BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 373

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Heilig die Naam van Jesus

3130 Vol liefde en met volle aandag moet julle die Naam Jesus uitspreek, Hy moet vir julle die heiligste wees, julle moet Hom in julle harte dra, Hy moet vir julle die Ster wees wat in die donkerste nag skyn en die son wat helder straal en aan julle lewe gee. En hierdie allerheiligste Naam moet julle nie laat bespot nie, inteendeel, julle moet optree teen hulle wat dit doen en hulle vermaan om hiervan af te sien, sodat hulle nie vir ewig verlore sal gaan nie. Sy Naam moet geheilig word, want Sy Naam het groot krag vir diegene wat hierdie Naam gelowig uitspreek en hierdie krag wil ontvang. Julle sal kry wat julle in Sy Naam vra, want Hy het julle hierdie belofte self gegee, in Sy Naam sal julle, wat as Sy volgelinge, die mense die krag van geloof wil bewys, wondere verrig. Julle sal in staat wees om die bose uit te dryf onder die aanroep van Sy Naam, want niks kan Hom weerstaan nie en die magte van die duisternis trek hulle vir Hom terug, want hulle vrees Hom en Sy Mag.

En soos wat julle gebruikmaak van Sy Naam, om vir Hom werksaam te wees, sal julle arbeid ook geseënd wees, want Hy sal julle self bystaan en Sy genade sal julle oorstroom, Sy Naam sal julle wapen wees in die stryd teen julle vyande wat Sy Naam wil beledig, wat Hom nie wil erken nie en openlik oorlog teen Hom verklaar. En julle sal hierdie wapen moet gebruik wanneer julle in groot nood beland, waar aards gesien ook geen hulp moontlik lyk nie, roep Hom dan aan, spreek Sy Naam gelowig uit, gee julleself aan Hom oor en Hy sal julle red, want Hy is oral waar Sy hulp afgebid word en Sy mag is waarlik groter as die mag van Sy vyande.

Die krag van die goddelike Naam sal ook deur diegene ondervind word waar dit aan eerbied ontbreek vir Sy Heiligheid en wie daarom sonder aarseling alles wil vernietig wat op Jesus Christus en Sy leer betrekking het, hulle wat nie die ewige Godheid in Hom sien nie, wat Sy woord wil bestempel as mensewerk en daarom poog om Hom en Sy leer uit te roei, sonder om die Mag van God te vrees. Hulle sal werke doen wat die gelowiges met ontsteltenis sal gadeslaan, hulle sal Sy Naam hoon en daarvan misbruik maak, totdat God deur Sy dienaars sal werk deur hierdie Naam van Jesus daarteenoor te stel, om hulle te beïnvloed, sodat hulle nie in staat sal wees om oor Hom te spreek of om Hom te belaster nie, sodat hulle van alle krag beroof sal wees en die Mag van God liggaamlik vir hulle voelbaar raak.

Want Sy Naam is heilig en hy wat die Naam misbruik, wat Sy heilige Naam laster, moet boet. Hul sonde is te groot dat hulle ongestraf kan bly en alhoewel dit nog `n straf op aarde tot gevolg sal hê, is daar nog altyd `n tyd van genade vir die mens gegee om in te sien en berou te kry, om te smeek om vergewing van sy groot skuld.

Want God laat nie met Hom spot nie. Sy Liefde is sonder grense, maar as die mense daarteen gaan, is hul harte verhard en is hulle self `n prooi van Satan, wat hom van hulle wil bedien om Jesus Christus te bestry om teen Hom en Sy woord te gaan. Maar Jesus se Mag is groter en Hy help diegene wat Sy Naam gelowig uitspreek wanneer hulle in nood is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205