Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Horadal se geheim en die verhaal uit sy verlede aan die hof van Lameg in Hanoch

107 Sodra Horadal en sy tien metgeselle hulle aan die buitengewoon goedsmakende kos versadig en ook sy dors geles het met die sap van soet bessies, bring hy na hierdie versadiging die vereiste dank aan die Heer as die enigste Gewer van alle goeie gawes. Toe kom Adam ook na Horadal toe en maak hom bekend met die wil van die Heer, soos die Heer hom dit vooraf met betrekking tot die veelwywery meegedeel het.

2. Nadat Horadal dit uit Adam se mond verneem het, word sy hart hoogs vreugdevol, hy dank die Heer wederom uit alle mag vir hierdie versoepeling, staan ten slotte op en versoek die hoë Abedam vir toestemming om `n bekentenis, ten opsigte van Adam, te mag aflê.

3. En die hoë Abedam staan dit vir hom toe met die volgende woorde: “Horadal, Ek sê vir jou, hier is die plek waar elkeen op sy eie wyse kan en mag spreek.

4. Daarom, as jy wil spreek, spreek openlik en vry! Amen.”

5. Horadal dank Hom innig vir die toestemming van die hoë Abedam en begin toe die volgende woorde tot Adam te rig:

6. “Hoogs eerwaarde ou vader, agtenswaardige eerste mens van die aarde en eerbiedwaardige verwekker van die hele, nou lewende mensegeslag! Skenk `n seun uit die geslag van jou seun Kain `n gewillige oor en verneem wat ek jou nou sal meedeel!

7. Want so waar as God, die oneindige, ewige, heilige en almagtige Skepper nou onder ons vertoef, ewe waar is ook dit wat ek jou nou sal bekendmaak, `n allerdiepste geheim in my hart; en as dit nie so was nie, vader Adam, jy kan my glo: Ek sou God en jou nie so spoedig herken het nie. Hy, die ewige, oneindige liefde en erbarming Self, sou dit ook sekerlik nooit toegelaat het dat my voete ooit hierdie heilige grond in die berge sou betree, as dit nie so was, soos wat ek jou nou kortliks sal laat weet nie.

8. Verneem dan nou uit my mond, wat so diep in my verborge lê, dat selfs die welbekende listige slang nooit in staat was om dié diepste geheim in my ook maar te vermoed nie, laat staan dit te deursien!

9. Maar nou het die tyd gekom en wil ek dit ook openlik meedeel. Dit bestaan hieruit en dit lui aldus:

10. Sien, vroeër, nog in die tyd van Hanoch, het dit die oneindige liefde van die almagtige God behaag om `n man, ja `n broer van Hanoch, in die gees te wek, sodat hy die enigste ware God aan die volk sou bekendmaak!

11. Sy verhewe leer het ongeskonde bewaar gebly tot by Lameg.

12. Ek was deeglik deur sy verhewe broers in hierdie leer onderrig, net soos nog `n paar ander.

13. Maar toe Lameg met die slang `n verbond gesluit het en daarom deur die sterk hand van Tatahar sy twee broers, wat deur God verlig was, gedood het, moes die verhewe leer van die deur God gewekte Farak ook spoedig wyk!

14. Omdat ek egter, vanaf sy vroeë jeug, steeds `n vriend van Lameg was, gebeur dit dan ook dat hy, toe hy sy meer as gruwelike regering begin het, my tot sy raadgewer maak; maar so dat niemand iets van my mag weet nie. Ek was dus slegs sy mees geheime raadsman.

15. In die begin het ek probeer om Farak se leer in hom te wek; maar dit was heeltemal tevergeefs om iets met hom op daardie punt te bereik.

16. Want hy het hom soseer deur die slang laat gevange neem, dat selfs die groot woorde van God, wat hy verneem het, nadat hy sy broers verslaan het, geen indruk op hom gemaak het nie.

17. Maar toe hy my dit tog in die geheim laat weet het, het ek die geleentheid nie onbenut gelaat nie en hom ernstig vermaan om hom wederom so vinnig moontlik tot God te bekeer, omdat Hy tog nog so barmhartig vir hom was.

18. Maar in plaas van om my aan te hoor, gee hy my baie verbitterd en ernstig te kenne: “Horadal! Tot nou toe was jy nog my vriend; maar ek vermaan jou, as koning en god, nou vir die laaste maal baie ernstig, dat jy in die toekoms nooit meer iets oor jou God sal sê nie.

19. As jy die gebod sal verbreek, dan sal dieselfde met jou gebeur as met my broers, wat ook jou God gepredik het en nie wou erken dat ek self die almagtige god is nie!

20. Gaan na buite en verloën, terwille van my en jou regverdiging ten opsigte van die hele volk, die ou belaglike God van Farak en leer die volk om my te ken as die enigste ware, regte, bowenal streng, onverbiddelike en almagtige sterk god!

