`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 342

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Waltar se woorde oor God se laaste poging om die mense, deur Sy engele, teen die sondvloed te waarsku en te red. Mahal se sending en die aftog van die engele na die laagte

(10 Augustus1844)

342 Na die hoogs verhewe aanbidding van die Allerhoogste, het die engel Waltar weer aan Mahal gesê: “Nou, Mahal, aardse verwekker van my vroeëre aardse liggaam, het die tyd weer aangebreek waar dit heet: “Gaan en voltrek My wil!” Maar ek hoef dit nie aan jou mee te deel nie, want die Heer Self het aan jou geopenbaar waarom Hy ons vanuit die hemele ontbied het.

2. Sien, dit gaan nou om die laaste buitengewone poging om die mense van die aarde te red! Slaag dit nie, dan sal die Heer toelaat dat die bose mense hulle eie oordeel en ondergang in hulle dwase bemoeienisse sal vind; en dit moet dan weer vir hulle, in die materie gebonde geeste, ten minste `n leersame les wees, dat die skepsele aan wie God die hoë vryheid van die lewe gegee het, nie meer so dwaas en ligsinnig vernietigend in God se groot orde moet ingryp nie!

3. God Self het die berge op die aarde geplaas en georden vir `n duisendvoudige nut en het onder die berge groot en diep waterbekkens gegrawe waarin honderd maal meer water is as in die seë van die aardoppervlak. En hierdie ondergrondse waters is as`t ware die bloed van die aarde, wat deur die breë kanale van die aarde stroom, en grotendeels die steeds gelyke beweging van die aarde bewerkstellig en sodoende haar innerlike organiese lewe volgens die ordening van die Heer; want ook die liggaam van `n planeet moet `n lewe hê, as dit `n draer en voeder vir die lewe wil wees.

4. Maar noudat die mense soos knaagwurms oral begin om duisende vadems diep onder die berge te boor en dit te vernietig en daardeur die are van die aarde te open, sê my, wie se skuld en oordeel is dit dan wanneer die blinde dwase hulle ondergang daardeur sal vind?!

5. As jy êrens `n houer vol water sou neerlê en die wurms kom en knaag dit deur, sou dan nie, wanneer die houer deurgeknaag is, die water baie gou met geweld uit die openinge na buite stroom en al die slegte knaagwurms laat versuip nie?!

6. En kyk, net so sal dit ook hier die geval met die mense wees en deur hulle met alle diere en dinge! En kyk, dit is ook die reeds van oudsher voorspelde houer wat sal oorloop om alle skepsele van die plek te oordeel wanneer daardie maat vol sal wees van die gruwels van die mense!

7. Bly jy egter hier en onderrig hulle wat miskien hierheen sal kom om redding te soek; maar verdryf die boosdoeners met bliksem en hael!

8. En noudat jy weet hoe alles lyk, twis dan voortaan nie meer met die Heer nie, maar bly in jou ou orde, dan sal jy, net soos jou broer, gered word volgens die wyse plan van die Heer!”

9. Na hierdie woorde het alle engele gesê: “Amen!”, en verlaat toe die hoogte en begewe hulle na die laagte.

10. Wat hulle daar in die loop van vyf jaar verrig het en hoe hulle die diere met hulle voedsel na Noag in die ark gebring het, sal hierna getoon word!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205