`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 318

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Onderrig deur die mooi Agla aan die waterpriesters op die wens van Fungar-Hellan

(9 Julie 1844)

318 Toe die waterpriesters voor die aangesig van Fungar-Hellan gekom het, het hulle belaglik diep gebuig en een van hulle begin die woord as volg te voer:

2. “Oneindige, allerhoogste, bo alles almagtige god van die gode, vors van die vorste, heer van die heersers! O jy, vir wie alle grondslae van die aarde bewe en alle waters bewend na die geluid van sy stem luister, wie die grondslag van hemel en aarde gelê het en die groot stad vir miljoene volkere na u welgevalle gebou het, o, laat ons afskuwelike wurms allergenadigs weet wat u van ons verlang!”

3. Daar het `n algemene gelag uitgebreek in die groot tent van die generaal oor hierdie uiters dom openingswoorde, en die generaal het hom na Agla gekeer en het haar versoek, om hom nou volgens die raad van haar vader, tot hierdie uitgesproke narre te wend om hulle deur enkele korrekte woorde van hulle dwaasheid te oortuig en hulle dan `n goeie les te leer.

4. En Agla het in haar grys kleed van die agtergrond na vore gekom, haar hare geskei en haar buitengewoon mooi gesig aan hierdie vleiende mooipraters getoon, wat hierdie wellustige priesters nagenoeg sprakeloos gemaak het, want hulle het half versteend daar gestaan, en geeneen van hulle het sy hoof ook maar `n millimeter beweeg om hierdie lus vir die oog nie één enkele oomblik uit die gesig te verloor nie.

5. Agla het die priesters geruime tyd deurgekyk en ten slotte aan hulle gevra: “Waarom staan julle so stom en dom voor my? Sê my liewer of julle vroeëre woorde tot die generaal ernstig bedoel was, dan sal ek julle `n ander woord gee! Praat; ek gebied dit aan julle, in die Naam van die groot, ewige God!”

6. Maar toe die priesters die soet stem van Agla gehoor het, was hulle so verruk daarvan dat hulle niks as enkel stom of veel meer ongeartikuleerde geluide voortgebring het nie soos: “A a a, o o o!”

7. Slegs een van hulle het nog soveel krag besit, dat hy die volgende baie dom sin uitgekraam het: “O, o, o, jy is, sonder weerga! O, o, o, jy eindelose beliggaming van alle, alle, alle vroulike skoonheid! Wie kan jou aanskou en lewe tegelyk?! Wie kan praat wanneer sy ore die hemelse geluide van die sfere en harmonieë uit jou mond gehoor het?! O o o jy skoonste, skoonste, skoonste jy hemelse, hemelse, hemelse!”

8. Hierop het die verrukking ook die mond en die tong van hierdie spreker verlam, en so het alle priesters nou verstom daar gestaan.

9. Onwillekeurig moes Fungar-Hellan daaroor gelag het, en hy het aan Mahal gesê: “Daar het ons nou die dwase! Wat kan daar nou met hulle begin word? Hulle is heeltemal deur die aanblik van Agla betower! Ons moet die liewe Agla weer laat terugstaan, anders word hierdie kêrels nog waansinnig van liefde en dan sal ons niks meer met hulle kan aanvang nie!”

10. En omdat Mahal dit self ingesien het, het hy Agla na hom toe geroep en aan haar gesê: “My liewe dogter, hier sal jy niks bereik nie; verberg jou daarom weer, anders beleef ons nog `n smadelike vertoning!”

11. En Agla het haar vader gelyk gee en haar onverrigter sake teruggetrek.

12. Daarop was Kisarell geroep. Toe hy te voorskyn gekom het, was hy deur die priesters as die verklede Agla beskou, omdat hy baie soos Agla gelyk het. Hy het daardeur `n nog groter verrukking by die priesters veroorsaak; maar het niemand tot spraak gebring nie en moes hom daarom ook terugtrek.

13. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205