BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Stryd teen Jesus - Bystand van God - Twyfel - Werktuig

2146 Daar sal maar min mense te vinde wees wat, in die tyd van die stryd teen Jesus, moedig en openlik vir Hom sal opkom, want die geloof in die bystand van die Heer sal te gering wees en dus sal die mense vir hulle lewens en hulle vryheid vrees en uiteindelik sal hul selfs hulle geloof prysgee, omdat hulle meer van hulle lewens sal hou as van hulle siele. En slegs weinig sal dit waag om so te spreek soos wat hulle dink en slegs weinig sal die bystand van God afbid en sonder vrees vir Jesus Christus erkenning gee teenoor die wêreld.

Maar hierdie weiniges sal sterk wees in die geloof. Hulle sal weet dat die tyd wat Jesus tydens Sy lewe op aarde aangekondig het, nou gekom het, die tyd waarin Hy weer na die aarde sal kom om die mensdom weer vanuit die diepste nood te red. Hulle sal weet dat hul medemens in groot geestelike nood is en dat daar hulp aan hulle gebring moet word en hulle sal hulle taak op aarde duidelik insien en probeer om dit te vervul. Dus sal hulle vry en openlik spreek, sodat die denke van die medemens gestimuleer kan word en daartoe gebring word om `n vrye besluit te neem. Hulle mag nie angstig na die gevolge van hulle handelinge vra nie, hulle moet waar en vrywillig van God getuig en dus eerstens Sy Wil nakom, voordat hulle `n ander verpligting nakom.

En nou sal hulle swaar op die proef gestel word. Die goddelike woord sal punt vir punt weerlê word, op so `n manier dat niks meer daarvan heel sal bly nie en ook sal die gelowige mens deur twyfel oorval word oor die egtheid van die leer van Jesus. En in hierdie sielenood sal Hy Homself openbaar en krag gee aan diegene wat mismoedig word, omdat Hy sien dat hulle Hom wil dien. En nou word die mens slegs `n werktuig in die Hande van God. Want hy verrig wat God wil, hy spreek en handel volgens die Wil van God en hy vrees nie die wêreld en sy mag nie, hy plaas homself inteendeel onder goddelike beskerming. En dit is sy krag, want wie met God ten stryde trek, sal alle teenstand oorwin, hy sal sterk wees waar ander swak word, hy sal spreek waar ander swyg, hy sal werk, ook wanneer dit verbode is en hy sal weet dat hy korrek handel en dat hy nie anders kan handel nie, want die innerlike stem sê aan hom wat hy moet doen of uitlaat. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205