`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 353

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Noag en syne gaan die ark in; die Heer gee aanwysings en verklarings. Die Heer sluit die ark. Die begin van die ramp

(24 Augustus 1844)

353 En toe Noag saam met die Heer by die ark aangekom het, het die Heer aan hom gesê: “Noag, gaan nou met jou hele huis die ark in; want in hierdie tyd het Ek net vir jou regverdig bevind voor My Aangesig!

2. Neem van die rein vee van elk sewe stuks en van die onrein diere van elk slegs één paar; maar steeds `n mannetjie en `n wyfie, dieselfde geld ook vir die voëls onder die hemel, van elkeen steeds sewe, sewe mannetjies en hulle wyfies, sodat die saad sal lewend bly op die hele aardbodem.

3. Want oor sewe dae vanaf dié oomblik, sal Ek dit veertig dae en veertig nagte lank laat reën en op dié deel van die aarde sal alles verdelg word wat `n lewende wese is wat Ek geskape het!”

4. Noag het voor die Heer neergeval en Hom aanbid vanweë die groot barmhartigheid wat die Heer hom bewys het.

5. Die Heer het Noag egter opgehef van die aarde en wederom tot hom gepraat: “Noag, jy dink nou daaroor hoe dit kan wees dat Ek jou voorheen eenmaal beveel het om, sonder onderskeid, van alle diere van elke soort slegs één paar by jou in die ark te neem, maar nou van die rein diere sewe paar van elke soort en ook van die voëls in die lug sonder enige onderskeid; maar by die onrein diere moet dit by één paar bly!

6. Kyk, die rede daarvan is as volg: Toe het Ek in My hart met My afgewende alsiende vermoë gedink: “Daar sal tog wel mense uit die laagte kom om hier beskerming te soek!”

7. En sien, Ek wou Myself nie in My alsiendheid afvra of die mense, wat Ek so dikwels geroep het, dit sou doen nie! Maar noudat Ek hulle aanskou het, het Ek geen wil meer gesien nie, omdat al hulle geeste deur die vlees en die wêreld verteer is, en Ek het ook gesien dat geeneen van hulle sou kom nie!

8. Daarom moet jy, in die plek van die onrein mense wat laer as alle diere gesink het, meer rein diere by jou neem en ook meer voëls van onder die hemel! Bowendien sal die diere jou ook goed te pas kom op die nuwe aarde.

9. Begryp jy dit nou, gaan dan heen en handel daarvolgens! Neem egter geen kunsmatige lig saam met jou in die ark nie, want Ek Self sal die ark vir jou deur Myself verlig! Amen.”

10. Hierop het Noag heengegaan en alles gedoen wat die Heer hom opgedra het; en die Heer was met hom en het Noag gehelp om alles te verrig.

11. Toe Noag alles met die hulp van die Heer in die grootste orde gekry het, begewe hy hom op seshonderdjarige leeftyd in die ark, en wel op die sewentiende dag van die tweede maand, wat volgens die huidige tydrekening die sewentiende Februarie was.

12. Toe Noag hom dus met al syne in die ark bevind het en met al die aanbevole diere, neem die Heer Self die groot deur van die ark en het dit met Sy eie Hand gesluit en daardeur die ark geseën; en so was Noag nou in die ark beveilig en bewaak deur die Heer Self.

13. En toe Noag so in veiligheid gebring was, hef die Heer Sy almagtige hand op en gebied die wolke om die reën in magtige strome op die aarde neer te laat, en ook die magtige fonteine in die aarde dat hulle hulle waters in die aarde sou opstu na die oppervlakte van die aarde. Toe het die fonteine in die groot diepte deurgebreek en het die sluise van die hemel geopen.

14. Toe was daar tallose magtig spuitfonteine op die bodem van die aarde en het hulle water tot by die wolke gespuit, en uit die wolke het die reën geval soos watervalle van die hoë sneeuberge, waardeur die water van die aarde so vinnig na die oppervlak gestyg het, dat die mense nie vinnig genoeg na die berge kon vlug nie; en hulle wat die berge opgevlug het, was deur magtige watermassas, wat oor die rotse neergestort het, weer teruggesleur en het verdrink.

15. Slegs weiniges het geslaag om, met die krag van wanhoop, die hoogte van Noag te bereik. Toe hulle onder voortdurende gebliksem hierdie magtige reddingsark gesien het, het hulle om hulp en redding geroep; maar die mag van die Heer het hulle weggedryf, en hulle het na die hoogste bergtoppe gehardloop en met bloeiende hande na bo geklim. Maar bliksemstrale het hulle van die wande gesleur en hulle na benede in die magtig stygende vloed gestort.

16. Wat verder, in die volgende!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205