`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg loop syne tegemoet, Henog volg hom. Die drievoudig profetiese betekenis van hierdie handeling van Henog. Egte profesie en die vryheid van die mens.

(11 Mei 1843)

36 Toe Lameg dit van Henog gehoor het, was dit heeltemal gedaan met hom; hy het `n vreugdekreet geuiter en loop syne met oop arms tegemoet.

2. En Henog, wat nie meer so jonk was nie, moes sy bene ekstra vinnig beweeg om Lameg te kan begelei oor die, tot sy geluk, slegs `n kort afstand.

3. Dit klink wel ietwat merkwaardig dat Henog hier vinnig saam met Lameg geloop het, maar dié verskynsel is nie so sinneloos as wat iemand stellig sal dink nie, want dit het `n drievoudige profetiese betekenis.

4. Die eerste is: Om die leiers daarmee aan te gee dat hulle die vorderings van hulle jongeres nie moet vertraag, deur hulle teen te hou en te aarsel en deur skoolmeesteragtige verwaandheid selfs die beste gees te dood nie. Maar hulle moet die geesteskrag van die jongeres altyd volg, en wel sodanig dat hulle met die vinnige vinnig gaan, met die vrye vry is, met die sterke sterk, met die swakke geduldig, die talmende saam met hom, naamlik met die leier - saamtrek en die vreesagtige moed inboesem!

5. Die tweede bedoeling is: Die laagte trek, of wel die wêreld trek deur haar vinnige industriële vooruitgang die geestelike saam in `n vinniger verval; want die geestelike word in die wêreld deur die materie gedra en is daar om die gevange materie te verlos, soos die van die geestelike Henog nou in die laagte was om die materiële Lameg te verlos en hom opnuut te verbind met syne; diepsinniger gesê: Met sy verhoogde en gereinigde begeerte.

6. Die derde betekenis is en was die profetiese: Naamlik dat die kinders van die hoogte hulle binne `n kort tydjie met `n snelstroom na die laagte sou begewe en ook vrye teuels vir hulle begeertes sou gee; want as wyses en filosowe het hulle afgedaal en het hulle toe as filosowe, baie gou aan alle soorte uitspattighede oorgegee.

7. Dit is dus die drie profetiese betekenisse van die vinnige saamloop van Henog.

8. “Maar”, sal iemand sê, “as dit so is dat die profete altyd deur al hulle dade, handelinge en praat vir die toekoms bepaal wat daar moet gebeur en meestal gebeur, dan is die mense op die aardbol in geestelike opsig immers in die geheel nie vry nie, en moet dus so optree soos wat die profete oor hulle geprofeteer het! En dus moes die kinders van die hoogte in die laagte val, omdat Henog dit reeds vooruit, deur sy saamloop, aangedui het!

9. Maar as dit so is, hoe kan die mense dan gestraf en getugtig word, terwyl hulle tog moes doen wat die profesie oor hulle aangegee het?”

10. Ek sê egter: As dit so was, dan sou dit inderdaad treurig gewees het om `n lewende skepsel te wees. Maar dit is baie anders en die profete gee slegs die noodwendige gevolge aan wat uit `n handeling van die mens, te gelegener tyd netso seker sal voortkom, as daar uit die een of ander graankorrel wat iemand in die aarde plaas, ook baie verseker op `n bepaalde tyd `n vrug sal ontstaan wat met die saadkorrel ooreenstem. Daarom dink Ek dat dit heeltemal nie so erg is as Ek juis deur die profete aan die mense laat sien watter vrugte, of noodwendige gevolge, daar in hulle handelinge geleë is nie?!

11. Is dit dan so erg as die boer vooruit weet dat hy uit die koringkorrel slegs weer `n koringkorrel kan oes, maar uit die saad van onkruid niks anders as slegs weer onkruid nie?!

12. En as die mens dit goedvind, waarom sou dit dan nie goed vir hom wees om deur die mond van die profete te hoor welke vrugte uit sy handelinge voortkom, en altyd sal moet voortkom, op grond van My ewige, onveranderlike orde, wanneer die mens die handelinge telkens weer verrig en dit nie verander nie?!

13. Verander die mens egter sy handelinge, dan sal daar ook ander vrugte tevoorskyn kom, en elke profeet voeg dit altyd daaraan toe; want wat `n egte profeet praat en hoe hy handel, verbind hy immers altyd aan bepaalde voorwaardes.

14. Bygevolg word daar deur die profete absoluut geen afbreuk gedoen aan die vryheid van die mense nie; hulle word maar net buitengewoon begunstig, omdat die mens daardeur sy handelinge leer ken en dit dan eers geheel vry kan uitoefen, omdat hy seker weet welke vrugte hulle hom sal dra, goeie of bose!

15. So is daar in die vinnige loop van Henog ook net een voorwaarde geleë, waaroor ons hom self sal hoor praat by die volgende geleentheid.

16. Kyk hoe beide hulle gedra, noudat hulle by die familie aangekom het!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205