BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 468

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die onderrig van die leerlinge - Evangelie

3456 My leerlinge moet die evangelie van My af ontvang en dit oral versprei. En daarom sal Ek diegene self onderrig wat op aarde vir My wil werk, sodat hulle volgens My wil werksaam kan wees, sodat hulle My Wil sal kan verkondig soos wat Ek dit self aan My leerlinge sal bekendmaak. Want My wil moet vervul word, indien die mense gered moet word. En daarom moet hulle in die eerste plek My Wil ken. Dit kennis daarvan moet versprei word. Dan eers kan Ek die mense ter verantwoording roep of en hoe hulle My wil kan nakom. En daarom spreek Ek tot die mense op die aarde wat na My wil luister en Ek gee aan hulle die opdrag om My woord deur te gee. En wie My dus dien, sodat hy sal luister na My stem om dan in My plek te spreek tot sy medemens, is My ware leerling. Want Ek sal hom op alle gebiede onderrig.

Ek sal hom inwy in My ewige verlossingsplan. Ek sal hom 'n blik gee in My heerskappy en werksaamhede, in My aardse en geestelike skepping, na gelang van sy opneemvermoë en bereidwilligheid. Maar vooraf moes hy sy dienste uit vrye wil vir My aangebied het. Hy moet bereid wees om op aarde vir My te werk en deur sy lewenswandel daarna streef om My welbehae te verkry. Dan sal Ek hom aanneem as dienaar, as dissipel, en sal hom oplei vir sy werk op aarde, want hierdie werk is bitter nodig.

Die mensdom gaan in totale duisternis van gees voort. Hulle herken My nie meer nie en My wil is vir hulle vreemd. Hulle soek slegs aardse voordeel en dink nie aan hul siel nie. Hulle gebruik die lewe nie vir die doel waarvoor dit aan die mense gegee is nie, omdat alle kennis daaroor vir hulle verlore gegaan het. En daarom moet dit weer aan die mense voorgehou word. Dit moet vir hulle aangebied word in ooreenstemming met hul begripsvermoë. Hulle moet attent gemaak word op My as hul Heer en Skepper. Hulle denke moet na My gerig word. En dit alles sal gewillige leraars op aarde verg, wat die kennis van My self sal moet ontvang en dan, uit suiwer naasteliefde, aan die medemens wil deurgee.

Die liefde moet hulle aanspoor tot hul werk en dus kan slegs sulke mense My dissipels wees wat in liefde vir die naaste lewe, wat die groot geestelike nood sal insien en hulpvaardig hul bystand verleen. Hulle moet dit wat hulle vir hulself vra – naamlik die suiwer waarheid - ook vir die medemens wil gee, omdat hulle andersins nie in staat en waardig sal wees om kosbare geestelike gawes van My te ontvang nie. Maar wanneer hulle in die liefde lewe, sal hulle My dissipels wees wat hul bes sal doen om My na te volg en sal dus nou ook die evangelie van My in ontvangs kan neem om dit oral te versprei. Want hulle moet My gebooie aan die mensdom verkondig, naamlik die gebooie van die liefde tot God en die naaste, waarvan die vervulling hulle die ewige geluksaligheid sal oplewer. Want wie hierdie gebooie nakom, leef volgens My wil. Hy sal voortdurend wil gee en sal daarom ook voortdurend mag ontvang. Hy sal My nou ook wil dien en sal met krag vervul word en sy lewensweg oor die aarde sal aan hom die geestelike volwassenheid gee wat die uiteindelike doel van die mens op aarde is.

En daarom stuur Ek My leerlinge uit oor die wêreld. In alle gebiede roep Ek mense op wat hulle uit vrye wil deur My laat onderrig. So word die evangelie uit die hemele aan die mense verkondig, indien hulle dit maar net wil verneem, want die mensdom is in groot nood en elkeen wat sy dienste vir My aanbied om sy medemens te help, sal as My dissipel geseënd wees. Hy sal krag van My ontvang om sy amp te kan uitoefen en My liefde en genade sal hom vergesel op al sy weë. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205