`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 295

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die versameling van die gesmelte skatte op die plek van die brand. Die bevel om die paleis weer op te bou. Die waarskuwende, geheimsinnige roep van Bo

(5 Junie 1844)

295 Toe die brand na tien dae in die kasteel van die priesters ten einde was, het Mahal aan Fungar-Hellan gesê:

2. “Stuur nou messelaars en timmermanne na die plek van die reeds heeltemal gebluste brand en ondersoek of daar nie dalk nog kosbaarhede te vinde is nie! Dit moet ook byeengebring word in jou voormalige groot eetsaal en in al jou voormalige woonvertrekke!

3. Al jou goue- en silwervoorwerpe sal wel in gesmelte toestand aangetref word, maar dit maak nie saak nie! Ook as gesmelte erts moet dit so sorgvuldig moontlik versamel word, nie so veel vanweë die waarde nie, maar veeleer om `n ander rede wat jy nie nou insien nie, en wat ek jou voorlopig ook nie kan meedeel nie; maar volg my raad op, dan sal alles goed gaan!”

4. En Fungar-Hellan het die raad van Mahal opgevolg en op dieselfde dag nog duisend messelaars en netsoveel timmermanne na die plek van die brand gestuur; en hulle het tien dae lank opgetel en nog meer as twintigduisend sentenaar gesmelte goud en silwer gevind en langsaan ook `n ongelooflike hoeveelheid alleredelste klippe soos diamante, robyne en smaragde, dit alles was natuurlik na die groot koningskasteel gebring.

5. Fungar-Hellan was enorm verbaas oor die groot hoeveelheid skatte wat vanaf die brandplek gebring is en het gesê: “By die God van Mahal! Ek sou nooit gedink het dat daar nog soveel aan goud en silwer en edelstene agtergebly het nie, omdat daar tog in die drie uur vóór die brand, `n geweldige hoeveelheid uit die kasteel gebring was!”

6. En Mahal het gesê: “Ek sê vir jou, stuur die arbeiders nog een keer uit en hulle sal by die wegruim van die brand veroorsaakte puin nogeens soveel vind!”

7. En Fungar-Hellan het die weer arbeiders daarheen gestuur om die puin van die brandplek weg te vat; en kyk, hulle het in die loop van nogeens tien dae `n byna nog groter hoeveelheid van die edelmetaal in gesmelte toestand gevind en het dit na die koningskasteel gebring, waaroor Fungar-Hellan hom nog meer verbaas het.

8. Maar Mahal het aan hom gesê: “Nou kan jy die kasteel weer laat herstel, want die mure is goed!”

9. En die generaal het die bevel dadelik aan die boumeesters gegee, wat spoedig aan die herstel van die kasteel begin te werk het.

10. Maar op dieselfde dag het daar ook `n roep deur die stad geklink, en dit het gelui: “Dit is vergeefse arbeid!”

11. En niemand het geweet waarvandaan die roep gekom het nie; en hierdie roep het selfs Mahal verbaas laat opkyk, maar Fungar-Hellan nog meer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205