`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 298

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

God se magtige oproep tot boetedoening in die troonsaal. Die seën van ware berou. Die gruwels in die laagte. Die goddelike opdrag aan Fungar-Hellan om alle afgodstempels te vernietig

(10 Junie 1844)

298 Toe Fungar-Hellan lank nagedink het oor wat hy kon doen om die God van Adam, Set en Henog weer sag te stem en bygevolg ook sy ou Mahal, het daar opeens `n magtige stem in die groot troonsaal geklink, waar Fungar-Hellan en Mahal hulle juis bevind het, asook koning Gurat en baie eerste ministers van die ryk, en die stem het as volg geklink:

2. “Wie uit liefde tot God in sy hart `n opregte berou oor sy sonde het, mag nie twyfel nie; want God is nie onversoenlik soos `n mens nie, maar hoogs vergewingsgesind!

3. Wie met berou en liefde tot die Vader kom, mag nie vrees nie; hy sal vergewing van sy sondes ontvang!

4. Indien die hele ryk sou wees soos wat Hanoch nog is, nou weliswaar in nog maar weinig mense, dan sou God nog wel duisend jaar wil wag op volledige beterskap; maar gaan na julle vasalle en na die twaalf ander stede; daar sal julle gruwel op gruwel aantref waaroor julle nooit iets hoor nie!

5. Jy het die volk wel alle vasgestelde belastings kwytgeskeld en daarvoor in die plek onbepaalde en in `n sekere sin, vrywillige belasting ingevoer; maar juis die invoering gee aan al julle vasalle die geleentheid om aan die nie-vasgestelde belastings so `n vorm te gee, dat geen enkele onderdaan ook maar `n uur meer veilig is teen `n enorme gebedel nie. En gee hy so `n bedelaar nie wat hy verlang nie, dan begin hy onmiddellik die verskriklikste dreigemente teen die onderdaan te uiter; en steur die onderdaan hom nie daaraan nie, dan gaan die bedelaar weg onder die uiter van vervloekings en die vreeslikste verwensings.

6. En kyk, daar gaan dan geen dag om nie, of alle verwensings word aan die onderdaan voltrek deur versluierde alomteenwoordige natuur- en helletowenaars! Op dié oomblik word `n duisend onderdane op die mees skandalige wyses gemartel, en die volgende uur staan `n duisend ander dit alweer te wagte!

7. Moet God by sulke omstandighede die menslike geslag nog langer ontsien en op beterskap wag?

8. Waarlik, laat die hel die ewige verbeteringsoord wees vir hierdie duiwels in menslike gedaante!

9. Heden het die Heer, God van hemel en aarde, Noag op die hoogte opdrag gegee om `n ark volgens die korrekte ontwerp te bou en Noag het reeds die hand aan die werk geslaan!

10. Wie van julle gered wil word, moet ware boete doen voor God en ook probeer om ander tot ware boete te bekeer, dan sal hy barmhartigheid vind en sal God hom op die korrekte oomblik uit dié land van die verderf lei, sodat hy nie geoordeel sal word saam met die duiwels nie!

11. En jy, Fungar-Hellan, gaan met jou krygsmag uit en verwoes alle afgodstempels, as jy aan vergewing van jou groot sonde in die oë van God iets geleë is; maar weerhou jou van te groot wreedheid! Amen.”

12. Hierdie woorde, wat as vanuit die lug, in die saal gekom het, het `n angstige verbystering onder almal teweeggebring, ook Mahal, en Fungar-Hellan het dadelik al sy krygsowerstes beveel om binne maksimaal drie dae die hele krygsmag in paraatheid te bring.

13. En Mahal het aan hom gesê dat hy hom in die Naam van die Heer oral heen sou begelei.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205