`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die maaltyd in die hut van Purista. Die woorde van die Heer oor sy liefdesverbond met die kinders van die aarde en die sigbare gemeenskap tussen hemel en aarde.

(4 April 1843)

8 Na die baie helder beskouing van die toestand in die laagte, het alle vaders, die sewe boodskappers en nog ander vaders en kinders uit die streek van die môre vanuit die diepste grond van hulle hart hulle lof en prysinge aan die Vader van alle liefde en heiligheid gebring. Toe beduie die Heer hulle almal om op te staan en gee hulle te kenne dat hulle nou ooreenkomstig Sy belofte vir die eerste maaltyd in die hut van Purista aan tafel moes plaasneem om gekookte spyse te eet.

2. Almal het opgestaan en plaasgeneem aan die behoorlike groot tafel van die Heer; want die hut van Purista was nie so klein soos byvoorbeeld `n boere- of berghut in die huidige tyd nie, maar dit was so ruim, dat daar wel ongeveer sewentigduisend mense ruim plek kon hê. Tog word die hut klein genoem, maar nie vanweë die ruimte nie, maar slegs vanweë sy deemoed.

3. Toe alle vaders dus in die hut plaasgeneem het aan die groot kindertafel van die heilige Vader en hulle hulleself ook almal aan die goed gekookte maal gesterk het, het die Heer aan hulle gesê: “Nou het die goeie orde tot stand gekom op die hele aarde; daarom is Ek weer in julle midde en seën nou, in julle, die hele aardbol deur My sigbare aanwesigheid! 

4. Want nou is daar weer `n verbond gevorm tussen My, My engele en die aarde; daarom het Ek dié vreugdemaal van gekookte vrugte laat berei, om daardeur `n gedenkteken te gee vir die hele aarde, dat Ek, die ewige Vader van die kinders van hierdie aarde nou een God, een Heer en een ware Vader vir hulle geword het en nou `n verbond met hulle gesluit het, sodat hulle sodoende almal volgens daardie verbond My waaragtige kinders sal wees, soos Ek altyd en ewig hulle mees liefdevolle en heilige Vader wil wees.5. Ek sê nou aan julle almal: Indien julle sal bly in dié verbond, wat My liefde vir julle en julle liefde tot My is, dan sal die sigbare gemeenskap tussen die aarde en die hemele ook voortdurend bestaan.

6. Maar as julle dié verbond verlaat en hierdie heilige band verbreek, dan sal die aarde weer in haar eerste diepte versink, en die digste wolke sal haar omhul, waardeur niemand meer in staat sal wees om My, nóg My hemele te aanskou nie.

7. En as die aarde in dié toestand steeds meer sal versink en verval, sal sy haar in haar eie oordeel stort, en Ek sal dan nie, soos nou, soos `n Vader vol liefde en mildheid met haar kinders praat nie, maar as `n ewige God sal Ek haar dan in die vuur van My toorn My oordeel toedonder!

8. En wie sal oorbly, sal lank moet wag totdat daar, sonder bloedvergieting, `n nuwe verbond van die liefde opgerig word, en Ek sal My soveel tyd daarvoor gun, dat alle volkere eerder sal versmag, as dat Ek die verbond volledig sal hernu!

9. As hierdie volledig gesluite heilige verbond deur julle, My waaragtige kinders, nou nie verbreek word deur nogmaals oor te gaan na die dooie uiterlike van die wêreld nie, dan sal Ek by julle bly, soos julle by My, en dit sal op aarde wees soos dit in die hemele is, en ook sal daar geen dood meer onder julle wees nie. Julle almal het gesien dat Ek Sehel na My toe geneem het en voor dit vir Zuriël, die verwekker van Ghemela; so wil Ek julle almal dan tot My neem en julle dan in die gees maak tot baie magtige weldoeners van die liefde vir alle skepsele in My eindelose skeppingsgebiede!

10. Want waar julle met julle oë aan die uitspansel één geheel sien, daar swewe in My ewige almag tallose wêrelde, wat almal wesens soos julle dra; en agter die wêrelde is die eindelose geestelike woonplekke in die gees vir die geeste; en één so `n woonplek omvat meer as die hele uiterlike, eindelose sigbare ruimte!

11. So sien julle nou ook julle ewige bestemming en die maklike weg daarheen; maar niemand kan hierdie bestemming ontvang, alvorens hy nie volledig ryp geword het daartoe vanuit My liefde nie.

12. Wanneer Ek egter iemand sal roep, dan sal die roep hom onthul; hy sal ontslae word van die sware las van sy vlees en sal dan ook weldra in die groot heerlikheid van die ewige, onverganklike lewe van die gees van die liefde binnegaan.

13. Sodat julle kan sien hoe die lewe in die gees is, open Ek julle innerlike oog ook heeltemal!

14. Aanskou dan nou die drie uit ons midde wat oorgegaan het, en praat self met hulle, sodat julle daardeur mag sien dat aan julle bestaan in My, nooit `n einde sal kom nie, en ook dat die draak altyd `n groot leuenaar is!

15. Praat dus met mekaar, en laat julle vertel hoe die gees vry en allersaligs leef, heers en ewig werksaam is! Amen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205