`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 278

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se versoek om opheldering en Agla se antwoord. Mahal se besef van die helse toestande in Hanoch

(13 Mei 1844)

278 Maar ook die ou Mahal hoor baie van dit alles wat daar afgespreek word, en so ook dat beide sy dogters aan Fungar-Hellan as eggenotes aan één man gegee was. Daarom gaan hy na Agla toe en wou `n nadere opheldering van haar daaroor hê.

2. Maar Agla sê: “Luister, liewe vader! Op die barre hoogte moes jy natuurlik gevra word deur `n man om jou dogter, en ook watter man sy mag neem; maar hier is die orde van die dinge heeltemal anders, en kragtens hierdie orde moet jy alles goedvind wat die eerste maghebbers van die groot ryk wil en bepaal.

3. En die maghebber is die man wat jou twee dogters tot vrou neem en wat vir jou en vir hulle `n onuitspreeklik geluk is, dat ek, jou dogter Agla, as koningin van hierdie stad, en van die hele, eindeloos groot ryk ingelyf is, en ten slotte Drohuit, die jong, stewig geboude man wat nou met opperpriestergeneraal Fungar-Hellan oorleg pleeg.

4. Jy moet probeer om `n blywende goeie vriendskap met hierdie drie maghebbers te onderhou, dan sal jy onder hulle die sorglooste, beste lewe hê; maar in die teenoorgestelde geval kan jy wel net, ofskoon jy my vader is, groot onaangenaamhede en noodlottighede moet verduur! Wees daarom maar stil en betoon groot vreugde aan Fungar-Hellan, omdat hy jou dogters tot vrouens geneem het, want deur die keuse het jy ook groot geword!”

5. Toe Mahal dat van Agla verneem het, begin hy al `n bietjie te merk waarin hy Hom eintlik bevind het en daarom begin hy Hom ook agter sy ore te krap en hy sê op sagte toon aan Agla:

6. “Ek sien wel dat dit so gaan hier, en ek wil, terwille van jou, alles wel doen asof daar niks aan die gang is nie, maar sê vir my: Wat is dan die koning as jy, Fungar-Hellan en Drohuit die hoogste persone in die ryk is? En wat sal daar van my seun Kisarell word?”

7. En Agla gesê: “Koning Gurat is `n swak vriend van Fungar-Hellan en is dom! Om die rede het hy wel die klere van die koning aan en tree as sodanig op, maar hy het geen mag nie! Drohuit is die eintlike koning, en ek is sy vrou; jy moet dus na hom luister en alles opvolg wat hy hier sal voorskryf!”

8. En Mahal vra verder aan Agla: “As alles hier so gereël word, wat is dan die mag van God by julle? Word God nooit deur julle geraadpleeg nie?”

9. Toe wys Agla met haar hand na haar voorhoof en praat: “Kyk, daar sit die raad van God! Dit moet die mens ontwikkel en daarvolgens handel, dan handel hy sekerlik volgens die raad wat God hom vir alle tye der tye gegee het! Of weet jy iets beter?”

10. Hierop swyg Mahal, want hy besef nou duidelik dat die hel haar regiment in die laagte opgerig het.

11. Agla gaan egter na Fungar-Hellan toe om iets in die geheim met hom te bespreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205