Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 255

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se troonrede oor die sigbare aanwesigheid van die heilige Vader in die gedaante van die arm Man. Die dreigende woorde van die twyfelaars onder die gaste. Die ernstige woorde van die Heer tot die twyfelaars

255 En sonder verdere oorwegings bestyg Lameg nou die troon en verkondig in `n duidelike toespraak dat die heilige, allerliefdevolste, ewige Vader aanwesig was in die arm Man.

2. Toe alle arm en voorheen gevange gaste dit uit Lameg se mond gehoor het, asook dat die bou van die tempel deur hierdie mees heilige Vader opgedra was en waarlik op wonderbaarlike wyse gebou was, val die armes neer en aanbid Hom.

3. Maar die gevangenes sê onder mekaar: "Vir my is dit onbegryplik hoe die almagtige God, wat met Sy almag hemel en aarde omvat, aan wie son, maan en alle sterre gehoorsaam en die winde, die wolke, die weerlig en alle groot waters, so `n armsalige mens kan wees!

4. Dit is verseker weer een van Lameg se heimlike gevegte teen die wind! Hy het ingesien dat hy nie in staat was om iets met geweld te bereik by die groot bergbewoners nie en so was daar niks anders as om hulle voorwaardes aan te neem of vir die onmoontlike weerstand te bied.

5. Daarom moes hy ook ten eerste sy belaglike godheid laat vaar, en ten tweede ook sy koningskap; om tog nog oor ons te kan heers wis hy op sluwe wyse, met die vriendelike hulp van die magtige en wyse bergbewoners, `n vir ons sigbare godheid te skep, wat hy voor ons oë tot `n heeltemal regmatige alleenheerser moet salf.

6. O Lameg, so wys soos jy is, is ons ook! As jy die siendes wil verblind, moet jy dit anders aanpak; want op hierdie manier gaan dit in geen geval gebeur nie!

7. Ons sal na die arme gaan en hom eers ernstig vra hoe dit is met sy godheid en dan sal dit dadelik duidelik word wat daar alles agter Lameg se windgevegte skuil!

8. O wee, Lameg, as jou arm nie is wat jy ons voorhou nie! Dan sal ons jou die vuur na aan die hakskene lê!"

9. Nou begewe sommiges van die teenstanders hulle na die Arme, en hulle woordvoerder open sy mond en stel die volgende vraag aan die arm Man:

10. "Luister, jy origens redelik en eerlik uitsiende arm man! Is jy werklik wat die sluwe Lameg op sy troon oor jou verklaar het?

11. Maar dink goed na voordat jy praat, want as ons merk dat jy één lyn trek met Lameg, dan sal dit jou baie duur te staan kom!

12. Farak het die ware God verkondig en sy heilige leer het behoue gebly tot by Lameg se broers. Hy het hulle daarom buite in die struikgewas neergeslaan waar die groot plasse, modderpoele en moerasse is, omdat hy self `n god en `n meester wou wees. Wie weet wat die sluwe vos nou van plan is om te doen!

13. Sê ons daarom die volle waarheid, anders sal dit met jou sleg gaan en Lameg nie beter as met jou nie!"

14. Na hierdie versoek verhef die Heer Hom en sê vir die brutales: "Waarom vra julle dit aan My? Lameg het dit immers aan julle gesê? Maar as julle twyfel, waarom win julle dan geen raad in by diegene wat hierdie woorde oor My uitgespreek het nie?

15. En waarom kan die armes wel glo wat Lameg sê en julle nie? Sal julle dit glo as Ek nou die uitspraak van Lameg vir julle sou beaam?

16. Julle is nog te boosaardig, en daarom kan julle dit nie glo nie!

17. Lameg het sy heerserstaf vir altyd neergelê, toe hy My herken het en het in die plek daarvoor, die herderstaf aangeneem wat aan hom deur My aangereik was; maar julle sou julle nou self die heerserstaf wil toe-eien en Lameg in die vlamme dryf!

18. Daarom is julle ook vol arglis en nie in staat om My te herken nie!

19. Maar Ek sal julle nie sê wie Ek is nie; gaan daarvoor na Lameg en twis met hom oor My!

20. Waarlik, julle sal die Vader nie herken alvorens Hy sal vertrek nie! En gaan nou, as julle nie wil sterf nie! Amen."

21. Hierop begin die skreeuers hulle agter die ore te krap en gaan na die troon van Lameg. Maar toe hulle daar aankom, word hulle so benoud en verward, dat geeneen van hulle geweet het wat hy moes sê nie; want die woorde van die Arme het by hulle deur murg en been gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205