`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 272

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die karavaan van Agla ontmoet die herders van Mahal, die vader van Agla

(6 Mei 1844)

272 Daar was `n groot karavaan van duisend man gestuur om beide die susters, wat Pira en Gella geheet het, te gaan haal.

2. En toe die karavaan halfpad was, het hulle by baie mooi bergweiding gekom, waar verskillende herders `n groot kudde skape en bokke laat wei het en hierdie kudde goed beskerm het teen verskeurende diere. Hierdie herders het hutte gehad en was bewapen met swaarde, slingers en spiese.

3. Die leier van die karavaan het aan een van hierdie herders gevra of hy nie die twee dogters van `n sekere Mahal, naamlik Pira en Gella, geken het nie.

4. En die herder het gesê: “Waar kom julle vandaan dat julle na die mooi dogters van my heer vra? My heer het drie dogters en twee seuns; maar één seun moes hy na die laagte stuur om boete te predik ter vergewing van die sondes voor God en oor die naderende oordeel, as die laagte hom nie sou bekeer het nie. En so het hierdie seun weggegaan en hy het tot nou toe, nie weer teruggekom nie.

5. Ook het `n mooi dogter wat Agla geheet het, verlore gegaan; tot op dié uur weet ons nog nie waarheen sy gegaan het nie. Wie weet, dalk het sy in die hande geval van dieselfde karavaan en daardeur `n prooi van die laagte geword? Sê ons daarom eers wie julle is en wie julle hierheen gestuur het, dan sal julle inligting oor Pira en Gella kry!”

6. En die leier van die karavaan het gesê: “Luister na my, eerlike herders van julle heer! Agla self het ons hierheen gestuur om beide haar susters na haar toe te bring! Agla is nou `n groot koningin in die laagte en heers met onbeperkte mag oor die helfte van die aardbol, en onsself is haar dienaars. Waltar, haar broer, het egter gesterf. Hoe, dit weet ons nie; maar ons het sy kop gesien, gebalsem in `n kristalhouer, wat opgestel staan in die tempel van die groot godin Naëhme!”

7. Toe die herders dit gehoor het, het die eerste van hulle gesê: “Ek het aan jou praat gehoor dat jy die waarheid gepraat het! Daarom mag julle tot môre hier bly; dan sal Mahal met sy twee dogters kom, en dan kan julle self met hom oor sy twee dogters onderhandel.

8. Wanneer hy na waarheid van julle verneem het dat sy Agla koningin in die laagte is, waar `n groot stad moet wees, waarvan ons weliswaar geen voorstelling het nie, dan sal hy waarskynlik self saam met julle gaan en sy dogter besoek, oor wie hy soveel geween het, toe sy verlore gegaan het!”

9. Toe die karavaan dit gehoor het, het hulle by hierdie herders gebly en het Mahal met beide sy dogters die volgende môre verwag.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205