21. Ek sweer vir jou by die godheid wie ek is: As jy dit nie doen nie, dan sal jy ten aanskoue van die hele volk in die kleinste stukkies geskeur word!

22. Begryp dit; gaan en voltrek my wil!”

23. Ek gaan, verberg die leer van Farak in my binneste en neem die droggestalte van Lameg se afskuwelike wreedheid aan en leer die volk om die wil van Lameg te ken.

24. Maar toe Lameg sien dat hy in my `n getroue dienaar het, dra hy ook weldra al die koninklike gesag aan my oor; maar hy bly `n god vir my en die volk.

25. Omdat ook die slang gesien het watter troue dienaar ek vir Lameg was, en nie kon merk wat ek in my hart verborge gehou het nie, sluit ook sy `n verbond met my in die gedaante van `n baie bekoorlike vrou, en ek sweer haar vanuit die oppervlakte van my hart by die god Lameg om alles te doen wat haar en hom sou behaag.

26. Die slang was volkome tevrede daarmee en maak daarom groot beloftes aan my.

27. Maar toe sy my verlaat, sweer ek diep in my hart: “O slang, buitengewone listige Satan, hoe slu jy ookal te werk gaan, jy sal tog baie spoedig ondervind, waartoe die Een in staat is, wie ek nou verborge moet hou!

28. Dit sweer ek jou by my enigste ware God!”

29. Daarna bid ek na my verborge God om so barmhartig te wees om my geheimste voorneme selfs nie aan die mees verhewe engel prys te gee nie; en God verhoor my versoek en gee my steeds in die diepste geheim in wat ek in elke situasie van my koninklike amp moes doen.

30. En so word ek dan `n wreed regterlike werktuig in God se hand en het toe alle denkbare wreedhede in skyn uitgevoer deur die vermeende mag van Lameg, maar nie in waarheid nie!

31. Toe Meduhed, wie `n ware broer vir my was, `n groot volk ontvoer het, was dit ek wat Lameg die verbitterde raad gegee het om die ou God `n reëlregte oorlog aan te kondig en onder aanvoering van die slegte Tatahar alle woude deur vuur te vernietig, omdat die ou God stellig tog die volk van Meduhed sou ontvoer het. Maar waarom het ek dit gedoen?

32. Ek het immers uit my verborge diepte geweet welke lot die slegte Tatahar daar te wagte staan!

33. Weer was dit ek wat daarop, die weinige teruggekeerdes, nogmaals uit die mond van Lameg self meegedeel het om nogmaals wraak te neem op die ware ou God. Want ek het immers geweet wat die Heer se plan was met hulle! 

34. Ek het vir Lameg die raad gegee om die gewone volk die spraak te verbied op straf van die dood; ook sou niemand dit sy lewe lank ooit moet waag om die meer as heilige naam van die god Lameg uit te spreek nie, mens mog selfs nie eers daaraan dink nie!

35. Maar waarom het ek dit gedoen? Om te voorkom dat die nog suiwer harte van die onskuldiges nie deur die groot misdade van Lameg ontheilig sou word nie; want aan hulle wie nie mag en kan spreek nie, kan nie gepredik word nie!

36. Baie het ek laat teregstel. Maar waarom? Omdat my verborge Raadgewer my dit laat weet het, altyd sêend: “Sien, die slang het haar bek oor hulle geopen! Ek het hulle ongevoelig gemaak; dood daarom hulle liggame, sodat die slang geen argwaan teen jou koester nie!”

37. Ek het God tienmaal erger as Lameg self gelaster en het hom die raad gegee om JaHWeH se Naam onder die ontlasting van die laagste volk te begrawe!

38. Maar waarom het ek dit gedoen? Om hierdie Naam te red; want dit was immers beter om die mees heilige Naam heeltemal te begrawe onder die vuil van die armoede, die enigste wat nog suiwer is in die laagte, as om Hom nog langer aan die skandelikste lastering blootgestel te sien!

39. En so het ek al hierdie dinge gedoen, slegs om die rede.

40. En toe die tyd aangebreek het, neem ek die mag in my hande soos jy dit nou hier sien, om al die armes hierheen te bring as onverbiddelike maghebber van Lameg, en tot op dié oomblik wis, buiten God, niemand welke oogmerk my oral heen en dus ook hierheen gelei het nie.

41. Nou het dit die Heer egter behaag dat ek my harde masker moet aflê en so staan ek nou dan ook trou vanuit die diepste van my hart onthul voor julle, soos wat ek altyd diep in my verborge was.

42. So het ek ook voor my volk, wat nog blind was, vir jou en God gelaster; maar noudat jy weet hoe en waarom ek dit gedoen het, sal jy my ook wel kan vergewe, dat ek niks anders gedoen het as om die geheime wil te vervul van die Een wie hier is!

43. Wees daarom ook sonder sorge wat die veelwywery aanbetref; want God se wil sal altyd volkome deur ons in ag geneem word! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205