`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die afskeidswoorde van die Heer. Koning Lameg keer met syne terug na Hanoch. Die ware goue tydperk

(7 September 1843)

114 Na hierdie woorde tot Adam het die Heer Hom tot alle aanwesige kinders gewend en gesê:

2. “Kinders, Ek het nou die hoogte sowel as die laagte georden en het tussen beide goed begaanbare weë gemaak, sodat julle bymekaar kan kom en mekaar in al dieselfde ondersteun waaraan julle wedersyds behoefte het!

3. Ekself het julle gedurende `n tyd van meer as twee maande persoonlik geleer om julleself en vir My, as julle ware God en Vader, te ken en in My die ewige lewe van die gees te vind en in dié lewe alle liefde, Wysheid, mag en krag, waardeur alle dinge aan julle onderwerp moet word.

4. Baie van julle is al in dié lewe (van die gees) en kan van daaruit die wyse gebruik van alle dinge sien en hulle dan goed gebruik. Baie van julle is, veral in die laagte, op die beste weg na daardie lewe; slegs weiniges weet eintlik nog nie so goed waar hulle die lewe van die gees moet begin nie.

5. Daarom het ek egter sommiges van julle in `n hoë mate gewek, sodat deur julle, as opgewektes, die swak en die nog blindes op die korrekte weg gelei sal word.

6. En so het Ek julle ook geen gebod gegee nie, maar het julle feitelik maar net getoon dat julle almal in die liefde tot My volkome vry is, soos Ek, julle God, Heer, Skepper en Vader Self sedert die ewigheid vry is.

7. Bowendien het ek julle nog die volste versekering gegee dat diegene wat volmaak is in die liefde tot My, die dood van die liggaam nooit sal sien, voel en proe nie, maar sal word soos Zuriël, wie hier is, en sal soos Sehel en Pura oorgaan in die volkome ewige lewe van die gees!

8. So het Ek julle die eindelose voordele getoon van die ware lewe, maar ook die eindelose nadeel van `n lewe wat in stryd is met My ewige orde.

9. Dit het julle dus almal van My, die Heer Self, regstreeks verneem en in julle hart ontvang, en julle kan daarom nie meer twyfel aan die volle waarheid van alles wat Ek julle Self verkondig het nie.

10. Daarom is julle nou ook van alles en in alles voorsien en kan julle nie sê: ‘Vader, dit en dat ontbreek ons nog nie!” Maar juis omdat julle sodanig versorg is, nie alleen tydelik nie, maar vir die hele ewigheid, moet julle ook in die toestand bly en nie so onverstandig wees om die ydel dinge van die wêreld te begeer nie, waaraan die dood en die ou verderf kleef; dan sal julle My verder geen las meer besorg nie!

11. Maar wanneer julle eiemagtig uit My orde sal tree en julle mekaar uit eiebelang sal oorheers vanweë die heerlikheid en die wêreld in julleself, dan sal Ek My Aangesig van julle afwend en julle laat versink in die poel van alle ontug, vleeslike begeerte, hoerery en in alle egbreuk en ongepaste dierlike begeerte; wat julle daarby sal win, dit sal die bittere en wrange gevolge julle toon! Meer hoef Ek julle nie te sê nie!

12. Omdat alles nou in die grootste orde verkeer, seën Ek julle en sê: My liefde bly by julle en onder julle, tydelik sowel as ewig! Amen.”

13. Hierop word die Heer, asook Zuriël, weer onsigbaar. Die geselskap gaan na buite en loof en prys God tot aan die dageraad en vier so ook die Sabbat.

14. Op die eerste dag (Sondag) begewe almal hulle weer na hulle huis en onder baie seëninge het Lameg self met sy geselskap terug na die laagte gekeer en daar die orde van die Heer wyslik gehandhaaf en het sy tyd so tot `n waaragtig goue tydperk gemaak.

15. En so was dit ook op die hoogte die geval.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205