`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 148

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tien bodes onderhandel met hulle herbergier. Die tog na die kasteel van die duisend. Die derde vuurwonder: Die brand van die bolwerke

(26 Oktober 1843)

148 Maar die tiental het aan die herbergier gesê: “Staan op en hou ons nie vir iets wat ons nie is nie! Want ons is nóg gode nóg vuurgeeste, maar ons kom vanaf die hoogte en is mense net soos julle en is deur God alleen vir julle welsyn met die mag oor die vuur toegerus, sodat julle ons as waaragtige bodes van God sal erken en voortaan na ons woorde sal luister.

2. As julle dit doen, sal julle van die op hande synde oordeel van God verskoon bly, maar as julle geen gehoor gee aan ons woorde nie, dan kan julle deur ons mag oor die vuur sien dat julle God se toorn reeds op julle hals gehaal het, want die vuur wat ons gehoorsaam, is soos God se toorn!

3. Ons het jou gisteraand `n aandete versoek; waarom het jy niks aan ons voorgesit nie? Het jy gedink dat ons jou nie sou betaal nie?

4. O sien, ons het skatte uit God se hemele by ons, en met hierdie skatte sou ons jou ryklik beloon het!

5. Maar jy het jou voorrade kamers vir ons gesluit; daarom sluit ons nou ook die skatte van die hemel vir jou, en jy moet maar sien of daar van die skatte, wat ons van God Self in hierdie stad ryklik moet uitdeel, iets by jou sal beland!”

6. Maar die herbergier het gesê: “Ek het julle nie geken nie, en as gevolg van ons vreeslike staatswette, moet ons die grootste versigtigheid teenoor vreemdelinge aan die dag lê; en as ons dit nie doen nie, is ons blootgestel aan die bitterste straf; daarom moet julle my oorsien omdat ek deur hierdie wette gedwing was om so teenoor julle op te tree!

7. Maar ek sal nou alles goedmaak en julle herberg en sal julle van alles voorsien wat vir julle onderhoud in hierdie groot stad nodig is, want nou vrees ek geen oordeel meer nie, aangesien ek julle mag gesien het. Keer daarom weer na my huis terug en neem kos en inwoning daar, want my beste kamer en my allerbeste kos sal julle steeds tot beskikking staan! Verlaat my net nie soos wat julle gedreig het om te doen nie; dit vra ek julle, beste manne, terwille van julle almagtige God!”

8. En die bodes het gepraat: “God, die Heer, is vol erbarming ten opsigte van elke sondaar wat sy sondes erken, dit verafsku en geheel en al verwerp!

9. Daarom is ons ook nie onversoenlik nie; ons vergewe jou vir jou gedrag en sal jou die skatte van die hemel nie weerhou nie.

10. Maar voorlopig kan ons nie by jou intrek nie, want ons moet na die heersers van hierdie stad wat die hele volk deur skandelike wette afvallig gemaak het van God! Hulle moet eers bekeer word!

11. As dit gebeur het, dan sal ons na jou toe terugkom en onder ons seën van jou aanbod gebruik maak!”

12. En die herbergier het gesê: “O beste manne! Hierdie stad is ontsettend groot; daar is `n paar duisend strate en baie duisende huise! Hoe sal julle hierdie straat en my losieshuis terugvind?”

13. Maar die bodes het gesê: “Wees nie besorg daaroor nie; want soos wat jy jou straat en huis self kan vind, so sal ons dit ook vind! Want God is immers ons leidsman, en Hy ken jou huis en die straat waarin dit staan, baie goed!”

14. Met hierdie woorde het die tien hulle seën in die herberg agtergelaat en die stad ingegaan en bereik reeds binne `n halfdag die goue kasteel wat Uraniël laat bou het.

15. Maar van direk na binne gaan was dié keer absoluut geen sprake nie, want alles was al versper en gebarrikadeer en met skerp boogskutters beman.

16. Die Heer het egter met die bodes gepraat: “Kom nie te naby die bolwerk nie en bly staan hier, totdat Ek `n weg vir julle sal baan!”

17. Hierop het die bodes bly staan en weldra het daar uit die bolwerke magtige vlamme geslaan wat alles verteer het: Versperring, wapens en ook mense wat nie vinnig genoeg op die vlug geslaan het nie.

18. En so was dit die derde vuurwonder in die stad Hanoch.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205