Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Uranion en Purista by Adam en Eva. Die wonder van die vrugte. Die Offer wat deur die bliksem ontsteek word.

17 Omdat die weg nou nog net enkele honderde treë lank was, is dit ook vanselfsprekend dat die verdere tog na die top van die heuwel nie lank meer geduur het nie, veral as mens rekening hou met die Almagtige Gids.

2. Daar aangekom, buig alle kinders voor Adam en Eva en daarna ook voor die res van die kinders van die hoofstam. Toe hulle nou almal op hierdie gebruiklike wyse die passende agting en liefde betoon het, gaan Uranion dadelik na Adam toe en groet en dank hom hartlik en laat toe een van sy agterkleinkinders, genaamd Purista, na vore kom. Sy bring `n mandjie, wat met haar eie hand uit `n soort berggras gevleg is, met uitgesoekte vrugte uit die môreland, en oorhandig dit aan Adam; daarna tree sy met groot, teer vreugde na vore en doen soos aan haar opgedra was.

3. Toe Adam egter die heerlike vrugte bekyk, was hy erg verras, omdat hy nog nooit dergelike vrugte gesien het met so `n heerlike geur nie en hy vra daarom aan Purista: "Purista, allerliefste dogtertjie van julle vader Gabiël, wat vir my baie dierbaar is, kom eers na my toe en sê my waar jy hierdie besonder heerlike vrugte vir my versamel het!

4. Want soortgelyke vrugte het my oë vanaf die oerbegin van my bestaan nog nooit gesien nie! Dit is tog werklik meer as paradysagtige vrugte; ja, ek sou dit in alle erns hemels wil noem!

5. Vertel my daarom waar jy dit versamel het."

6. Toe Purista nou self die vrugte van naderby bekyk, skrik sy en weet nie wat sy daarop moes sê nie; want die vrugte kom vir haar self nou heel onbekend voor.

7. En sy roep haar vroom vader Gabiël nader en vra hom saggies: "Liewe vader, het jy die vrugte dalk stilletjies omgeruil?

8. Want kyk maar, dit is tog werklik nie die vrugte wat ons klein tuintjie voortgebring het nie?! Want sulke heerlike vrugte het ekself tog nog nooit gesien nie!"

9. En Gabiël sê vir haar: "My enigste geliefde dogter, daar het `n wonder gebeur! Vertel dit dus ook aan die verhewe aartsvader!"

10. En Purista gaan bedees voor Adam staan en vertel hom wat aangaan.

11. En Adam antwoord daarop: "Ja, ja, dit is soos ek al dadelik by myself gedink het: Ons almal is alweer `n barmhartigheid ryker!

12. As die Heilige Vader, die mees erbarmende en mees liefdevolle, reeds weer so wonderbaarlik te werk gaan, wat sal Sy onthulling ons dan wel bied?!

13. O my armsalige hart! Kan julle wel so `n groot mildheid van die Heer, ons mees heilige Vader, verdra?

14. O Abedam, wie kan U loof, wie kan U dank, wie kan U prys, wie kan U genoeg liefhê en U waardig en op passende wyse aanbid?

15. Die gevoel van my eie nietigheid en U oneindige en ewige volheid is alles wat ek U ten offer kan bring!

16. Maar jy my geliefde Purista, draai jou om! Kyk na Hom wat juis agter jou staan en dank Hom uit al jou krag; want dit is Hy wat jou mandjie met hierdie hemelse vrugte gevul het, sonder dat jy kon merk wanneer!"

17. En Purista sê daarop vir Adam: "O verhewe vader van die vadere, as hy dit sou gedoen het, dan sou dit werklik baie erg wees; want hy moet immers ook wel weet dat ek van niemand anders hou en niemand bemin as slegs my hemelse Vader en my vader Gabiël en my moeder Aora!

18. Tot nou toe hou ek my ver van alle mans en my verlange was steeds net na bo gerig, na die enigste Een; hoe kon hierdie mens my dan so iets aandoen?

19. Sou hy dan regtig nie weet dat dit `n sonde is, as hy, sonder dat dit God se wil is, `n meisie benader, selfs so, dat my ouers niks daarvan af weet nie!

20. Kyk, dit was tog sleg van hom, - want dit weet ek van my ouers, - en daarom wil, mag en kan ek hom nie dank nie, al was die vrugte nog baie kere heerliker as wat dit nou is!

21. Sê U hom maar dat dit baie verkeerd van hom was en dat hy dit voortaan nie meer moet doen nie, - anders kan hy wel eens `n flink straf van die hemelse Vader oploop!

22. Vir hierdie keer egter wil ek tot die hemelse Vader bid, of Hy hom barmhartigheid wil skenk!"

23. Na hierdie woorde vra sy ook in haar hart aan die hemelse Vader om hierdie mens, wat dit aan haar gedoen het, sy skuld te vergewe.

24. Adam sê egter vir haar: "Jy wondermooie, heerlikste, teerste blom uit die verhewe môreland, - waarlik, ek sê vir jou, al het die hemelse Vader nog nooit `n bede van jou verhoor nie, dan, glo my, sal Hy hierdie sekerlik nie onverhoor laat nie!

25. Ek kan en mag jou nou nog nie sê hoe en waarom nie; maar wees getroos, - jy sal dit sekerlik spoedig te wete kom!"

26. En Purista was daarmee tevrede en word rustig.

27. Nou roep Abedam vir Henog na Hom toe en sê vir hom: "Henog, gaan nou en lê die offerlam geslag op die altaar en kom dan so spoedig moontlik weer hierheen en kyk dan hoe Ek `n vuur uit die hemel op die altaar sal laat neerkom, wat die offer sal verteer!"

28. En Henog gaan nou na die altaar en vervul die wil van die Heer.

29. En toe hy terugkom, slaan daar onmiddellik `n fel bliksemstraal neer, vergesel van `n wêreldskokkende donderslag, so erg dat selfs Henog daarvan geskrik het; en bowendien ontbrand die offer op die altaar ook dadelik met `n vlam so helder as die son en daar styg verblindende wit rookwolke van die altaar na die hemel.

30. Toe word die arme Purista bang om die hart en al die kinders uit die môreland nie minder nie; want nou sien sy die deur Henog aangekondigde grootte en mag van hierdie onbekende mens.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205