`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 188

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die driejarige sendingwerk van die nege-en-negentig bodes. Die groot triomfboog uit dank. Die teregwysing van die Heer

(21 Desember 1843)

188 Gedurende die verloop van drie jaar het die nege-en-negentig die woord van God reeds oral verbrei; hulle het oral meer of minder geringe teenkanting ondervind, wat hulle egter maklik met hulle wondermag bestry het.

2. In `n nog korter tyd was Hanoch weer redelik in orde gebring, saam met die uitgebreide voorstede, waarvan enkeles baie hardnekkig was.

3. In die vierde jaar het die nege-en-negentig weer behoue en wel teruggekom en het aan Ohlad die heuglike berig gebring dat alles nou weer in orde was en ook hoe dit gegaan het.

4. Ohlad en die tien ministers het daarom die Heer `n groot dankoffer gebring waarvoor die hele volk van Hanoch uitgenooi was.

5. Die offer het uit die volgende bestaan: Op `n groot, oop plek buite die stad het Ohlad `n kolossale triomfboog laat oprig. Die hoogte daarvan was honderd el en die lengte en breedte was gelyk aan die hoogte. Die boumateriaal het uit suiwer smettelose wit vierkantige marmerblokke bestaan.

6. In één jaar was die werk met `n baie majestueuse en pragtige aansig voltooi; en net soos in die tempel, was `n hoë altaar van die suiwerste goud bo op die triomfboog aangebring en op die altaar was `n nuwe, groot goue gedenkplaat opgestel waarop die allerheiligste Naam JaHWeH met groot diamante en robyne ingelê was.

7. Duisende en duisende hande het daaraan gewerk. Mense van elke rang en stand was afwisselend daarmee behulpsaam.

8. En toe die werk, waarvan die bou self al tot die groot dankoffer behoort het, gereed was, was al die volk eers uit die hele stad soos wat reeds hierbo vermeld was, byeengeroep, en het Ohlad met sy tien ministers en die nege-en-negentig bodes in die teenwoordigheid van `n tallose volksmenigte `n feestelike triomftog gehou, die Heer luid lowend en prysend.

9. Na hierdie triomftog, waarvan indrukwekkende, ryk prag al die tot op hede denkbare ver oortref het, het Ohlad hom met die tien ministers en met die ander nege-en-negentig na die tempel begewe en die Heer eers in sy hart `n werklik lewende dankoffer gebring.

10. Maar die Heer het met Ohlad gepraat: “Ohlad, jy het uit eie beweging gedoen wat Ek nie van jou verlang het nie!

11. Uit groot dankbaarheid het jy `n boog vir My gebou; Ek sê vir jou, daaraan het jy goed gedoen! Maar jy het My Naam sigbaar gemaak; kyk, daaraan het jy geen goed gedoen nie, want My Naam moet die mees innerlike wees!

12. Gaan daarom heen en bou as boete vir die fout, `n tempel soos hierdie een hier oor die boog, sodat My Naam in die binneste te staan kom, anders maak jy self van die heiligdom `n afgodeplek! Gaan daarom en doen dit! Amen.”

13. En Ohlad het die tempel vol berou verlaat en het al die volgende dag aan die werk begin wat hom opgedra was. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205