BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 314

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verkeer met die hiernamaals – Bereidheid om te gee

2496 Dit is onvergelyklik waardevol om julleself in `n toestand te plaas wat julle `n verbinding met die geesteryk gee, want slegs deur so `n verbinding is dit moontlik om in die waarheid gelei te word. En daarom is dit ook deur God gewil dat die verkeer in stand gehou moet word, solank as wat die mens na waarheid streef. Slegs die verlange na waarheid gee julle die reg op so `n verbinding, want dit is die doel van die verbinding van hierdie kant af met die oorkant, dat die suiwer waarheid daardeur na die aarde gebring kan word.

Evenwel, elke mens dink dat hy na die waarheid verlang, sodra hy hom met die hiernamaals verbind het, maar dikwels is dit slegs weetgierigheid, dus die verlange om iets oor die ryk aan die anderkant te weet, sonder om self daarvan bewus te raak van die taak dat die ontvange kennis verder geneem moet word na onwetende medemense. Want wie ontvang, moet ook gee. Wanneer die liefde vir die eie-ek van `n mens sterk gesentreer is, dan neem hierdie mens die kennis uit die geesteryk slegs vir homself in ontvangs.

Dit strook nie met die Wil van God nie, want aan alle denke en handel moet die gebod van die naasteliefde die grondslag wees. `n Liefdevolle hart ontvang en deel die ontvange uit. As die mens egter nie bereid is om te gee nie, dan verloor hy ook die reg om die gawe te ontvang. As hy nogtans die omgang met die hiernamaals in stand hou, dan is daar geen waarborg vir die suiwerheid van die waarheid nie, want nou dring wesens wat deur hul eieliefde nog ver van die waarheid verwyder is, hulle ook op aan hom.

Gevolglik sal nie alle boodskappe in ooreenstemming met die waarheid wees wanneer dit deur `n mens ontvang was wat hom nie in diens van God gestel het nie, d.w.s. wie nie sy wil aan Hom bekend gemaak het om vir Hom en die verspreiding van die suiwere waarheid werksaam te wees nie. Wie God bewustelik wil dien, word behoed teen onware geestelike gawes, want God lei die waarheid slegs na die aarde met die doel om dit aan die mensdom oor te bring. Die ontvangs van geestelike gawes moet die uitwerking van `n liefdevolle hart wees, want die liefde vir die medemens sal die mens eers in staat stel en waardig maak om geestelike gawes in ontvangs te neem.

`n Verbinding met die hiernamaals kan egter ook deur mense tot stand gebring word wie se graad van liefde baie laag is; hulle sal ook voortdurend mededelinge uit die geesteryk in ontvangs neem, maar dit sal steeds in ooreenstemming wees met die wese se graad van volmaaktheid wat die verbinding aanknoop. Daar word op elke mens beslag gelê wat hom bereid verklaar om boodskappe uit die geesteryk te ontvang. Alle geestelike wesens wil hulle uiter en hulle doen dit ook beantwoordend aan die graad van hul volmaaktheid, dus hul kennis. Die skeidsmuur tussen waarheid en onwaarheid rig die mens egter self op deur die graad van sy verlange na die waarheid. Wie streef na die suiwer waarheid, aan sy verlange word gevolg gegee deur die draers van die waarheid, deur wesens wat vol lig is en in verbinding staan met God. Hulle kan maar slegs suiwer waarheid uitdeel en hulle beskerm ook die ontvangende mens daarteen om dwaling in ontvangs te neem, want hul krag is so sterk, dat hulle alle onvolmaakte wesens verdring uit die nabyheid van die mens wat maar net die waarheid begeer en dit in ontvangs wil neem, om dit verder te versprei onder die mensdom wat in duisternis wil voortgaan. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205