Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Hoe die aan Purhal gerigte berisping op die aanwesiges werk. Abedam beur die bang geworde gemoedere weer op

69 Toe Purhal en alle ander egter hierdie woorde van Abedam verneem het, word hulle byna stom en wel sodanig dat, uitgesonderd Henog en Adam, daar nagenoeg niemand was wat dit sou gewaag het om Abedam ook maar met één woordjie te antwoord nie, ofskoon Abedam alle kinders, as die enigste ware, goeie en mees liefdevolle Vader, hoogs vriendelik aankyk.

2. Want byna elkeen dink by homself: “Hy sien daar weliswaar onuitspreeklik goed uit, maar daarom is Hy nog nie te vertrou nie; want voor jy daarop bedag is, en binne `n handomkeer het Hy iemand aangevat in die mees verborge hoekie van sy hart! En dit is alles wel geheel en al waar, - maar wat het ons daaraan? Wie kan Hom ontwyk?

3. Hy meen dit wel uitermate goed met elkeen, - as Hy maar nie so heeltemal van die aller suiwerste uitgegaan het nie, dan sou daar met Hom nog wel te lewe wees; maar die suiwerheid, die suiwerheid, dit is iets ontsettend!

4. En besit mens dit nie, dit wil sê, in die mees volkome sin van die woord nie, dan kan mens Hom nie meer op `n eerlike wyse nader nie; want Hy sien van niemand ook maar die kleinste fout in die hart deur die vingers nie!

5. Maar wat kan daaraan gedoen word?! Hom kan niemand verander nie, - ewig sal Hy aan Homself, so suiwer en gewyd soos wat Hy nou is, gelyk bly; dus moet `n mens hom daarvolgens skik!”

6. Maar Abedam, wat dergelike gedagtes maar al te goed by die kinders opgemerk het, wend Hom tot Purhal en vra vir hom:

7. “Purhal, vertel My net, het Ek dalk jou kop afgebyt, toe Ek jou met die sagste woorde geleer en hoogs sorgvuldig gesuiwer het, sodat jy, net soos alle ander, spoedig in staat sal wees om die ewige, volkome vrye lewe van die liefde van My op te neem!

8. Vertel My, het die vader van jou liggaam ooit so toegeeflik met jou omgegaan soos Ek nou?

9. Wys My die vader in julle midde wie hom nie vol ywer by sy kinders van die dikwels baie skerp tugroede bedien het nie!

10. Sien, jy ken niemand nie; want jy is self al baie lank vader en weet baie goed hoe jy jou kinders opgevoed het.

11. Vertel my dan nou met welke tugroede Ek tans na julle toe gekom het! Wie het reeds beswyk onder My slae?

12. Sien, met niks anders as met My allerhoogste, mees waaragtige vaderliefde voed Ek julle op nie, en leer en bevry julle, en julle sê vir julleself in julle harte: Hy is nie te vertrou nie!

13. O, julle is nog volslae blind! As Ek nie te vertrou is nie, terwyl Ek tog julle allermeeste waaragtige, getrouste, liefdevolste, sagste en geduldigste Vader is, - wie kan en wil julle dan wel vertrou?

14. Wanneer julle julle by My, julle volkome suiwer en heilige Vader, bang en nie op julle gemak voel nie, terwyl Ek tog vervul is van die allerbeste en mees volkome, ware en mees vaderlike opregte bedoelings vanuit My ewige, geheel onbaatsugtige liefde tot julle, hoe moet julle julleself dan nie ten opsigte van mekaar voel nie, waarby julle hart, met My vergeleke, vol lis en boosheid is, as julle al so ontmoedig word wanneer Ek `n klein foutjie in Purhal se hart korrigeer.

15. O julle blindes! Vir My, die vir ewig enigste lewende Vader, bewe julle en word julle vervul van angs, as Ek julle tot My verhef, van die dood na die ewige lewe;

16. Maar die wêreld boesem geen angs vir julle in nie, terwyl sy tog op sigself niks anders is as julle reinste dood nie!

17. O sien, hoe verkeerd julle voorstellings nog is!

18. Wie het julle dan so opgevoed, dat julle bang is vir die Een wat julle bo alles moet liefhê? En wat julle uit alle mag sou moet vrees en ontvlug, daarmee stop julle julle hart heel onbesorg vol!

19. Purhal, sê vir My, wat se kwaad het Ek jou dan aangedoen deurdat Ek jou vanuit My groot liefde tot jou gereinig het?!

20. Weet jy dan wat die lewe is en hoe dit moet wees om vir die ewige en oneindige duur geskik te wees?

21. Sien, dit weet geen geskape gees nie, maar alleen Ek, die oneindige, ewige Heer van al die lewe! Indien Ek julle as julle heilige, mees liefdevolle Vader nou Self voltooi vir die ewig ondeurgrondelike lewe van julle in My, en julle laat groei en alles wat van die dood is uit julle wegneem, - Purhal, hoe kan dit dan in die gedagte van jou en van alle ander ook maar in die verste verte opkom dat Ek nie te vertrou is nie?!

22. Vertel My, as Ek julle nie sou wil help nie, wie sal julle dan kan help om vanuit die dood tot die lewe te kom?!

23. Is dit dan reg, omdat Ek julle kan en wil help, dat selfs julle geheimste gedagtes en begeertes baie duidelik sigbaar is vir My, en dit ook onvermydelik en noodsaaklik moet wees, sodat Ek julle altyd te hulp kan kom, wanneer daar ook maar `n dodelike gevaar nader?!

24. Vertel My, Purhal, sou Ek daarom nie te vertrou wees nie?!”

25. Met hierdie vraag begin almal te snik en te ween en Adam self huil luid soos `n kind en sê toe, diep geroer deur My groot vaderliefde:

26. “O heilige, liewe Vader, nou sien ek eers hoe oneindig goed U is!

27. Waar is diegene wie U nie bo alles, alles, alles sou kan bemin nie?!

28. O vergeef ons blindes hierdie groot onregverdigheid wat U nou deur ons almal aangedoen was!”

29. Abedam sê daarop: “O kindertjies, wees rustig en sonder sorge, want van julle, wat nou in My skoot is, sal daar geeneen verlore gaan nie; want Ek, die ewige lewe Self, is immers in julle midde en wend nou al die gevaar van die dood van julle af.

30. As Ek egter wederom iemand soos Purhal sal stig, verloor dan nooit julle vertroue in My nie, maar dink daarenteen in julle hart dat Ek, julle aller goeie, heilige Vader immers Hy is wat so-iets doen!

31. Kindertjies, begryp dit goed vir die verdere toekoms en vir die ewigheid! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205