlag en na Josef toe gegaan, hom gegroet en gevra, waaroor hy daar so diep gedink het 

[16] en waarom hy met Jonathan so ywerig na die volmaan gesit en kyk het. 

[17] Josef het nouliks na Maria omgekyk en gesê: “Steur my nie in my aanskouing nie, 

[18] want ek wil nou graag iets met Jonathan ontsyfer! Jesus het ons aanwysings gegee wat uitgewerk moes word. Hou jou nou dus rustig en steur ons nie!” 

[19] Nou het Maria na die Kindjie gekyk, wat stilletjies geglimlag het en waarna Hy gesê het: 

[20] “Sien jy nou hoe Josef en Jonathan nog aan die maan knaag?! Bly hier maar geduldig en wag en laat My deur Jakob `n stukkie brood haal en `n pampelmoes! 

[21] Want die geknaag van Josef en Jonathan aan die maan maak My nog hongerder as wat Ek in elk geval alreeds is!” 

[22] En Maria het Jakob dadelik gestuur om te gaan haal wat die Kindjie verlang het. 

[23] Daarna het sy aan die Kindjie gevra wanneer die twee met hulle ontsyfering van die maan klaar sou wees. 

[24] En die Kindjie het gesê: “Let net goed op: Vandag, en nou spoedig, sal daar `n maansverduistering kom, wat ongeveer drie uur sal duur! 

[25] Die twee weet egter nie hoe dit gebeur nie; daarom sal hulle, veral Jonathan, dink dit is hulle wat werklik die maan opgeëet het! 

[26] En hierdie verskynsel sal `n einde maak aan hierdie betragting (van hulle nou). 

[27] Daarna sal Ek hulle wel weer onderrig, soos Ek dit gewoonlik altyd doen, as dit nodig is. 

[28] Maar eers moet hulle albei hulle deeglik vasloop en hulle berekeninge tot stof sien word!” 

[29] Toe die Kindjie hierdie woorde skaars uitgespreek het, het die maan alreeds `n donkerbruin inham gekry. 

[30] Jonathan het dit eerste opgemerk en hy het Josef daarop gewys. 

[31] Josef het dit natuurlik ook baie verras waargeneem en nog meer, omdat die verduistering elke sekonde groter geword het. 

[32] Baie gou het beide angstig geword en Josef het dadelik aan die Kind gevra: “Kind, wat is dit wat daar met die maan gebeur?” 

[33] Die Kindjie het gesê: “Jy sien tog dat Ek eet, waarom wil jy My dan steur? Wag totdat Ek klaar is met My pampelmoes, soos julle met die maan, dan sal Ek wel verder praat!” 

[34] Josef het daarop geswyg en toe die maan volledig verduister was, het beide geskrik en almal moes nou binne-in die huis gaan en Jonathan het werklik gedink dat hy die maan opgeëet het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205