`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 319

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se opheldering aan Fungar-Hellan. Die mislukte lering van die waterpriesters, as beeld van die mislukking van die goddelike liefde by ons mense

(10 Julie 1844)

319 Noudat Fungar-Hellan en Mahal hulle daarvan oortuig het dat die advies van Mahal hier vir die eerste keer misluk het, het Fungar-Hellan aan Mahal gevra: “Broer in God, die enig ewig Ware, hoe het dit nou gebeur dat jou raad vrugteloos is en volgens wat dit lyk, ook geen korrekte basis het nie?”

2. En Mahal het gesê: “Broer, enkele oomblikke gelede het dit vir myself ook vreemd voorgekom, omdat ek tog slegs gesê het wat tot my gekom het vanuit die gees van die Heer; maar nou begryp ek goed waarom ek so `n raad verkry het, en waarom dit vrugteloos moes wees!

3. Sien, hierdie hele gebeurtenis stel ons eie verhouding tot God voor!

4. Hierdie wellustige, wêreldsgesinde priesters stel ons mense voor in hierdie tyd. Ons het met `n groot leër gekom na hierdie waterdienaars; so het God ook in die begin as `n almagtige, onverbiddelike regter vir die eerste mensepaar gekom.

5. Maar dié paar het berou gekry oor hulle begane sonde ten opsigte van God; en God het in `n vriendelike gewaad gekom en die mens weer in sy eerste geestelike welstand geplaas. Toe het die mens baie spoedig weer die toorn van God vergeet en het teen die goddelike vriendskap gesondig.

6. Maar God wou Sy vriendskap nie weer so gou in toorn omgesit het nie, maar in `n nog groter liefde, genade en barmhartigheid, en wou die bedorwe mensegeslag slegs weer deur die liefde heeltemal vir Hom wen.

7. Alleen - toe die mense die Aangesig van God se liefde aanskou het en haar soete stem gehoor het, was hulle in die begin een en almal wederliefde, maar in die liefde het hulle met verloop van tyd `n dermate groot toegeeflikheid en geduld gesien, dat hulle hulleself net nie kon voorstel dat Hy ooit weer `n oordeel sou bring nie!

8. In die begin het die mense God so hewig bemin, dat hulle met hulle suiwer liefde ook alles omvou het wat God geskape het; maar met verloop van tyd het hulle met hulle liefde, hoe langer hoe meer, aan die sigbare skepping gehang en het langsamerhand weer heeltemal van die goddelike liefde vergeet en dit het sover gegaan dat die goddelike geduld `n diep skeuring gekry het en dat die heeltemal na buite gekeerde mensegeslag weer met `n algemene oordeel besoek moes word en nou soveel te meer besoek sal moet word. Want die mense weet niks meer van God nie, soos hierdie priesters hier, wat jy die mag op die eiland gegee het, soos wat God dit aan die mense oor die aarde gegee het.

9. Maar aangesien hulle hierdie mag misbruik het, het ons gekom om dit van hulle af weg te neem; hulle het ons egter deursien en het hulle omstandighede sodanig maskereer, dat ons niks aan hulle kan doen nie.

10. Ons het ons daarom oor hulle erbarm, het hulle na ons toe geroep en wou hulle deur die aangename gesig van die liefde, in die persoon van Agla en Kisarell, weer die ware liefde en die ware besef van God teruggee.

11. Maar welke uitwerking het dit op hierdie priesters gehad? Kyk, hulle was nog wellustiger en sinneliker geraak, selfs voor ons oë!

12. En kyk, net so is ons mense teenoor God! Hoe meer liefde en geduld Hy aan ons bewys, soveel te meer keer ons ons sinnelike na buite en word dan vervul van eieliefde, selfgenoegsaamheid en wil ten slotte, niemand buiten onsself meer hoog ag nie, en daarom ook nie vir God nie!

13. Al bely ons God ook met die mond, ons verloën Hom egter met elke daad van ons! Want God verloën Homself heeltemal en wend al Sy skatte na ons toe; maar in die beste geval doen ons dit so, dat ons slegs die kleinste deel aan ons broers gee en die grootste deel altyd vir onsself behou!

14. Kyk, daarom het die Heer dit nou ook so voor ons oë laat gebeur, sodat ons daardeur kan besef dat ons onsself nou presies so teenoor Hom gedra, as hierdie priesters teenoor ons!

15. Sodat ons onsself nie volledig in ons selfsug te buite gaan nie, moet God Hom nou ook net so in Sy liefde terugtrek, soos wat Agla en haar broer hulle vir hierdie priesters moes terugtrek!

16. Begryp jy nou die mislukking van my raad? Kyk, dit is die beeld van die mislukking van die goddelike liefde aan ons mense!”

17. Die verdere in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205