`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Terugkeer en verslag van die twee bodes op die hoogte. Lameg se versoek aan die Heer. Die antwoord van die Heer en die uitstuur van die tien vuurbodes vir `n opdrag in die laagte

(23 Oktober 1843)

145 Toe beide weer op die hoogte aangekom het, het hulle die nog lewende Lameg, Noag en sy broer Mahal vertel wat hulle in die laagte oorgekom het en hulle ook gevra of daar ongeveer drie jaar gelede nie iemand uit die laagte op die hoogte gekom het en hom daar gevestig het nie.

2. En die ou Lameg het geantwoord: “My geliefde kinders, die vraag is gou te beantwoord, want so ver as ons landbesit hier reik op die tog dagreise uitgestrekte hoogte, het daar geen enkele mens verskyn nie! Laat dit as antwoord dien op jou vraag, en daardie antwoord staan borg vir die volste waarheid!

3. Maar soveel te meer aandag verdien dit alles wat julle so pas vertel het, want daaruit blyk duidelik dat die hele volk van die laagte in `n kort tydjie tot afgodery sal verval of hulle geheel en al aan goddeloosheid sal oorgee.

4. O Heer en Vader, verskaf ons, U swak kinders, raad wat hier gedoen moet word om die volkere weer op die reguit pad te bring!”

5. En die Heer het dadelik gepraat vir almal goed hoorbaar: “Gaan na die streek van die middag! Daar woon verstrooi nog honderd-en-sewe families; hulle is nakomelinge van die sewe wat Ek destyds in die tyd van Lameg na Hanoch gestuur het om boete te predik vir die verlore stad.

6. In hierdie families sal julle tien jong, baie kragtige manne vind wat nog geen vrou geneem het nie; hulle sal jy, Lameg, in My Naam die hande oplê, en Ek sal hulle begiftig met `n wonderbaarlike vuurmag! En as hulle dan op welke plek in die laagte dan ook vuur uit die aarde sal oproep, sal dit daar uitkom en net soveel verteer as wat hierdie vuurmeesters wil!

7. Hulle sal aldus toegerus na die laagte gaan en daar sewe jaar lank oral boete predik. Telkens as mens hulle wil vang, sal hulle hulle met vuur omgewe en dit sal hulle vyande altyd neerslaan en al hulle wapens vernietig.

8. As die volk hom in die sewe jaar bekeer het, dan sal hulle as priesters in die laagte bly; as die volk hom egter nie bekeer het nie, dan sal hulle My tempels in Hanoch met onblusbare vuur omgewe en hulle dan weer na die hoogte begewe! Laat dit geskied!

9. In die tyd sal Ek My Aangesig egter van die laagte afwend, sodat Ek nie sal sien wat daar gebeur nie ! Amen!”

10. Hierop het die geselskap opgestaan en hulle dadelik na die streek van die middag begewe en het die tien genoemde manne gesoek.

11. Toe hulle gevind was, het die ou Lameg dit alles met hulle bespreek wat die Heer hom opgedra het, en die tien het daarop hulle mag oor die vuur beproef en het hulle toe onder veelvoudige seëninge na die laagte begewe. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205