`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die reaksie van die woordvoerder van die nege-en-negentig raadshere oor wette en hulle doel. Die protes van die nege-en-negentig teen die wette van Ohlad. Ohlad se koninklik wyse antwoord. Die deemoed as hoogtepunt van die menslike vryheid

(27 November 1843)

171 Maar die woordvoerder van die nege-en-negentig raadshere het gepraat, in plaas van om homself op die ontvangs van die wette voor te berei:

2. “Dit het ons nou nog gekort! Hou jou wette, wat sekerlik nie veel voorstel nie, net soos jou goddelike strafsanksies, want dit is voldoende dat ons vrywillig vertrek en so die alleenheerskappy aan jou afstaan!

3. Maar om gesanksioneerde wette aan te neem en so jou alleenheerskappy oor ons te erken, waar ons ookal sal gaan om ons te vestig, dit sal ons nie doen nie en as dit gewelddadig opgedring word, sal ons sekerlik weet om te protesteer!

4. Want as daar `n God is wat jou op die ou troon van hierdie stad gehelp het, dan moet Hy regverdig en wys wees; en as Hy dit is, dan kan Hy onmoontlik aan hulle, wat volgens Sy skeppingsplan vry behoort te wees, wette opdring waardeur hulle in `n totale slawerny geplaas word!

5. Om `n vry skepsel te onderwerp aan wette, is tog sekerlik jou reinste teenstrydigheid, die grootste wanorde, in sak geperste wind! Hoe kan so `n teenstrydigheid homself ooit in God bevind Wie die hoogste vryheid Self is en vir ewig moet wees?!

6. Ja, waar groot groepe mense soos hier in Hanoch saamlewe, daar is bepaalde instellings soos sedelike burgerlike wette nodig; maar die enigste rede daarvoor is die behoud van die vryheid van elke beskaafde mens, en in die teenoorgestelde geval is daar vir die nog onontwikkelde mens `n skool nodig om sy wese te ontwikkel vir die vryheid.

7. Sien, daarvoor is bepaalde wette nodig, want anders sou dit vir die beskaafde mens te midde van die onbeskaafde wees asof hy hom onder die wilde bewoners van `n digte woud bevind het!

8. Maar wanneer `n beskaafde menslike geselskap, wat deur sy hoë ontwikkeling baie goed sal weet wat dit moet doen, hulle êrens op `n nog vrye plek van die aarde vestig, waarvoor en waarom sou hulle hulleself laat bind deur wette van die kant van `n mens, met wie hulle ewig niks meer te make sal hê nie!

9. Sê net, kan selfs die hoogste Wysheid in die goddelike wese ook maar `n enigsins verstandige rede daarvoor gee?!

10. Ons het genoeg aan onsself! Sou ons wette noodsaaklik onder mekaar ag, dan sal ons dit wel vir onsself gee, maar solank dit nie die geval sal wees nie, bly ons vry en lewe onder die enigste wet van wedersydse vriendskap! En as ons iets in werking wil stel, dan sal ons dit met mekaar bespreek; en dan moet dit bly by dit alles wat die meerderheid goedvind!

11. So is dit nou ook ons algemene besluit om, onder geen enkele voorwaarde, wette van jou aan te neem nie, welke inhoud dit ookal mag hê! Ons wil selfs geen stukkie raad van jou koninklike kant hê nie!

12. Laat ons daarom vry weggaan, soos ons jou laat gaan het om die tempels te open; dit is die enigste wat ons van jou verlang en dan ook van jou sal aanneem!”

13. Toe Ohlad dit verneem het, het hy hom opgerig en gesê: “Amen, sê ek, en julle sal die gebou nie verlaat nie alvorens julle julle starre wil en julle groot hoogmoed onder my septer gebuig het nie!

14. Ek ken julle bedoeling; dit is opstandig van aard! Daarom is my eerste wet nou aan julle dat julle hier vir solank gehou sal word, totdat julle die deemoed as die toppunt van alle menslike vryheid sal erken!

15. Want hier gaan dit nie oor julle liggaamlike nie, maar oor julle geestelike vryheid! Dit bestaan egter in deemoed en nie in opstandige hoogmoed nie! Oorwin dit eers, en dan sal dit blyk of my wette julle vryheid sal versteur of nie! So sal dit gebeur! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205