Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 227

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die maaltyd in die eetsaal. Lameg word tot priester van sy volk benoem. Henog se woorde oor die priesterdom en die koningskap. Die versuimde tafelgebed. Die heilige Vader maak Hom aan Lameg bekend

227 Toe die hoë gaste die eetsaal betree, kom Thubal-Kain, Mura en Cural hulle tegemoet; albei laasgenoemdes het reeds, na die volledige beëindiging van hulle werk, nog laat die aand die sleutel van die poort van die ringmuur aan Lameg oorgedra.

2. Mura oorhandig die sleutel aan Lameg en verseker hom dat alles reeds skitterend daaruit sien.

3. Lameg nooi beide toe ook uit vir die oggendmaal en sê terloops vir Mura:

4. "Vriend en broer Mura, ontslaan nog nie jou arbeiders nie; want ek sal nog `n werk vir jou laat uitvoer!

5. Maar bly nou hier, dit wil sê by hierdie geselskap!"

6. Mura bemerk egter die jong man aan die sy van Henog en vra daarop heel stilletjies aan Lameg: "Wyse koning Lameg, wil jy my nie wil sê wie hierdie wonderlike jongman aan Henog se sy is nie!

7. Hy sien so ernstig, wys en vriendelik daaruit! Kom hy ook van die hoogte?"

8. En Lameg antwoord Mura: "My beste, gewaardeerde broer! Hiervoor beter jy jou nie na my wend nie, want tot nou toe weet ek self nouliks iets meer oor hom as jy!

9. Soveel weet ek wel uit my waarneming en voorts uit die weloorweë woorde van Kisehel, dat hierdie jong man uitermate wys en waarlik vreeslik magtig is in woord en wil, en dat hy volgens die duidelike woorde van Kisehel ook die allerhoogste meester op die hoogte is, aan wie selfs die hoëpriester Henog ondergeskik is, dus beslis ook `n koning!

10. Sien, dit is dan ook alles wat ek van hom weet; laat dit voorlopig genoeg wees, totdat daar miskien meer opheldering volg, en gaan nou met Cural aan `n tafel sit en eet en drink! Maar wend jou oë nie af van hierdie man nie; miskien sal jy meer aan hom ontdek as ek!"

11. Nou neem Lameg die sleutel aan en bring dit na Henog en sê hierby ook nog vir hom:

12. "Magtige vriend en enige hoëpriester van die enig ware, almagtige, ewige God, sien, hier is beide sleutels byeen! Ek dra hulle aan jou oor; want net jy behoort te open wat van God is, dit wil sê, wat tot Sy eer en Sy lof deur ons opgerig is volgens Sy mees heilige wil!"

13. Maar Henog sê vir Lameg: "Broer Lameg, die Heer wil egter dat ook jy nie soseer `n koning, maar ook `n priester vir jou volk wees, waar alleen die Heer `n God is in alle mag, krag en gesag sedert die ewigheid!

14. Behou jy daarom ook maar die sleutels van jou priesterdom, en open vir ons die tempel en die voorhof wanneer die tyd ryp is daarvoor!

15. Maar laat dit nog bowendien aan jou gesê word: `n Priester is `n ware broer van die broers, volgens die orde van God se liefde; terwyl `n koning vir die volk reeds `n oordeel is!

16. Wanneer volkere ooit onder konings sal staan, dan sal hulle - naamlik die volkere - ook geoordeel wees! Hulle land sal hulle ontneem word en hulle sal hoë belasting aan die koning moet betaal; selfs hulle lewe sal sy eiendom wees.

17. En wie daaroor sal kla en mompel, sal deur die koning getugtig word tot op sy laaste druppel bloed!

18. Dan sal daar baie verdriet en droefenis wees op die hele aarde!

19. Wees jy dus van nou af aan ook maar liewer `n priester, as `n koning vir jou volk!"

20. En Lameg, heeltemal buite homself van vreugde oor hierdie nuwe benoeming tot die priesterskap van die Heer, sê vir Henog:

21. "Magtige vriend en hoëpriester van God! Luister, as ek werklik `n duisendvoudige koning sou wees, sou ek alle duisend koningskappe neerlê om daardeur `n waardiger priester te kan wees volgens jou orde!"

22. En Henog antwoord hom: "Broer, gaan nou aan tafel sit; want wat jy sou wil wees, is jy al! Laat ons nou egter die maaltyd tot ons neem en ons versterk vir die diens van die Heer!"

23. So behou Lameg die sleutels en gaan vol blydskap aan tafel sit en eet en drink soos alle ander.

24. Maar terwyl hy dit vir hom goed laat smaak, bedink hy skielik dat niemand die spys vooraf op Kisehel se manier geseën het nie en ook het niemand God geloof, geprys en gedank nie.

25. Hy (Lameg) staan dadelik op en sê: "O my geliefde vriende en broers! Dit is ontsettend! Juis op hierdie dag, waarop ons reeds so baie onuitspreeklike weldade van God ontvang het en ook nog die groot, groot barmhartigheid oor ons uitgegiet sal word, dat die Heer, die groot, almagtige God, in Sy mees heilige Naam Sy intrek in ons geboude tempel sal neem, het ons almal vergeet, om Hom, die heilige Gewer van alle goeie gawes, eers op passende wyse te loof voordat ons ook maar die kleinste stukkie in ons mond durf neem het!

26. Nee, nee, wat het ons gedoen! Ek self wil daarom liewer sterf, as om iets gedurende drie dae te eet!"

27. Maar die Heer kyk Lameg glimlaggend aan, laat hom na Hom toe kom en sê toe vir hom: "Lameg, stel jou voor dat jy `n kind het, wat `n volledige onbeduidende fout ten aansien van jou begaan het; en as die kind sy fout sou bemerk, vol vertwyfeling voor jou sou uitroep: 'Vader, dit is ontsettend, - kyk, ek het `n sonde voor jou begaan! Wee my, ek sal daarom gedurende drie dae geen hap meer eet nie, ook al sou ek al die tweede dag van die honger sterf!';

28. As jy dan egter tot die kind sou sê: 'Luister, my geliefde kind! Dit was tog maar `n baie klein, onwillekeurige vergissing; maak geen probleem daarvan nie! Kom maar hier, en het my lief; want ek het immers nie gelet op jou vermeende fout nie!', -

29. Wat sou jy nou liewer sien; dat die kind na jou toe kom en jou liefkosend met tere hande omvat, of dat die by sy streng voorneme bly?

30. Jy sê: 'As daardie arme kind na my toe kom en my liefhebbend omvat, dan sou dit vir my onuitspreeklik veel liewer wees!'

31. Goed, sê Ek jou dan, - doen dan ook teenoor die hemelse Vader wat vir jou as die beste voorkom; want jy is immers ook `n kind vir Hom, en dit sal vir Hom baie male aangenamer wees as al jou gevas!"

32. En Lameg vra: "Maar waar is die heilige Vader, sodat ek na hom toe kan gaan om te handel soos daardie kind?"

33. En die Heer spreek: "Lameg, kyk hier, hier staan Hy sigbaar voor jou! Ek is die Vader, die Heer van hemel en aarde!"

34. Hierop val almal neer, en Lameg stotter: "O heilige Vader! Wees my, arme sondaar, barmhartig en genadig! - Laat U heilige wil ewig geskied! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205